01/09/2026
Duo Maestro Brangus
Pieter Swart
Duo Maestro Brangus, onder leiding van Pieter Swart, is 40 km suid van Ermelo in die oostelike Hoรซveld geleรซ. Ons kudde funksioneer onder streng natuurlike seleksiedruk โ koue winters, suurveldtoestande en natuurlike blootstelling aan rooiwater en galsiekte โ wat genetika verfyn vir ware aanpasbaarheid en gehardheid.
Ons maak strategies gebruik van kunsmatige inseminasie en KI die hele kudde jaarliks met semen van die beste beskikbare, bewese bulle om genetiese vooruitgang te versnel.
Seleksie fokus op vroeรซ rypheid, strukturele korrektheid, vrugbaarheid, moederlike doeltreffendheid, retensie en langlewendheid.
Jaarliks bemark ons 20 bulle en 20 vroulike diere op ons Absolute Brangus-veiling in Greylingstad in Julie, geselekteerde vroulike diere op die Nasionale Veiling in Augustus, asook vyf uitgesoekte bulle en vroulike diere op die Reinet & Vriende-veiling in Oktober.