21/06/2026
Eric von Benecke
"Daar is lewe in die buitenste ruimte. Die geheim is daar tussen die sterre…"
Eric von Benecke is op 13 Oktober 1967 in Sasolburg gebore en het sy vormingsjare in Pretoria deurgebring. Van kleins af het hy ’n liefde vir stories gehad en al vroeg begin skryf, maar dit was eers in 1992 dat hy ernstig begin skryf het aan sy reeks Sterrevegters. Sedertdien het hy verskeie ander verhale geskryf, hoofsaaklik in die genres van toekomsfiksie, ruimtefiksie en fantasie.
Sy verbeelding is diep gewortel in die sterre. Reeds op tienjarige ouderdom, terwyl hy een aand na die naghemel gekyk het en 'n vliegtuig verbygesweef het, het hy homself afgevra of daar nie dalk stories tussen die sterre skuil nie. Daardie oomblik het ’n vonk laat oorspring — en sedertdien het die sterre nooit opgehou fluister nie.
, , , , , , , , , , , , , , , ,
Koop Eric se boeke hier!
https://www.malherbepublishers.co.za/product-author/eric-von-benecke/