Polish - buff

Polish - buff over time the plastic that makes up your headlights will degrade and cloud over. if your headlights

13/02/2022
25/07/2021

⚠️ PAS BEKEND: SA terug op vlak 3 - alles wat jy móét weet in 'n neutedop

President Cyril Ramaphosa het Sondagaand in sy jongste toespraak rakende die koronaviruspandemie talle veranderinge aan die huidige inperkingsmaatreëls aangekondig.

Hier is alles wat jy móét weet:

🚨 Inperkingsvlak: Suid-Afrika skuif na vlak 3 van die inperkingsmaatreëls.

⏰ Aandklokreël: Die aandklok begin nou om 22:00 en eindig om 04:00.

Nie-noodsaaklike instellings (soos restaurante en kroeë) moet reeds teen 21:00 saans sluit, om seker te maak dat hul werknemers teen aandklok tuis is.

🍻 Drank: Drankverkope vir eie gebruik mag van Maandae tot Donderdae tussen 10:00 en 18:00 by drankwinkels verkoop word.

Drank mag nou daagliks tot 20:00 by restaurante, kroeë en persele met dranklisensies verkoop word.

🍕 Restaurante: Restaurante mag elke dag van die week nou drank bedien, maar net tot 20:00.

Restaurante mag ook net 50 mense binne en 100 mense buite, of 50% van die toelaatbare kapasiteit, op enige gegewe tyd toelaat.

🏋️‍♀️ Ontspanning: Gimnasiums, fiksheidsentrums, fliekteaters, casino's, biblioteke, gallerye, botaniese tuine, kroeë, museums en meer mag heropen, maar moet teen 21:00 sluit.

🏘 Byeenkomste: Alle soorte byeenkomste word tot 50 mense binnenshuis en 100 mense buitemuurs beperk. Indien die perseel te klein is, word die toelaatbare aantal persone tot 50% beperk.

Dit sluit gelowige, kulturele, politieke, sosiale en sportbyeenkomste in. (Ja, kerke mag heropen)

Die reël is nie op begrafnisse en verassings van toepassing nie.

✏️ Skole: Publieke- en staatskole sal steeds op Maandag, 26 Julie, heropen.

🚫 Nasionale Ramptoestand: Die nasionale ramptoestand is reeds tot 15 Augustus verleng.

✈️ Reisbeperking: Interprovinsiale reise tussen provinsies vir ontspanning word nou weer toegelaat, met die reisbeperking op Gauteng wat opgehef word.

⚰️ Begrafnisse: 'n Maksimum van 50 mense mag 'n begrafnis of verassing bywoon. Begrafnisse of verassings mag nie langer as 2 ure wees nie. Geen byeenkomste ná begrafnisse óf nagwake word toegelaat nie.

🏠 Werk: Werkgewers moet, indien moontlik,
hul werknemers toelaat om van die huis af te werk.

🥽 Veiligheidsmaatreëls: Alle huidige veiligheidsmaatreëls, soos die dra van 'n masker in publieke areas bly in plek. Dit sluit handreinigers by publieke punte en sosiale afstand in. Dit is 'n misdaad indien jy nie 'n masker in publieke areas dra nie.

💉 Inentings: Diegene tussen 18-jarige en 34-jarige ouderdom kan binnekort vir 'n inenting registreer en vanaf 1 September 'n inenting ontvang. Instap-inentings sal ook toegelaat word.

Diegene ouer as 35-jaar kan reeds vir 'n entstof op die regering se datastelsel vir entstowwe (EVDS) registreer. Inentings vir dié ouderdomsgroep skop vanaf 1 Augustus af.

🧪 Entstowwe: Binne die volgende 3 maande sal Suid-Afrika 31-miljoen dosisse van die Johnson & Johnson, sowel as die Pfizer, entstowwe ontvang. Dit sal genoeg wees om kudde-immuniteit teen die einde van die jaar te bereik.

💵 R350-toelaes: Die maandelikse maatskaplike R350-toelaag sal weer tot Maart 2022 ingestel word. Versorgers sal ook vir dié toelaag kan aansoek doen.

💸 Belasting-aansporing: Die regering brei sy belasting-aansporing vir 'n tydperk van vier maande uit, om werkers wat minder as R6 500 verdien, in te sluit en die aansporingsbedrag met tot R750 per maand te verhoog.

Dit sal werkgewers aanmoedig om werknemers aan te stel en te behou, veral diegene in die kleinhandel- en gasvryheidsektor wat die ergste deur die pandemie geraak is.

💰Plundery: Die regering sal seker maak dat alle skade wat by besighede weens die plundery aangerig is, en wat by die staatsversekeraar, Sasria, verseker is, se eise betaal word. Die regering sal ook aan besighede wat nie by Sasria verseker was nie en deur plundery geraak is, finansiële hulp verskaf.

🏢 Hulp aan besighede: Ramaphosa het verder finansiële verligting vir die kleinhandel-, gasvryheids- en drankbedryf aangekondig.

Die inperkingsmaatreëls tree op Maandag, 26 Julie, in werking.

Lees die jongste regulasies in die Staatskoerant hier: https://bit.ly/3rxvpfI

Kyk die toespraak hier: https://youtu.be/LaoHbbdgSRM

Jy kan ook die president se volledige toespraak hier lees: https://bit.ly/3x7fQwl

150 one headlight
06/07/2021

150 one headlight

05/07/2021
23/05/2021

We're unavailable but will respond as soon as possible.
🚑🏥

20/06/2020

Covid 19-opdatering vir Clanwilliam

Sedert my laaste opdatering het baie verander. Ongelukkig staan die Cederberg Munisipale Gebied by 19 positiewe gevalle met gelukkig geen lewensverlies in Clanwilliam tot dusver nie.

Dit moet as vanselfsprekend aanvaar word dat daar baie meer positiewe gevalle is wat te min simptome het om agter te kom dat hulle siek is of nie aan die kriteria vir toetsing voldoen nie. Hierdie mense is egter steeds in staat om die virus te versprei. Almal moet dus by die streng maatreëls van higiëne, masker dra en sosiale afstandhouding hou.

Baie vrae word gevra rakende kontakblootstelling.

Om dit duidelik te maak, moet u die volgende kennis neem rakende 'n persoon wat in kontak was met 'n bewese Covid 19 geval:
• U kan aanhou met werk as u geen simptome het nie en as u daagliks negatief gesif (gescreen) word - maw geen simptome nie.
• As u by u werkplek positief ”screen”, moet u 'n dokter of 'n gesondheidsfasiliteit raadpleeg vir verdere advies.
• U sal slegs getoets word as die gesondheidspraktisyn voel dat daar 'n groot vermoede bestaan dat u Covid 19-positief sal wees. Hierdie konsultasie kan telefonies of persoonlik wees, waarna die pasiënt vooraf die gesondheidspraktisyn waarsku dat hulle Covid 19-simptome het.
• Die gesondheidspraktisyn sal dan advies gee oor verdere hantering naamlik tuis monitering of om te kom na ‘n gesondheidsfasiliteit en sodra die pasiënt gesien is oor die hantering van so ‘n geval (isolasie, hospitalisasie, ens.)
• Persone tuis wat Covid 19 simptome het kan dieselfde roete volg, hetsy Covid kontak of nie.

Covid 19 simptome sluit die volgende in:
• Koors en kouekoors
• Hoofpyn
• Seer keel
• Naarheid en Braking
• Griep en Verkoue simptome
• Kortasem
• Hoes
• Diaree

Bly veilig en kalm

31/01/2020

Address

Clanwilliam
8135

Telephone

+27683637911

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Polish - buff posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share