B4T Connect

Website

B4T Connect Die besigheidsnetwerk met ewigheidsimpak • The business network with eternity impact

26/08/2026

B4T CONNECT • LID IN DIE LIG: CORPORATE DEVELOPMENT FOUNDATION💡

Entrepreneurskap-ontwikkeling is die hart van wat Johan en sy bekwame span by CDF doen. Hulle begelei jong besigheidsmanne en -vroue om hul potensiaal te ontwikkel, hul sterkpunte te identifiseer en met groter insig en selfvertroue besluite te neem. In ’n uiters komplekse werksomgewing help hulle entrepreneurs om duur foute te vermy, waardevolle geleenthede raak te sien en dit tot die beste van hul vermoëns te benut.

Kontak Johan gerus by:
📨 [email protected]
📞 082 855 6510

Besoek B4T Connect se Connect-gids vir meer lede en hul dienste en produkte:
b4tconnect.co.za

LIDIA: 'N BESIGHEIDSVROU MET 'N BESIGHEID WAT 'N SEËN GEWORD HETLidia was ’n suksesvolle sakevrou wat haar besigheid en ...
21/08/2026

LIDIA: 'N BESIGHEIDSVROU MET 'N BESIGHEID WAT 'N SEËN GEWORD HET

Lidia was ’n suksesvolle sakevrou wat haar besigheid en hulpbronne gebruik het om ander te ondersteun, en in Handelinge 16 lees ons hoe sy haar huis vir Paulus en die ander dissipels oopgestel het nadat sy bekeer het.

Haar verhaal herinner ons daaraan dat ons besighede meer as net ’n inkomste kan wees: Ons besigheid kan ’n instrument wees waardeur ons mense dien, geleenthede skep, ander ondersteun en ’n positiewe invloed in ons gemeenskap het.

As besigheidsmense is die vraag nie net “Hoe kan ek my besigheid laat groei?” nie maar ook “Hoe kan my besigheid ander mense bevoordeel?” Soos Lidia kan ons ons invloed, netwerke, vaardighede en hulpbronne gebruik om ’n verskil te maak.
Mag ons besighede nie net suksesvol wees nie, maar ook betekenisvol. 🌿

Kontak ons gerus:
b4tconnect.co.za • [email protected]

Goddelike vroue. Sterk vroue. Vroue wat 'n verskil maak 🌸Ester het in ’n tyd geleef waar sy moes moed hê.Debora moes lei...
10/08/2026

Goddelike vroue. Sterk vroue. Vroue wat 'n verskil maak 🌸

Ester het in ’n tyd geleef waar sy moes moed hê.
Debora moes lei.
Rut moes getrou bly.
Maria moes God vertrou, selfs toe sy nie die hele pad kon sien nie.

En vandag?

As vrou staan jy ook in ’n tyd wat jou geloof, moed, wysheid en vertroue gaan vra. Jou omstandighede mag anders lyk, maar die God wat hulle geroep het, roep ook jou om ’n verskil te maak waar Hy jou geplaas het.

Jy is nie net ’n vrou wat na hulle stories kyk nie. Jy is deel van die volgende generasie vroue wat ’n Goddelike nalatenskap kan bou. 🌸

Mag elke vrou hierdie maand opnuut 'n besef kry dat sy spesifiek gekies is vir 'n tyd soos hierdie en haar Godgegewe roeping daagliks uitleef deur Sy leiding en krag.

Geseënde Vrouemaand 🌸

07/08/2026

B4T CONNECT • LID IN DIE LIG: JF Consulting💡

JF Consulting kan help om jou potensiaal te ontdek en uit te leef - hulle kan jou klarigheid gee oor waarvoor jy aangelê en gemaak is.

Kontak Kobus gerus by:
📨 [email protected]
📞 083 597 7761

Besoek B4T Connect se Connect-gids vir meer lede en hul dienste en produkte:
b4tconnect.co.za

B4T CONNECT • AANLYN CONNECT-SESSIES🖥️Ten spyte van die lewe se dolle gejaag, kom B4T Connect weekliks bymekaar. Waar? W...
31/07/2026

B4T CONNECT • AANLYN CONNECT-SESSIES🖥️

Ten spyte van die lewe se dolle gejaag, kom B4T Connect weekliks bymekaar.
Waar? Waarookal jy is!

Ons weeklikse aanlynsessies stel lede in staat om van enigiewers af in te skakel en waarde uit die geestelike inbou te put. Hier gee ons ook geleentheid vir lede om hul lief, leed en versoeke te deel sodat almal in die netwerk werklik daar kan wees vir mekaar en mekaar ondersteun.

Vind meer uit oor die besigheidsnetwerk met ewigheidsimpak:
b4tconnect.co.za • [email protected]

24/07/2026

B4T CONNECT • LID IN DIE LIG: ST Partners 💡
ST Partners

Is internasionale betalings deel van jou opwindende nuwe hoofstuk? ST Partners kan jou help met die komplekshede daarvan - of jy iets wil invoer, uitvoer as 'n besigheid of 'n individu.

Kontak Johan gerus by:
💻 www.stpartners.co.za
📨 [email protected]
📞 067 062 0375

Besoek B4T Connect se Connect-gids vir meer lede en hul dienste en produkte:
b4tconnect.co.za

B4T CONNECT - BESIGHEIDSVERHOUDINGS 🤝"Leaders who insulate themselves from others and choose to bear their burdens singl...
06/07/2026

B4T CONNECT - BESIGHEIDSVERHOUDINGS 🤝

"Leaders who insulate themselves from others and choose to bear their burdens single-handedly are destined for loneliness and burnout. Leaders, like everyone else, need friends and perhaps in light of the load they carry, even more so."
- Richard Blackaby

Ons is sterker as ons saamwerk. Bou verhoudings met mense wat soos jy dink en werk en jou kan help om Christelike besigheid en leierskap makliker te maak.

Ons kom weekliks aanlyn bymekaar waar ons mekaar beter leer ken, ondersteun en kans kry om te ontdek wat die Bybel oor Christelike besighede sê.

Word deel van die besigheidsnetwerk met ewigheidsimpak:
b4tconnect.co.za • [email protected]

02/07/2026

B4T CONNECT • LID IN DIE LIG: VIP Versekering 💡

Is jy seker dat jou versekering die beste premie vir jou behoeftes bied? Kontak Cisca sodat sy jou kan help om seker te maak dat jy die dekking kry wat jy nodig het. VIP Versekering is ‘n gemagdigde Finansiële Dienste Verskaffer (FSP 15453).

Kontak Cisca gerus by:
📨 [email protected]
📞 012 996 1620

Besoek B4T Connect se Connect-gids vir meer lede en hul dienste en produkte:
b4tconnect.co.za

B4T CONNECT - DIE NUT VAN 'N NETWERK 📊Navorsing deur LinkedIn het bevind dat ongeveer 80-85% van professionele persone n...
24/06/2026

B4T CONNECT - DIE NUT VAN 'N NETWERK 📊

Navorsing deur LinkedIn het bevind dat ongeveer 80-85% van professionele persone netwerkvorming as belangrik vir loopbaan- en sakesukses beskou. Besigheidsmense is ook van mening dat 'n groot deel van geleenthede ontstaan deur verhoudings eerder as direkte bemarking.

Wil jy sien hoe dra 'n netwerk by tot jou besigheid se sukses? Sluit aan by die besigheidsnetwerk met ewigheidsimpak:
b4tconnect.co.za • [email protected]

Address

1353 De Villebois Mareuil Drive
Pretoria
0182

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when B4T Connect posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Sponsored

Share