20/01/2022
Ek het altyd 'n droom en visie gehad om soveel moontlik meisies te bemagtig. Maar een persoon kan net soveel doen. Maar gelukkig kan ons God GEWELDIGE dinge doen!
Na MAAAAANDE se d**k en bid, het ek besluit om Girl-School die vlerke te gee wat dit nodig het om groter te word en nog meer meisies te bereik.
Ek het vandag die ‘stokkie’ oorhandig aan die BAIE bekwame Aletté Winckler wat nou by my gaan oorneem. Hierdie amazing vrou sit nou die ‘aflos’ voort, en gee die Girl-School droom die vlerke wat dit nodig het om nog groter en verder te groei en meer harte en lewens te bereik!
DANKIE aan elke liewe Girl-School dame, mamma en pappa wat saam met my die pad gestap het. Wat ‘n voorreg vir my om in ‘n klein deeltjie van julle kinders se lewens ‘n rol in te kon speel.
AL my liefde!
‘Juffrou Anri’ ### (of soos Alette my vandag gedoop het… “Mamma Girl-School”🥰😉)