ST se Pitkos

ST se Pitkos Sukkel jy om deur een dag tot ‘n volgende te kom? Strompel jy voort sonder om werklik jou drome en

Hulp en remediëring met leesproblemeIn die vorige nuusbrief het ek die oorsake van leesprobleme bespreek. Vandag kyk ons...
18/07/2022

Hulp en remediëring met leesprobleme

In die vorige nuusbrief het ek die oorsake van leesprobleme bespreek. Vandag kyk ons na enkele aspekte van leesremediëring. Baie ouers weet nie waar en hoe om te begin wanneer hulle kind ‘n leesprobleem het nie. Ek noem enkele aspekte wat ek vertrou as ‘n beginpunt kan dien.

Ek bespreek kortliks:
1. Rigtingwysers wat om te doen wanneer jou kind ‘n leesprobleem toon.
2. Basiese beginsels in leesremediëring.

Wanneer jou kind leesprobleme ondervind moet jy dit met die klasonderwyser bespreek, sodat julle saam oor remediëring of ‘n behandelingsplan kan besluit. Kommunikasie tussen ouer en onderwyser is belangrik.

Verwysing na ‘n sielkundige mag nodig wees om ‘n skolastiese en verstandevaluering te doen. Die sielkundige sal dan ‘n verslag met die nodige aanbevelings skryf. Hierdie verslag sal as riglyn dien vir die ouer, skool, dokter, remediërende onderwyseres of enige ander terapeut.

In remediëring is dit nodig om eerstens die basiese probleme aan te spreek. Dit kan dinge insluit soos gebrekkige woordherkenning of ‘n lae leesspoed of fokusprobleme. Hierdie probleemareas moet hanteer word, sodat die kind ‘n verbetering in sy lees kan ervaar.

Dit is nodig om te bepaal wat die kind reeds met vertroue kan doen. Dit is die fondament van remediërende onderrig en aanmoediging.

‘n Verskeidenheid van benaderings kan in leesremediëring aangewend word. Sommige kinders leer beter deur die visuele metode, naamlik kyk-en-lees. Selfs prente met woorde daarby kan help. Ander kinders leer weer beter deur te klank. Daar is nog ander metodes ook. In dieselfde les kan verskillende metodes aangewend word soos die herkenning van sigwoorde, hardop lees, klank en so meer. In leesremediëring word al die taalvaardighede gebruik soos praat, luister, klank en lees, en skryf. Daar is ook opvoedkundige speletjies wat aangewend kan word om die leesremediëring lekker en genotvol te maak.

Leer van sigwoorde is belangrik. Dit help die kind om belangrike alledaagse woorde aan te leer. Onthou herhaling en vaslegging is hier nodig. Ouers kan dit by die huis met hulle kinders doen – dit werk baie goed.

Begrip is ‘n belangrike aspek van leesremediëring. Byvoorbeeld moenie net dat die kind lees nie, maar stop die leesproses, en vra aan die kind wat hy gelees het en laat hy die leesstuk aan jou verduidelik.

Remediëring is aaneenlopende proses: toetsing, remediëring en onderrig en oefen, en dan weer hertoetsing. Sodoende kan die kind se vordering bepaal word, vasgestel word in watter fasette die kind goeie vordering toon, en waar nog agterstande voorkom. Die gebruik van vorderingskaarte word aanbeveel.

Die individuele fokus op ‘n kind is belangrik. Indien daar leesremediëring in ‘n groep – soos byvoorbeeld op rekenaars in ‘n leeslaboratorium – gedoen word, moet individuele aandag en monitering steeds in plek wees. Dit is ook nodig om aanpassings te doen soos die kind verbeter en vorder. Hiermee saam, moet die kind se vordering teen homself beklemtoon word en moet hy nie met ander kinders vergelyk word nie.

Leesprobleme is vir ‘n kind sleg en spanningsvol. Die kind kan dom voel en sy selfvertoue kan hierdeur afgetakel word. Remediëring moet so aangebied word dat dit vir die kind lekker is en dat dit sonder spanning ervaar word. Die gesindheid en houding van die remediërende onderwyser is dus baie belangrik. Ek moet hierby voeg dat ek oor die jare met die wonderlikste remediërende onderwysers wat ‘n hart vir die kind wat probleme ervaar, saamgewerk het. Die remediërende onderwyser skep die klimaat waardeur ‘n kind ‘n positiewe gesindheid ten opsigte van sy leesprobleem ervaar en graag sal wil verbeter.

Probeer om jou kind nie weg te neem van sy ander aangename aktiwiteite nie. Hy moet steeds dinge waarvan hy hou, soos sport en musiek, doen. Word hy ontneem van hierdie dinge raak hy opstandig en gefrustreerd teenoor remediëring. Die begeerte om sy lees te verbeter moet by die kind ontwikkel word.

Dit is belangrik om te onthou dat lees nie altyd verbeter deur slegs baie te lees nie. Jy kan vir jou kind probeer dwing om baie boeke te lees, maar dit gaan nie noodwendig die probleem oplos nie. Ander aspekte wat ook moet verbeter is dinge soos woordherkenning en korrekte oogbewegings. Al die aspekte van die leesprobleem moet aandag kry. Moedig wel daaglikse lees aan.

Moenie remediëring doen wanneer die kind moeg, honger of emosioneel ontsteld is nie. Probeer jou kind fisiologies, emosioneel en sielkundig gereedmaak vir elke remediërende sessie.

Dit is belangrik vir ‘n kind om sy vordering te kan sien. Dit motiveer hom om steeds te wil verbeter en vol te hou.

Moedig jou kind aan en motiveer hom gereeld. Vertel hom hoe trots jy op hom is met elke klein sukses wat hy in remediëring behaal.

Ek vertrou dat bostaande punte sal help om te verstaan hoe leesremediëring aangepak en hanteer behoort te word.

‘n Sprankie wysheid vir die dag
“Die beste advies wat ek ooit gekry het was dat kennis mag is en om aan te hou met lees.” – David Bailey –

Dr ST Potgieter Nuusbrief Welkom by vandag se nuusbrief. Vertrou dit gaan nog goed met jou. Hulp en remediëring met leesprobleme In die vorige…

Oorsake van LeesproblemeEk ondervind in die praktyk dat kinders se akademiese agterstande en leerprobleme dikwels aan le...
20/06/2022

Oorsake van Leesprobleme
Ek ondervind in die praktyk dat kinders se akademiese agterstande en leerprobleme dikwels aan leesprobleme toegeskryf kan word.
Lees is die herkenning van woorde, maar dit is ook veel meer as dit. Dit is om vanaf die gedrukte woord op die bladsy, die skrywer se idees en gevoelens te kan herkonstruktueer, sodat jy as leser betekenis daaruit kan skep.
Leesprobleme belemmer nie net ‘n kind se leervermoë nie, maar raak sy totale menswees aan. Dit is dus belangrik om na die oorsake van leesprobleme kyk. Ek bespreek kortliks enkele aspekte:
Die sosio-ekonomiese omstandighede het ‘n beduidende effek op ‘n kind se leesvermoë. Milieugestremde kinders ervaar oor die algemeen meer leesprobleme as kinders wat uit gestimuleerde huislike agtergronde kom. Wanneer ouers nie lees nie, kan dit neg*tief op die kinders impakteer, want kinders leer deur voorbeeld en aanmoediging. Kinders leer kommunikasie en die gebruik van taal by die ouerhuis aan. Agterstande in taalontwikkeling lei tot leesprobleme.
Saam met bostaande punt is die stabiliteit in ‘n huis belangrik. Hoewel leesprobleme nie altyd aan onstabiele gesinsverhoudinge toegeskryf kan word nie, is ‘n rustige, kalm en veilige gesinsomstandigheid ‘n belangrike faktor wat die leeslus aanwakker.
‘n Volgende aspek is die verkeerde didaktiek by aanvangslees. Dit is belangrik dat die onderwyser die metode van leesonderrig by aanvangslees korrek toepas. Sommige kinders benodig meer individuele hulp. Oorvol klasse kan die interaksie tussen die juffrou en die individuele kind belemmer. Natuurlik is die onderwyser wat goed opgelei is, wat die nodige ervaring het, en ‘n positiewe gesindheid openbaar, belangrik in die onderrig van aanvangslees. Wisseling van onderwysers kan ook neg*tief op die onderrig van lees inwerk.
Lae intelligensie kan ‘n faktor by leesprobleme wees. Ek wil dadelik sê dat goeie intelligensie nie noodwendig beteken ‘n kind sal ‘n goeie leser wees nie – ander faktore kan ook oorsake wees. Daar is wel ‘n verband tussen leesvermoë en intellek. Dit het baie met begripsvermoë te doen. Wanneer ‘n kind leesprobleme toon is ‘n intellektuele evaluering deur ‘n sielkundige meesal nodig.
Emosionele faktore kan lees rem. ‘n Kind wat met emosionele probleme en trauma worstel, mag sukkel om goed te fokus en dit kan leesprobleme veroorsaak. Emosionele probleme kan byvoorbeeld ook ‘n lae selfbeeld tot gevolg hê wat neg*tief op leer en lees inwerk. Jonger kinders wat by die ouerhuis geleentheid kry om na stories te luister en prenteboeke te kyk, sien gewoonlik daarna uit om self ook te begin lees. Aspekte soos ADHD, depressie en ‘n gedragversteuring kan ook leesontwikkeling belemmer.
Liggaamsoriëntasie is belangrik by lees. ‘n Kind moet oor ‘n vaste liggaamsbeeld beskik binne ‘n bepaalde ruimte. Sy lateraliteit behoort gevestig te wees, want dit is belangrik by die lees – dit kan byvoorbeeld die omkering van b en d meebring.
Die kind se oogbeheer en visie is belangrik. So kan ‘n gebrekkige oog-koördinasie veroorsaak dat ‘n kind sy leesplek verloor of lyne in die leesstuk oorslaan of woorde uitlaat. Swak sig maak dat woorde wasig raak en kinders raai dan later die woorde. Wanneer ‘n kind leesprobleme toon is dit gewoonlik belangrik om jou kind se visie te evalueer deur hom na ‘n oogkundige vir ‘n oogtoets te neem.
Net soos wat die visuele aspekte belangrik is by lees, is die ouditief perseptuele vaardighede ook belangrik. Dit is ook nie net doofheid wat ter sprake is nie, maar ook klankonderskeiding en ouditiewe diskriminasie. Kinders met leesprobleme se fonologiese prosessering verskil van ander kinders. Hier sal ‘n spraakterapeut en/of oudioloog kan help.
Disleksie is seker een van die bekendste oorsake van leesprobleme. Dislektiese kinders het spelling- en leesprobleme maar hulle gehoor is normaal. Disleksie het te doen met die breinfunksie en sommige kinders se netwerkdrade is net anders bedraad wat dan leesprobleme tot gevolg het.
Leesgereedheid is ‘n belangrike faktor. Die belangstelling en begeerte om te lees is een van die belangrikste aspekte by leesgereedheid. Kinders wat gedwing word om te lees tewyl hulle nog nie daarvoor gereed is nie, kan vyandig raak teenoor lees en/of spanning en vrees vir lees ontwikkel.
Ek het bostaande oorsake baie kortliks bespreek en meer kan hieroor gesê word. Ek vertrou egter dat hierdie bespreking wel vir ouers ‘n aanduiding sal gee wat die oorsaak van leesprobleme kan wees – en dat dit inderdaad kompleks kan wees. Hieruit is dit ook duidelik dat die hantering en oplossing van leesprobleme nie net in remediëring gesetel is nie, maar ook in die regstelling van die aanleidende oorsake.

‘n Sprankie Wysheid vir die dag
“Hy wat lief is om te lees het enigiets binne sy bereik.” – William Godwin –

Dr ST Potgieter Nuusbrief Baie welkom by vandag se nuusbrief. Hoop dit gaan nog goed met jou. Onthou: Hou moed en behou die geloof. Oorsake van…

Wanneer jy in ‘n g*t is‘n Mens raak soms moedeloos, sodat jy lateraan selfs begin d**k jy is ‘n nikswerd. Dan voel jou l...
13/06/2022

Wanneer jy in ‘n g*t is

‘n Mens raak soms moedeloos, sodat jy lateraan selfs begin d**k jy is ‘n nikswerd. Dan voel jou lewe leeg en sonder betekenis. Jy twyfel aan dit wat nog altyd vir jou belangrik was soos jou waardes en die beroep wat jy gekies het. Jy word al hoe meer neerslagtig en depressief.
Dit gebeur dat dinge in ‘n mens se lewe verkeerd loop. Dit kan die gevolg wees van jou eie swak besluite en verkeerde optrede. Dalk het jou oordeel jou in die steek gelaat.
Slegte goed, wat buite jou beheer is, kan egter ook met jou gebeur. Jy word byvoorbeeld in die steek gelaat deur iemand wie jy vertrou het. Jy word finansieel ingeloop en besteel. Jy word deur ‘n familielid in die rug gesteek. ‘n Vriend of geliefde sterf. Die firma waar jy werk, word gelikwideer. Dinge werk nie uit soos wat jy gehoop het nie.
Daar mag tye kom dat jou droom in skerwe spat. Dae wanneer siekte jou tref. ‘n Dag waarop ‘n vertroueling verraad teenoor jou pleeg. Dae waarin jy fisies en emosioneel totaal uitgeput raak. Somber dae waarin die toekoms troosteloos voor jou uitstrek. Dae waarin die lewe sy kleur en betekenis verloor.
Wat staan jou te doen wanneer jy in ‘n g*t is en nie weet hoe om daaruit te kom nie? Hier is ‘n paar gedagtes:

1. Gee jou totaal oor aan God
Jou bestaan is maar ‘n spikkel in die tyd van ‘n ewigheid. Ons planeet ‘n stoffie in die groot heelal. Maar deur al die millennia was ons hemelse Vader nog altyd daar. Hy het alles gemaak en hou die heelal in stand. Soos ‘n groot klokwerk wentel planete en sterre en galaksies deur die uitspansel. In hierdie groter perspektief van dinge, kyk ons hemelse Vader egter ook spesifiek na jou. Hy weet die getal hare op jou hoof. Hy sorg vir jou wanneer jy benoud en moedeloos raak. Jy moet dus tyd met God spandeer deur jou Bybel te lees en te bid. Bring aan God al die eer en glorie. Vra vir God om jou deur moeilike tye te dra en te help. Gee jou hele lewe totaal aan Hom oor. Luister na die lied “I surrender” (woorde deur Pieter Coffee):
All my life and all my needs
All my ways and all my deeds
I want to follow you everyday
For You are my Lord
I surrender, I surrender all.
Gee jou hele lewe oor aan God. Vertel Hom van jou swakhede, sonde, vrese en wanhoop. Spandeer meer en meer tyd in Sy teenwoordigheid. Behou die geloof. Hou vas aan God, want Hy is ons Gids en Hoop.

2. Hou vas aan jou ware vriende
Helen Keller het gesê: “Om saam met ‘n vriend in die donkerte te stap, is beter as om alleen in die lig te stap.”
Thomas Aquinas het gesê: “Daar is niks om op hierdie aarde meer te waardeer as ‘n ware vriendskap nie.”
Mens moet mooi luister na wat Aquinas hier sê: “ware vriendskap”. Jy kan baie vriende hê, maar ek het geleer daar is enkele vriende wat werklik in hul hart en siel jou vriend is. Sommige “vriende” kyk hoe jy vir hulle tot voordeel kan strek. Sommige “vriende” sal teen jou draai en jou selfs ook verraai. Tog is daar ware vriende wat deur die storms by jou staan. Koester vriende wat vir jou omgee en jou lief het. Wanneer jy in ‘n g*t is, gaan praat met jou vriend. Wanneer alles en almal teen jou draai, dan kan jy by ‘n ware vriend vertroosting, perspektief en hoop kry.

3. Doen iets produktiefs
‘n Mens in ‘n g*t het gewoonlik nie die begeerte om iets te doen wat energie gaan verg nie, want jy voel gespanne, depressief, leeg, angstig en vreesbevange. Jy wil net in jou bed opgekrul lê, hoop om in ‘n diep slaap weg te dompel, om net nooit weer wakker te word nie. In sulke tye help dit om op ‘n kleiner taak te fokus en dit af te handel. Ek weet dit klink dalk simpel, maar net daardie aksie om iets te doen, laat jou weer beter voel. Dit help veral wanneer jy van jou eiewaarde en menswaardigheid gestroop word.

4. Moenie jouself met iemand anders vergelyk nie
Wanneer jy jouself met ander mense vergelyk, kan jy in ‘n nog dieper in ‘n g*t wegsink. Deur te kyk na ander wat mooier, ryker en slimmer is, en wat meer sukses as jy behaal het, en jy jou met hulle te vergelyk, is jy op ‘n glibberige afdraand na onder. Moenie jaloers wees op ander mense se sukses en voorspoed nie, maar fokus eerder op eie jou lewe en doelwitte. Moenie jouself verwyt oor jou mislukkings, tekortkominge, oordeelsfoute en dat jy nie die geleenthede oor jou pad aangegryp het nie. Dis nou tyd om sekere dinge agter te laat en jou lewe en toekoms aan God oor te gee, aan Hom al die glorie en eer te gee, en Hom te vra om jou te gebruik soos wat Hy dit mag nodig ag.

5. Vind geborgenheid in samekoms
‘n Mens in ‘n g*t raak mismoedig, bang, angstig, gespanne, hopeloos. Jy kan bitter eensaam en verlate voel – selfs verstote of verwerp. Soms is daar in ‘n bekende groep waar jy weer veiligheid en geborgenheid kan ervaar. Dit kan byvoorbeeld familie wees waar jy die nabyheid van omgee en liefde ontvang. Soms is dit by jou kerk waar jy welkom en tuis voel. Hier waar ‘n gemeenskap van gelowiges vir jou omgee en jou liefhet. Hier waar jou geestelike tuiste is. Hier waar jy gekoester word. Draai die wêreld teen jou, en jy voel bang en alleen, kan jou kerk ‘n toevlugsoord en skuilplek wees. Wanneer jy in ‘n donker g*t verval, misrabel en ellendig voel, dan omarm familie en mede-gelowiges jou in hul liefde en in ontferming.

6. Eerste wet van g*te
Die eerste wet van g*te is: “Wanneer jy jouself in ‘n g*t bevind, hou op om verder te grawe.” Hoe dieper jy grawe, hoe verder sink jy weg in jou troosteloosheid, mismoedigheid en angstigheid. Dit is tyd om hulp te kry. Tyd om bystand te kry oor hoe om uit die g*t te kom. Praat met familie en vriende wat kan help. Gaan sien ‘n kundige professionele persoon wat kan help. Partykeer is die nodig om ‘n psigiater of sielkundige te konsulteer. Soms in medikasie deel van die antwoord. Partykeer kort jy praktiese advies hoe om uit jou situasie te kom.

Mag hierdie ses riglyne jou deur die somber dae van jou lewe help.

‘n Sprankie wysheid vir die dag
“The sky takes on shades of orange during sunrise and sunset, the colour that gives you hope that the sun will set only to rise again.” – Ram Charan –

Dr ST Potgieter Nuusbrief Baie welkom by vandag se nuusbrief. Hoop dit gaan nog goed met jou. Onthou: Hou moed en behou die geloof. Wanneer jy in ‘n…

Die Israeliete se trek uit Egipte na die Beloofde Land dien as ‘n metafoor vir ‘n individu se persoonlike stryd om sy le...
07/06/2022

Die Israeliete se trek uit Egipte na die Beloofde Land dien as ‘n metafoor vir ‘n individu se persoonlike stryd om sy lewe te leef, drome te verwesenlik en vryheid te bekom.
Die Israeliete was vir 430 jaar in Egipte en vir die grootste deel daarvan in slawerny. Moses gaan na die Farao en vra hom om die Israeliete te laat trek. Farao weier en nóú, na eeue van slawerny, intensifiseer die Israeliete se stryd om vryheid. Eers moes tien plae oor Egipteland uitgebreek het, voordat Farao daartoe instem om die Israeliete te laat trek. Hulle is skaars uit Egipte weg of dit berou Farao. Die Farao en sy weermag jaag die Israeliete agterna. Die weermag keer die Israeliete teen die Skelfsee vas. ‘n Wonderwerk gebeur en die Israeliete trek droogvoets deur. Die Egiptiese weermag verdrink in die see. Dit is egter nie die einde van die storie nie. Die Israeliete swerf ‘n verdere veertig jaar lank in die woestyn rond. Daarna trek hulle deur die Jordaanrivier en durf vyandige stede soos Jerigo aan, baklei teen reuse en veg teen die Fillistyne. Dit is inderdaad ‘n langdurige stryd voordat hulle voet in die Beloofde Land sou sit.
Dalk is jy in slawerny en hunker na ‘n Beloofde Land. Jy wil losbreek uit slawerny. Jy droom oor ‘n Beloofde Land van vryheid waar jy gelukkig kan wees en in vrede kan leef. Miskien probeer jy jouself bevry van die slawerny van verslawing, maar elke keer agtervolg Farao se weermag jou, keer jou vas, en dwing jou terug in jou verslawende gewoontes. Miskien is jou slawerny ‘n ongelukkige huwelik waarin verbale, emosionele en/of fisiese mishandeling plaasvind. Miskien is dit siekte of gesondheidsprobleme of tronkstraf. Of miskien is dit stres, angs of depressie. Dalk is dit een of ander nagmerrie waarin jy jou bevind soos slegte werksomstandighede of beswaddering of onregverdigheid. Wat jou slawerny ookal mag wees, jy bly altoos verlang na groen weivelde en waters van rus in ‘n Beloofde Land van kalmte en vrede.
Wanneer jy bevry word uit slawerny is dit nie vanselfsprekend dat die stryd verby is nie. Vyandige magte kan jou steeds agtervolg en jy kan deur diepe waters gaan, voordat jy van die knellende bande losbreek. Woestynjare kan hierna volg. Jare waarin jy voel dat jy nie eintlik veel bereik nie. Dit kan finansiële doodloopstrate wees. Dit kan ‘n pynlike verlies wees. Dit kan ‘n onvervulde verhouding of huwelik wees. Jou lewe word tot stilstand gedwing. Jy swerf doelloos rond en die Beloofde Land bly buite jou bereik. Frustrasie en onvergenoegdheid bou op en jou doelwitte en drome vervaag. Jou Beloofde Land voel soos ‘n hersenskim.
En dan, uiteindelik, na jare in die woestyn, trek jy deur die Jordaan. Die Beloofde Land wink op die horison. Jy sit die slawerny, die diepe waters, en die woestynjare agter jou en pak die tog deur die Jordaan aan. Die stryd is egter nog steeds nie verby nie. Daar is vyandige stede wat ingeneem moet word, reuse wat verslaan, en Fillistyne waarteen geveg moet word. Soms is dit eers na jare van stryd en gevegte dat jy die Beloofde Land binnekom.
In die Israeliete se trek na die Beloofde Land het God altyd voorsien en hulle beskerm. Hy het hulle beskerm toe die plae Egipte geteister het. Hy het uitkoms voorsien toe hulle teen die Skelfsee vasgekeer was. God het kos en water in die woestyn voorsien. God het planne voorsien om Jerigo in te neem en om teen die Fillistyne te veg. Maar God het die volk ook gestraf wanneer hulle gesondig en afvallig geraak het. Só voorsien God in jou reis na jou Beloofde Land, maar daar is ook straf en gevolge wanneer jy sondig.
Hou vas aan jou Beloofde Land-droom te midde van goeie en slegte tye. Behou jou fokus op die Beloofde Land, sodat jy nie koers verloor nie. Daar sal vyande wees wat jou wil vernietig. Jy sal deur plae en diepe waters moet worstel en veg om oorlewing in die woestyn. Jy sal stede moet inneem en teen reuse en Fillistyne baklei voordat jy die Beloofde Land kan betree. Maar moet nooit jou Beloofde Land-droom verloor nie – dit sal jou dra in tye en omstandighede waarin jy moedeloos raak en tou wil opgooi.

‘n Sprankie Wysheid
The Promised Land always lies on the other side of a Wilderniss.” – Havelock Ellis –

Dr ST Potgieter Nuusbrief Welkom by vandag se nuusbrief. Indien jy hierdie nuusbrief lees, maar nie hierop ingeteken is nie, kan jy jou eposadres na…

Welkom by vandag se nuusbrief. Indien jy hierdie nuusbrief lees, maar nie hierop ingeteken is nie, kan jy jou eposadres ...
03/06/2022

Welkom by vandag se nuusbrief.

Indien jy hierdie nuusbrief lees, maar nie hierop ingeteken is nie, kan jy jou eposadres na [email protected] stuur en ons sal jou inskryf. Onthou, as jy van eposadres verander, stuur jou nuwe besonderhede aan ons.

Kinders en Depressie
Ons d**k partykeer dat dit net grootmense is wat depressie kan kry. Dit is egter nie so nie, want kinders kan ook in ‘n depressie verval.
Dit is belangrik om te verstaan dat kinderdepressie verskil van die normale hartseer of triestigheid wat kinders mag ervaar. Net soos volwassenes beleef kinders ook verskillende emosies. Daar is dus tye wat ‘n kind meer swaarmoedigheid sal voel – dis is normaal. Dit is gewoonlik eers wanneer hierdie triestigheid en hartseer langdurig bly, en ‘n kind se normale funksionering ontwrig, dat depressie moontlik aanwesig kan wees.
In hierdie artikel kyk ons na die simptome van depressie by kinders. Ons moet egter verstaan dat die simptome van depressie by kinders varieer. Ons sou ook ‘n onderskeid kon tref tussen jonger kinders en dan tieners – in hierdie artikel gee ek net ‘n paar algemene riglyne. Soms word depressie nie as sulks gediagnoseer nie, want die kind se optrede of gevoelens word eerder as deel van die nomale grootwordproses gesien. Partykeer gee ‘n kind op ‘n ander manier uitdrukking aan sy depressie soos byvoorbeeld met aggressie. Die diagnose van depressie by kinders kan dus kompleks wees. Met dit nou alles gesê, kom ons kyk nou die simptome wat op depressie kan dui – maar sien dit asseblief net as algemene riglyne en dat jy as ouer steeds jou dokter, psigiater of sielkundige hieroor moet konsulteer. Ook belangrik: jou kind kan wel van hierdie simptome toon, maar dit is nie noodwendig dat hy aan depresssie ly nie.
• ‘n Langdurige en hardnekkige swaarmoedigheid; voel heeltyd hartseer.
• Gedagtes oor dood en selfmoord.
• Lusteloosheid; voortdurende moegheid; lae energie.
• Toon belangeloosheid in daaglikse aktiwiteite.
• Wil nie lekker aktiwiteite doen nie.
• Voel nikswerd; selfveragting.
• D**k alles is sy skuld.
• Ervaar skuldgevoelens.
• Verswakte denke en konsentrasie.
• Gedragsveranderinge.
• Verandering in eetpatroon – kan vermeerder of verminder.
• Verandering in slaappatroon – kan vermeerder of verminder.
• Gewigsverandering.
• Wil heeldag net op die bed lê.
• Huilerigheid.
• Verbale uitbarstings; geïrriteerdheid.
• Fisiese klagtes, soos maagpyn en kopseer, wat nie positief op behandeling reageer nie.
• Verswakte daaglikse funksionering by die huis, skool en op sosiale vlak.
• Onttrekking van sosiale interaksie.
• Ervaar baie angs en/of spanning.
Ek wil dit net weer beklemtoon dat ‘n kind, met van die bogenoemde simptome, nie noodwendig depressie het nie. Vir ‘n diagnose moet u ‘n professioneel kundige konsulteer. Dit is ook belangrik om te onthou dat simptome van depressie by kinders varieer. Dit sal ook goed wees om artikels hieroor te lees om ‘n wyer perspektief op hierdie onderwerp te kry.
Hierdie nuusbrief is net ter insae en u moet steeds u dokter of sielkundige raadpleeg.

‘n Sprankie wysheid vir die dag
“A big part of depression is feeling really lonely, even if you’re in a room full of a million people.” – Lilly Singh –

Dr ST Potgieter Nuusbrief Welkom by vandag se nuusbrief. Indien jy hierdie nuusbrief lees, maar nie hierop ingeteken is nie, kan jy jou eposadres na…

30/05/2022

Verslaentheid

Dr ST Potgieter Nuusbrief Welkom by vandag se nuusbrief. Indien jy hierdie nuusbrief lees, maar nie hierop ingeteken is nie, kan jy jou eposadres na…

Die jaar spoed nou na die einde. Dit beteken dat leerlinge en studente begin om vir die eksamen voor te berei. In vandag...
22/11/2021

Die jaar spoed nou na die einde. Dit beteken dat leerlinge en studente begin om vir die eksamen voor te berei. In vandag se nuusbrief bespreek ek tien wenke vir die eksamen.

Indien hierdie nuusbrief nie op jou van toepassing is nie, ignoreer dit maar net. Of dalk weet jy van ‘n ouer, leerling of student wat hierby kan baat vind.

Tien wenke vir die eksamen
Ons ken die spanning en druk wat ‘n eksamen meebring. Dit is ‘n stresvolle tyd en ‘n leerling of student se angsvlakke kan die hoogte inskiet. Die eksamen se uitslae is belangrik. Dit bepaal byvoorbeeld of jy na ‘n volgende graad bevorder word. Dit kan bepaal of jy ‘n beurs vir verdere studie sal kry. Dit sal ook bepaal of jy keuring vir naskoolse studies kry. Dit bepaal ook of jy jou kwalifikasie sal behaal. Hier volg ‘n paar wenke vir elkeen wat eksamen moet skryf:

1. Berei goed voor: Dit is sekerlik een van die belangrikste aspekte van eksamenskryf. Werk deur die jaar, doen jou opsommings gereeld, woon klasse by en wees pligsgetrou in jou studies. Jy kan nie positiewe resultate verwag indien jy nie hard werk en goeie voorbereiding doen nie. Maak studies jou prioriteit – nie net in eksamentyd nie, maar regdeur die akademiese jaar.

2. Moenie wag tot die laaste minuut nie: Moenie tot op die nippertjie wag om te studeer nie. Dit plaas jouself onder groter druk en maak jou meer angstig. Daar is diegene wat sê hulle kan net onder druk studeer. Dit is bloot nie waar nie – hierdie is net ‘n verskoning om leerwerk uit te stel. Begin vroegtydig. Dit sal jou meer selfvertroue gee en jou ook die kans gee om meer as eenkeer deur die werk te gaan en dit vas te lê. Voorbereiding is ‘n belangrike stap op die roete na sukses.

3. Behou goeie gewoontes tydens eksamen: Sorg dat jy gedurende eksamentyd gesond eet, genoeg water drink en die nodige slaap inkry. Jy kan selfs oefeninge doen – veral waar jy tussen studiesessies ‘n breek neem. Oefeninge moet egter nie te veel van jou studietyd in beslag neem nie. Wanneer jy gesond voel, genoeg slaap inkry en reg eet, is jou brein ook vir studies meer aktief en wakker.

4. Werk ou vraestelle uit: Dit is uitstekende voorbereiding vir die eksamen. Dit gee ‘n goeie aanduiding van die tipe vrae en die formaat waarin die vraestel opgestel kan word. Dit help jou ook om jou skryftempo vir die eksamen te verfyn. Dan verbeter dit natuurlik ook jou begrip van hoe jy eksamenvrae moet benader en struktureer.

5. Daag betyds by die eksamenlokaal op: Maak seker jy daag betyds by die lokaal op. Dit veroorsaak addisionele spanning, en ook paniek, wanneer jy op die dag van die eksamen laat is. Sorg dat jou potlode, penne en ander skryfbehoeftes in orde is, sodat jy rustig en gefokus kan begin skryf.

6. Lees die instruksies deeglik: Oorhaastigheid en stres veroorsaak dat leerlinge dikwels nie die instruksies reg lees nie. Hierdeur verloor hulle baie punte. Jy moet presies weet wat van jou in die vraestel verwag word. Maak byvoorbeeld seker van die keuses en aantal vrae wat beantwoord moet word.

7. Lees die vrae deeglik: Stres en angs kan veroorsaak dat vrae nie reg gelees word nie. Lees elke vraag aandagtig deur en beantwoord dit wat gevra word. Dit gebeur gereeld dat leerlinge en studente verkeerd antwoord, omrede hulle nie seker maak van dit wat spesifiek gevra word nie. Hou jou antwoord by dit wat gevra word.

8. Bestuur jou tyd: Baie studente ondervind probleme om binne die vasgestelde tyd hul antwoordstelle te voltooi. Dikwels word punte uitgelos, omrede die skryftyd verstreke is, terwyl die student wel nog van die antwoorde weet. Dit ‘n geweldige teleurstelling vir enige student. Leer dus om vinnig en flink in die eksamens te werk. Moenie onnodige tyd op vrae mors nie. Die tyd wat aan ‘n vraag spandeer word, moet in ooreenstemming wees met die hoeveelheid punte wat aan die vraag toegeken is. Belangrik: leerlinge wat stadig skryf kan vir ekstra tyd aansoek doen – doen dit asseblief wanneer nodig en doen dit ook betyds. Onthou, daar moet ‘n verslag ter motivering saam met die aansoek ingedien word.

9. Begin met vrae wat jy goed ken: Beantwoord eerste die vrae wat jy goed ken, want dan weet jy daardie punte is in die sakkie. Dit sal ook jou rustiger maak en jou selfvertroue, vir die res van die vraestel, ‘n hupstoot gee.

10. Gebruik die volle tyd tot jou beskikking: Sommige studente jaag die vraestel af en probeer so vinnig moontlik uit die eksamenlokaal kom. Bestuur jou tyd reg, spandeer genoeg tyd aan elke vraag, en wanneer jy klaar geskryf is, en daar is nog tyd oor, gaan weer deur jou antwoorde. Dalk kan jy nog ‘n paar punte byvoeg. Maak onder andere seker dat jou berekeninge korrek is.

Ek vertrou dat die bostaande wenke sal help. Baie sterkte met jou studies, bly gefokus en werk doelgerig.

‘n Sprankie wysheid vir die dag
“Sukses is niks meer nie as ‘n paar eenvoudige dissiplines, elke dag toegepas.” – Jim Rohn –

Dr ST Potgieter Nuusbrief Welkom by vandag se nuusbrief. Indien jy hierdie nuusbrief lees, maar nie hierop ingeteken is nie, kan jy jou eposadres na…

In die vorige nuusbrief het ons gesien die jongste seun is oppad terug na die Vaderhuis. Ons skuif egter nou die aandag ...
15/09/2021

In die vorige nuusbrief het ons gesien die jongste seun is oppad terug na die Vaderhuis. Ons skuif egter nou die aandag weg van die jongste seun en kyk eers na die vader in hierdie verhaal.

Die vader sit met ‘n hunkering en diep verlange na sy jongste seun. ‘n Seun wat sy erfgeld wou hê, en toe hy dit gekry het, na ‘n ver land weggetrek het. ‘n Seun wat op sy erfgeld aangedring het en eintlik daarmee wou sê hy wens sy pa is dood.

So sit hierdie vader op die stoep en kyk die lang pad af. Hy doen dit elke dag. Dan, eendag, sien hy in die verte ‘n stippel. Soos die stippel nader kom en groter word, sien hy dit is ‘n mens. Die stap lyk so bekend. Hoe sal hy ooit daardie stap kan vergeet? Hoe sal hy enigiets van sy jongste seun kan vergeet? ‘n Innige jammerte en deernis oorval die vader. Hy staan vinnig op. Trek sy rokspante op. Hardloop die pad af na sy seun.

Toe die pa by die seun aankom, begin die seun dadelik te praat: “Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie.” Maar die pa omhels sy seun en soen hom met hartlikheid. Die vader se gemoed loop oor van opregte liefde en dankbare vreugde. Die vader verwyt nie, beskuldig nie, en berispe nie. Daar is net ‘n innige warmte en hartlikheid en blydskap wat die vader teenoor die verlore seun uitstraal.

Lukas 15:20: “En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen.”

Die premis van hierdie gelykenis is sondaars wat wegdraai van hul sonde, belydenis doen en tot bekering kom. Hierdie is ook die boodskap vir jou. Al het jy hoe ver geval, al het jy in watter gemors beland, al het jy tot tussen die varke gedaal, Jesus Christus wag vir jou om na die Vaderhuis terug te kom. Jesus wag vir jou met innige hartlikheid, deernis, opregte liefde en met vreugde. Jy mag skaam en angsbevange oor jou sonde wees. Jy hoef egter nie bang te wees vir Christus se reaksie nie. Christus kyk met verlange die pad af en wag vir jou. Die bloed van die Lam was jou skoon van jou sonde. Al was jou sonde soos skarlaken, jy word gewas tot witter as sneeu.

Het jy al gewonder hoekom het die vader nie op die stoep bly sit totdat die seun by die huis aangekom het nie? Eendersyds, natuurlik, die vader kon nie langer wag nie, sy vreugde was te groot, en hy moes eenvoudig na sy seun hardloop. Die vader stap nie na die seun toe nie.

Nee! – hy hardloop! Daar is ‘n haastigheid, ‘n dringendheid, om met sy jongste seun te herenig.

Maar dan, dalk het die vader geweet, die seun sou nie enduit self tot by die huis kon loop nie. Ons hemelse Vader kom deur Sy Heilige Gees, oortuig jou van jou sonde, en roep jou op tot bekering. Jy moet egter self die besluit neem, jy moet self opstaan, en jy moet self na die Vaderhuis begin stap. Maar God laat jou nie die pad alleen enduit stap nie. Jesus Christus sal die pad afhardloop, sal jou tegemoet kom, sal jou omhels en soen, en sal saam met jou die pad terug na die Vaderhuis stap. Dit is die wonderlike en kragtige versekering wat Christus aan jou bied.

Christus kyk uit vir verlore sondaars. Hy wag vir ‘n sondaar om tot inkeer en belydenis te kom en terug na God te keer. Wanneer ‘n sondaar tot die besluit en aksie oorgaan, dan gaan Jesus na die sondaar toe, neem sy hand en bring hom terug in die Vaderhuis.

Onthou, die verlore seun se verhaal is dalk ook jou verhaal.

‘n Sprankie wysheid vir die dag
“I cannot think of any need in childhood as strong as the need for a father’s protection.” – Sigmund Freud –

Dr ST Potgieter Nuusbrief Welkom by vandag se nuusbrief. Indien jy hierdie nuusbrief lees, maar nie hierop ingeteken is nie, kan jy jou eposadres na [email protected] stuur en ons sal jou inskryf. […]

Address

Green Point

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when ST se Pitkos posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to ST se Pitkos:

Share