19 en Gewapen

19 en Gewapen "19 en Gewapen", ‘n aksiebelaaide vertelling ~ Granger Korff gedurende 1980/81: 1 Valskermbataljon tydens die Grensoorlog.

Afrikaans vertaal deur Lenord Le Hanie 2015 Copyright #
https://youtube.com/?feature=shared Die Afrikaanse-vertaling deur Lenord Le Hanie. Hierdie is die rowwe en eerlike verhaal deur Granger Korff, ‘n Parabat en sy makkers se valskermopleiding, sy skooljare en ervaring van die bosoorloë.
19 en Gewapen is ‘n aksiebelaaide vertelling van Granger Korff se twee diensjare in 1980/81 sa

am met 1 Valskermbataljon tydens die hoogtepunt van die Suid Afrikaanse Bosoorlog in Suid Wes Afrika (Namibië) en Angola. Afgesien van die standaard teen-insurgensie aktiwiteite van die Fire Force krygsverrigtinge asook lokvalle en patrollies om SWAPO guerrillas te vind en te vernietig, was hy ook betrokke by verskeie noemenswaardige konvensionele oorgrensoperasies deur die Suid Afrikaanse Weermag (SAW) soos Protea, Daisy en Carnation, wat in Angola in beweeg het teen FAPLA (Angolese MPLA troepe) sowel as hulle Kubaanse en Sowjetbondgenote. Korff se vormingsjare op die Oos-Rand as ‘n straatbakleiende jeug het ‘n invloed op sy toekomstige militêre loopbaan gehad wat ontsier was deur omstredenheid. Hy was konstant in die moeilikheid: Sy afwesigheid sonder verlof op die vooraand van die oorlog omdat hy na die front beweeg het; dat hy verskyn het voor ‘n krygsraad na hy n sersantmajoor in trane gehad het na hy hom aangerand het voor sy troepe; vuis gevegte met die dwelmeenheid en sy in hegtenisname na die uitmergelende sewe-week, 700km Recce keuringsuithouresies, is maar net ‘n paar van die kleurvolle staaltjies wat hierdie vertelling van diens in die Suid Afrikaanse Weermag deurspikkel. Sy skryfstyl is pittig, brutaal, selfveragtend en by tye humoristies - maar altyd eerlik.

Address

Sasolburg
1947

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when 19 en Gewapen posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share