Seffier Business Consultants

Seffier Business Consultants Accounting Services

25/07/2023

Het jy bewyse.

““Ek waarsku julle nou voor die tyd: kry julle lewe in orde. Vandag nog! Bid elke dag dat die Here julle sal oppas en julle sal help om reg te leef.” ‭‭Lukas‬ ‭21‬:‭35‬ ‭DB‬‬

• As die oordeelsdag vandag kom soos jy die boodskap nou lees wil ek jou vra, is daar genoeg bewyse in jou lewe.
• Bewyse dat jy ‘n kind van God is, bewyse dat jy Jesus aangeneem het as verlosser, bewyse dat jy Sy woord uit leef deur Sy liefde te deel.
• Geliefde, is jou lewe ‘n bewys dat jy Jesus reflekteer, sien jou mede mens Jesus in jou lewe.
• Kyk wat sê vers 34 DB ““Staan reg vir daardie groot dag. Wees gereed. Moenie julle oorgee aan dronkpartytjies en allerhande vieslike sondes nie. Moet ook nie so besig raak met julle werk dat julle vergeet om te kyk hoe laat dit al op God se horlosie is nie. Dan gaan daardie dag julle heeltemal onkant betrap. Moenie soos baie ander mense op die laaste dag benoud begin rondhardloop omdat julle nie gereed is nie.”
‭‭
Gebed: Here help ons om gereed te wees vir oordeels dag. Here my gebed is dat daar genoeg bewyse sal wees dat ek U kind is. In Jesus naam. Amen 🙏🏻

Shalom 🕊️

25/07/2023

Here vanoggend kom raak ek stil voor U met nederige dankbaarheid en ek wil sê dankie my Heer vir hierdie wonderlike nuwe Godgegewe dag aan ons geskenk. Dankie Heer dat U oor ons gewaak het deur die donker nag. Heer ons weet nie wat hierdie onbekende dag vir ons inhou nie, maar ons weet ons Here leef en ons dag is in U hand. U is in beheer en U het reeds die pad voor ons uitgestap en daarom o Heer sal ons geen onheil vrees nie. Vader ons bring U al die lof en al die eer. Ek het my hande op o Heer na die Hemele en ek sing 'n lied tot eer van U want U Heer is ons alles. Here lei ons vandag in U waarheid, maak U wil aan ons bekend en laat U lig altyd helder deur ons skyn. Heer gee aan ons die nodige wysheid en insig o Herron U Woord en ook in alles wat ons vandag moet aanpak. Heer hou ons altyd nederig en dankbaar voor U voete. Vergewe ons o Heer al ons skulde, net soos ons ook al ons skuldenaars vergewe. Heer skenk ons asseblief vandag dit wat ons ten node het en maak ons ook vir ander 'n seën. Vader laat U genade met elkeen van ons wees vandag, want U genade is vir ons genoeg. Heer ek plaas elke persoon, ons geliefdes, ons huise, ons land Suid- Afrika en ook elke kind van U dwarsoor die wêreld onder U kosbare Bloed. Aan U o Heer behoort die Koningkryk, krag en heerlikheid, tot in alle ewigheid. U Heer is die Koning van my hart en siel.
In Jesus Naam. Amen

25/07/2023

Terwyl 'n vrou eendag bid, vra sy: "Wie is U, Here?"
Hy antwoord haar toe: "EK IS."
"Maar wie is EK IS?", vra sy.
God se:"EK IS Liefde;
EK IS Vrede;
EK IS Genade;
EK IS Vreugde;
EK IS die Weg, die Waarheid & die Lewe;
EK IS die Lig;
EK IS jou Vertrooster;
EK IS Krag;
EK IS die Skepper;
EK IS die Alfa & die Omega–Die Begin & die Einde."
Sy vra toe: "Maar Here, wie is ek dan?"
God vee haar trane af en sê: "JY IS MYNE......"

25/07/2023

ALLES SAL OKAY WEES, MA ..

Dis okay, Ma as Ma lank vat om die
presiese bedrag by die betaalpunt uit
Ma se verslete banksakkie in Ma se
beursie te vroetel - ek sal geduldig wag.
As Ma kwart oor 6 wil aandete hê, dan
reël ek dit vir Ma - dis okay.
As Ma vir my 100x vra wat is my
lewensmaat se naam, sal ek Ma 100x
reghelp .. dis okay, Ma.
As Ma vir my goed oor en oor vertel,
sal ek elke keer maak of dit die eerste
keer is dat ek dit hoor .. dis okay, Ma.

As Ma per ongeluk glase van die tafel
afstamp en breek omdat dit aan die
kant gestaan het van die oog wat nie
kan sien nie .. dis okay, Ma - ons
vervang dit; niemand sal vir Ma kwaad
wees nie.
As Ma goed soek en my roep om te
kom help en ek kry dit waar Ma gesê
het Ma het dit gesit .. dis okay Ma, ek
weet Ma sien sleg.
As Ma nie meer lekker kan hoor wat ek
sê nie, leun ek nader aan Ma se oor,
praat bietjie harder, en sluit Ma in by
die gesprek. Dis okay, Ma.

As Ma moeg raak ná net 'n paar treë se
loop in die mall .. dis okay Ma, ons reël
vir Ma 'n rolstoel - geen moeite.
As Ma klere vol vetkolle terug hang in
die kas en sê dis skoon, was ek dit vir
Ma, want Ma kan dit nie sien nie .. dis
okay, Ma.
Ek kry Ma waar Ma sit en 'n lysie maak
vir Kersfees; elke kind en kleinkind se
naam neergeskryf met 'n bedrag
langsaan - en ek loop om die calculator
te gaan haal om vir Ma te help optel
hoeveel geld Ma moet trek .. en Ma sê
dis okay, ek het reeds die totaal .. dan
weet ek Ma is nog okay.

As Ma praat van geliefdes wat lank
reeds dood is asof hulle net nou die
dag nog hier was, deel ek graag hul
herinneringe met Ma .. dis okay, Ma.
As Ma bewerige/skewe potloodstrepe
trek waar Ma se wenkbroue eens was,
sal ek niks sê nie. Ma staan nou al elke
oggend nader met 'n bolletjie watte,
want Ma weet ek sal dit vir Ma mooi
uitskakeer .. dis okay, Ma.
As daar 'n druppel aan Ma se neus
hang en Ma kom dit nie agter nie, sal
ek elke keer vir Ma 'n tissue aandra ..
dis okay, Ma.

As Ma rêrig lank vat om klaar te eet, te
stort of aan te trek .. dis okay, Ma.
As Ma bang is Ma gaan val - ek sal
altyd langs Ma wees .. dis okay, Ma.

As jy wat hier lees, nie my post wil like
of share nie, dis ook okay ..
Vergewe en vergeet wat jou ma of pa
in jou oë verkeerd gedoen of gesê het -
ons almal maak foute, niemand is
perfek nie.
Onthou net: Jy word ook oud, en ek
beskou dit as 'n absolute voorreg.
Lief vir Ma en pa!!!!

25/07/2023

/// DIE VROU BY DIE PUT ///

Wie is hierdie naamlose Samaritaanse vrou waarvan ons in die Woord van God lees?

Die eintlik ñ besonderse storie.

Sy het VYF mislukte huwelike gehad.
Sy het op daardie stadium by haar sesde man gebly, maar was nie met hom getroud nie.
Ek kan d**k dat op hierdie stadium, haar vertroue in mans ñ groot knak gekry het, en dat sy verseker moes sukkel om die konsep van ware liefde te verstaan.
Daar is geen twyfel daarin dat sy soekend was nie.

Sy was verwerp deur haar eie mense - die gemeenskap.
Die "outcast" van die dorp.
Eensaam.
Alleen.
Géén vriendinne nie.

Iets wat vir ander vroue die hoogtepunt van hulle dag was, was vir haar ñ straf. Om water by die put te gaan haal in die bloedige hitte van die dag. Op haar eie. Sonder geselskap of hulp van ander.

Hier, by die put, ontmoet sy ñ Man wat vir haar vra vir water - én Hy is ñ Jood.
Gegewe haar geskiedenis met mans, d**k ek nie sy was op daardie stadium baie vriendelik nie.
Dalk bietjie geïriteerd en sarkasties as jy my vra.
Maar onthou, sy is soekend.

Ongeag van haar foute, sonde, en gebrokenheid, maak Yeshua (Jesus) die tyd om te stop en haar te ontmoet.
D**k jy nie Hy het voor die tyd geweet dat sy daar gaan wees nie?
Natuurlik het Hy!

Hy kyk verby status, roem, sukses, prestasies, foute, seer, en opinies van ander.....Hy kyk na ons hart.

Hy offer haar iets wat géén man haar nog ooit kon offer nie, en dit is lewende water.
Verlossing.
Vergifnis.
Die ewige lewe.

Vandag besef ek net dat eens op ñ tyd, was ék die vrou by die put.
Ek was verlore.
Ek het gesondig.
Ek was eensaam en alleen. Verwerp.
Ek het nie waardig gevoel nie.
Ek was soekend.
En die mooi van dit alles, is dat Hy het ñ persoonlike ontmoeting met elkeen van ons het.
Hy vergewe.
Maak ons vry.
Smag na ñ intieme verhouding met elkeen van ons.

Hy ken ons diepste seer en les ons grootste dors.

Johannes 4:1-42

Volg Vrou soos ek op Instagram
www.instagram.com/vrousoosek

25/07/2023

Wanneer ń mens Dors word,word jy desperaat en wanneer jy desperaat word doen jy dinge om die Dors tydelik te stop,maar jy bloei vir altyd.Wanneer jy desperaat word dan vat jy dinge wat niks te doen het met jou Destiny nie...

En die Here sê daar is mense daar buite wat Dors is...💔💔😭😭😭

Dors na aandag wat hulle nie in die huis gekry het as kind nie...Dors na die liefde van ń pa wat afwesig was en nou nog is...Dors na erkening...Dors na Krag...Dors na fame&fortune...Dors na ń drukkie...

En die Dors veroorsaak dat hulle goed doen buite hulle karakter en beginsels💔💔💔maar die Here sê hulle bly Dors omdat hulle drink by verkeerde fonteine😭😭😭💔💔💔

MAAR EK VERKLAAR VANDAG DAT GOD JOU DORS HIERDIE WEEK GAAN STOP EN JOU BRING IN Ń SEISOEN VAN RESTORASIE.❤️😊😇🙏

25/07/2023

Die liefde is geduldig,
die liefde is vriendelik;
dit is nie afgunstig nie,
is nie grootpraterig nie,
is nie verwaand nie.

Dit handel nie onwelvoeglik nie,
soek nie sy eie belang nie,
is nie liggeraak nie,
hou nie boek van die kwaad nie.

Dit verbly hom nie oor onreg nie,
maar verheug hom oor die waarheid.

Dit bedek alles,
glo alles,
hoop alles,
verdra alles.

‭‭1 Korintiërs ‬ ‭13‬:‭4‬-‭7‬ ‭

14/06/2023
14/06/2023

💜💜💜

Address

Humansdorp
6300

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 17:00
Sunday 09:00 - 17:00

Telephone

073 324 6513

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Seffier Business Consultants posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share