12/01/2026
Soos ons deur die lewe gaan beleef ons verskillende seisoene en elke seisoen laat ons groei maar seisoene kom en gaan. So het Artistica se seisoen tot 'n einde gekom. Artistica maak toe die 31ste Januarie 2026.
Eerstens wil ek my God en Vader alle eer gee vir die amper 16 jaar. Hy het ons geseen met ongelooflike besigheid. Ons het soveel guns by Hom gehad en sonder Hom sou ons nooit alles kon vermag het nie. Dankie my God!!!
Aan ons kliente.. DANKIE!!! Julle ondersteuning was ongelooflik. Wens ek kon elkeen by die naam noem. Dankie vir die vriende wat julle geword het. Ek sal dit beslis mis.
My wonderlike man en my 3 wonderlike kinders....ek weet nie hoe om vir julle dankie te se nie..Julle liefde, ondersteuning en geduld. Julle is ysters en vir julle is ek baie lief.
My ouers en sussies, dankie.. Dankie dat ek party keer by julle kon afpak en dat julle my so ondersteun het. Ek is lief vir julle!
Laaste maar beslis nie die minste nie. Dankie Jennifer, jy is 'n kollega maar ook 'n vriendin. Baie dankie vir al jou harde werk. Ek waardeer jou meer as wat jy ooit sal weet. Ons het rowwe dae gehad maar ons het met genade dit oorleef. Dankie vir omgee en net omdat jy JY is!
Artistica het 'n uitverkoping op ALLES in die winkel. Kom maak 'n draai vir lekker windkopies.
Met al my Liefde
Malinda