12/09/2026
Ek ontmoet gister hierdie dierbare mense om oordragdokumente met hulle te teken.
Die tannie (ek het gevra of ek mag sĂŞ "tannie") lyk soos 'n filmster- pragtig, treffend, sterk. Lief vir haar man, gesin, kinders, kinders se kinders. Orals is foto's van almal, oor die jare, dit lyk soos my yskas.
Na 34 jaar in hul droomhuis en tuiste, is dit tyd vir 'n nuwe hoofstuk. Ons gesels sonder ophou. Oor skole, die Paarl, Gauteng, Paul Roos, Kleinbois, rugby, Maties, beleggings, en en en. Ek word bederf, die heerlikste soetgoed word voor my uitgepak, te lekker!
Hul een dogter is by- hoe gelukkig is hulle nie dat sy ook naby is nie, teenwoordig is nie, daar is, met elke tree nie.
Hulle kinders en ander familielede is ook my kliënte en al oor baie jare, en baie transaksies, soos hulle eiendom koop en verkoop. Soos hulle drome op pak, en nuwe drome leef. Vorentoe. Ek het al van die kinders se 'kinders' bygestaan met raad oor eiendom, soos hulle leer en nog slimmer word en begin vlerke kry, wat 'n voorreg. Ons word almal amper 'saam' ouer, deur seisoene.
Hierdie familie laat my hart elke keer warm klop. Dis wyse mense, mense wie vir mekaar omgee, en vir ander. Nie mense wie ander ooit seermaak nie. Mense wie die wĂŞreld beter maak- oral waar hulle gaan. Eerlike, goeie Afrikaanse mense, soos my Pa sou sĂŞ.
Mag julle volgende tuiste net so warm en huislik wees, 'n veilige hawe vir jul kinders, kleinkinders, en dalk selfs agter-kleinkinders.
Dit is so 'n groot voorreg vir my om julle by te staan met hierdie oordrag. Baie dankie dat julle hierdie verantwoordelikheid aan ons firma gee- ons help graag.