23/07/2012
Eerste belangrike punt: snoei in die orde wat ek verduidelik, dan kan daar nie foute inkom nie.
Tweede belangrike punt: vir alle plante war gesnoei word, moet al die dooie hout eerste uit gesny word.
1. Hybrid teas; snoei soos n koppie, oop aan die binne kant, maksimum 3 tot 5 hoof takke wat op gaan, afhangende van die grootte en ouderdom van die plant.
Die oorbleiwende takke moet n derde af gesny word, met n ogie wat na buite wys, op n grade van 45.
2. Floribunda's; snoei die helfte van die hout uit, en die helfte van die hoogte af.
3. Miniatuur rose; snoei met n "hedge" sker, mooi rond, nie meer as die helfte nie.
4. Rank rose; word volgens die stelasie gesnoei waarop die plant moet rank.