16/09/2026
My Daaglikse Brood
Lees Handelinge 7:54 - 8:4
Handelinge 7:55 (1983 vertaling) Maar Stefanus, vol van die Heilige Gees, het opgekyk na die hemel en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat aan die regterhand van God staan.
- Stefanus se dood kom nou nader en dit is asof die hemel vir hom oopmaak: hy sien God se heerlikheid en Jesus wat aan die regterhand van God staan.
- Die Jode sleep vir Stefanus uit die stad omdat ‘n persoon buite die woonplek gestenig moes word.
- Die eerste fisiese vervolging van Christene begin met Stefanus se dood.
- Die vervolging wat aangevuur word deur Saulus, het egter juis tot gevolg dat die evangelie nou ook buite die grense van Judea versprei.
Gebed: Here Jesus, wanneer dit met my swaar gaan sal ek onthou dat U aan die regterhand van God staan en dat U vir my intree. Omdat U Gees in my is en omdat ek weet U sien my sal ek met moed kan aangaan, Amen.