04/06/2026
DEPRESSIE:
Depressie is nie dieselfde ding is as ‘n af dag, of tiener emosies, of hartseer gevoelens nie. Dit is ‘n ernstige emosionele siekte wat ‘n tiener se geestesgesondheid kan beïnvloed. Daarom moet ons dit ook ernstig opneem, omdat dit ‘n groot impak op ‘n tiener se lewe en emosionele welstand kan hê.
Daar is ‘n aantal waarskuwingstekens wat kan dui op die teenwoordigheid van depressie by ‘n tiener. Dit sluit die volgende in:
• ‘n Tiener is aanhoudend of deurlopend hartseer of neerslagtig, en dit lyk nie of dit met tyd beter word nie.
• ‘n Tiener toon nie meer belangstelling in dinge wat hulle voorheen geniet het nie, soos stokperdjies, sport, of vriendskappe.
• ‘n Tiener ondervind probleme om te slaap of slaap die hele tyd.
• ‘n Tiener beleef onverwagse gewigsverlies of gewigstoename sonder ‘n duidelike rede daarvoor.
• ‘n Tiener onttrek van verhoudings met vriende en familie en begin om sosiale aktiwiteite te vermy.
• ‘n Tiener het gereeld onverklaarbare emosionele uitbarstings van woede of hartseer.
• Of hulle is oormatig negatief en ervaar ‘n oorweldigende gevoel van hopeloosheid.
• Hy / sy begin om minder om te gee vir hulself en hulle persoonlike higiëne of veiligheid.
• En sommige beoefen selfskade, ervaar selfmoordgedagtes, of raak afhanklik van alkohol of dwelms – hiervoor moet jy natuurlik onmiddellik hulp soek.
•
As jy van hierdie waarskuwingstekens by ‘n tiener, of selfs by jonger kinders opmerk, is dit belangrik om met empatie te reageer. Moenie die probleem ignoreer nie.
Send a message to learn more