11/09/2025
in die smeuling van jou oë
in die troostaal van jou hande
sien ek jou gentleness
ń onmiskenbare kindness
en ek weet met ń onvernietigbare weet
dat ek my hart met oorgawe soos ń klein
voëltjie in jou hand kan neersit
dat ons nie eers sal weet
wie gee en wie neem nie
want liefste ons harte klop saam
op ń ritme wat net ons twee kan hoor
©Lidi