27/10/2019
*Veiligheid op paaie*
Ons het berigte ontvang vanaf Bloemhof, Noordwes dat daar laas nag heelwat mense beroof is van hulle kontant, waardevolle items en selfone op die N12 pad.
Persone wat beroof is word gevra om sake by SAPS oop te maak.
Admins van Veiligheidsgroepe moet asb in kennis gestel word sodat nommers van gesteelde fone wat op veiligheidsgroepe is, vireers van veiligheidsgroepe verwyder kan word.
Die goue reël om hinderlae te vermy geld steeds. As u sien dat 'n pad toegepak is draai eerder betyds om en MOENIE kanse vat om te probeer deur ry nie al is die ryvlak gedeeltelik oop. U mag dalk net vind dat' n tweede hinderlaag vorentoe is wat die pad heeltemal versper en as u dan wil terug ry die eerste hinderlaag heeltemal toegemaak is. U mag uself dan ook moontlik deur baie aggresiewe betogers omring vind wat dit vir veiligheidsstrukture en SAPS baie moeilik maak om u uit die situasie te kry.
Die situasies van paaie wat skielik toegepak is nadat daar gesê is dat hulle oop is, is nie ongewoon nie. Veral snags. Dit vat net sowat vyf minute om 'n pad toe te maak. Moet dus asseblief nie vir mense in beheer van veiligheidsstrukture kwaad word nie as daar gesê is dat 'n pad oop was en dit skielik nie begaanbaar is nie. As u dus weet dat daar protesaksie op 'n sekere pad is, neem eerder 'n ompad en vermy rowe of moontlike aanvalle op u voertuig of uself en mede passasiers. Daar is ongelukkig ook steeds mense wat kanse vat al is hulle ingelig om 'n sekere pad te vermy en dan verwag dat veiligheidsstrukture hulle uit onveilige situasies moet bevry. As daar dus gesê word om' n sekere pad ge vermy, vermy dan ook die pad! Neem asseblief verantwoordelikheid vir u eie veiligheid.
By voorbaat Dankie.
Geplaas deur:
Jörg Filter 26.10.19 om 08:48
*Oorgrense Veiligheid*