02/05/2025
POS VAKANT: SPANLEIER – ELEKTRIESE TEGNIKUS MET SONKRAG-AGTERGROND
Coldfront Energy Solutions is op soek na ‘n ervare en verantwoordelike Elektriese Tegnikus met ‘n sterk agtergrond in sonkraginstallasies om as spanleier op te tree. Die ideale kandidaat is Afrikaanssprekend, leierskapeienskap en het ‘n passie vir hernubare energie.
Vereistes:
Kwalifikasie as elektriese tegnikus (sertifikaat of diploma)
Minimum 5 jaar ondervinding met sonkragstelsels (panele, inverters, batterye)
Ervaring in leiding van ‘n span tegnici
Goeie kommunikasie- en beplanningsvermoë
Afrikaanssprekend (vloeiend)
Geldige rybewys
Pligte:
Leiding gee aan installasie- en onderhoudspanne
Beplanning en toesig van sonkragprojekte
Foutopsporing en tegniese probleemoplossing
Verseker nakoming van veiligheidstandaarde
Ons bied:
Mededingende salaris
Gevestigde, groeiende maatskappy met ‘n professionele werksomgewing
Geleenthede vir verdere ontwikkeling
Stuur jou CV na Juan per e-pos by: [email protected]
Let wel: Slegs kandidate wat aan bogenoemde vereistes voldoen, sal oorweeg word.