30/06/2021
POPIA Vrywaring vir hierdie blad
Vanaf 1 Julie 2021 word daar van ons vereis om te voldoen aan die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, 4 van 2013 ("POPIA"). Hierdie sperdatum bring enkele veranderinge mee aangesien alle groepe die POPI-wet moet nakom.
Een van hierdie veranderinge is dat daar van die andministrateurs verwag word om u toestemming te bekom vir deelname aan hierdie Facebook-blad. U word hiermee in kennis gestel dat u geregtig is om sodanige toestemming te weier en u mag so 'n reg uitoefen deur ons blad te verlaat.
Indien u verkies om op ons blad te bly, sal dit aanvaar word dat u ingestem het om deel te wees van hierdie blad en dat u persoonlike inligting (u Facebookprofiel, naam en van en ander persoonlike inligting wat u deel) sigbaar mag wees vir ander lede op die blad.
In hierdie verband versoek ons alle lede van die blad om nie enige persoonlike inligting van ander lede te gebruik of te deel sonder die toestemming van die betrokke lid nie.