14/03/2023
Aanlynveiling: Macro Soligor 80-200mm kamera lens plus ekstra filters soos per foto, in "pouch"
Tysduur: 24 Uur - eindig 15 Maart 2023 om 15h00
Reserweprys: Hoogste bod
Area: Brackenfell
Termis en Voorwaardes:
✓ Die hoogste bieër sal die koper wees.
✓ Indien enige dispuut ontstaan tussen twee of meer bieërs, mag die item weer vir herverkoop aangebied word, of die afslaer kan die koper verklaar. Hul besluit om hierdie effek sal finaal wees.
✓ Die verwydering van toerusting of enige artikel aangekoop is vir die koper se risiko en koste.
✓ Indien die afslaer enige fout in die nakoming van die verkoping begaan, sal sodanige fout nie as bindend oorweeg word op die verkoper of die koper nie, maar moet reggestel word
✓ Die afslaer het die reg om aan te dring op kontant vir ieder en elke item sodra die bod toegeslaan is, en mag dit dus weer opsit vir herverkoop indien die nie betaal is nie.
✓ Die gang van die bieery sal deur die afslaer reguleer word wie ook die reg het om n aanbod te weier.
✓ Ieder en elke item sal met die val van die hammer ge-ag word as verkoop, en geen item mag verwyder word totdat volle betaling ontvang is en sonder toestemming van die afslaers nie.
✓ Die afslaers is nie verantwoordelik vir enige fout van die beskrywing van n item nie. Kopers moet sien en vir hulself oordeel.
✓ Die afslaers tree bloot op as agent en geen regsgeding of eise kan hoegenaamd teen hulle gemaak word nie.
✓ Slegs eft betalings word aanvaar en items sal slegs vrygestel word om afgehaal te word nadat betaling in Kaapland Veilings se rekening reflekteer
✓ Die afslaer het die reg om sonder enige rede enige item te eniger tyd te onttrek
✓ Alle goedere word “voetstoots” verkoop
✓ Koper betaal 10% kommissie bo en behalwe bodprys en verkoper betaal 10% van bodprys
✓ Maak seker dat jy weet wat jy koop – geen “returns”
✓ Moenie bie as jy dit nie kan bekostig nie
✓ Respekteer ander kopers en verkopers wat die blad gebruik
✓ Indien jy sou bie en as die koper aangewys word en nie betaal vir jou item nie, mag die afslaer n ander koper aanwys en sal jy onmiddelik van die Blad verwyder word
✓ Wanneer daar n reserweprys(die minimum bedrag wat n verkoper sal aanvaar) is en die reserweprys nie gehaal word nie, sal die afslaer slegs met die verkoper se toestemming die item vir die verminderde bedrag kan verkoop
✓ Reserweprys sal slegs na veiling bekend gemaak word, indien daar wel n reserweprys is
✓ Jou bod is bindend, respekteer asb. die veilingsproses
✓ Kopers moet items betaal binne 12 uur na toeslaan van n bod
PLAAS JOU BOD ONDER ITEM IN "COMMENTS" ASB...