1Right Step

1Right Step 1 Right Step Training and Consulting

24/08/2024
Wenners van Dag 8 Abrie van der Merwe                                                  Dag9: Annekie van Niekerk    Dag1...
04/06/2020

Wenners van Dag 8 Abrie van der Merwe
Dag9: Annekie van Niekerk Dag10: Ina Potgieter


Vandag is ons laast dag.
Hiermee se ons baie dankie vir elke besigheid wat bereid was om vir ons n geskenk te gee.
Baie dankie elkeen wat ons stories gevolg het en wat deelgeneem het.
Baie geluk aan elkeen wat iets gewen het.

Ons wens dan ook vir almal sterkte toe vir die tyd wat kom en die wat werk en ook aan die
Mense wat nog nie mag werk nie. Ons weet dat daar n groot plan agter alles is en dat dit
vir elkeen wat n positiewe gesindheid het goed sal uitwerk.

Groete
1RS

Dag 7 Wenner Regine Victer
02/06/2020

Dag 7 Wenner Regine Victer

Wenner vanaand
02/06/2020

Wenner vanaand

The Soul-ution Story What is the first thing you think of when you buy your first property?The first thing that came to ...
02/06/2020

The Soul-ution Story
What is the first thing you think of when you buy your first property?
The first thing that came to mind for me was how I was going to make it a home. My own space. My own choice of colours. My own décor. My blank canvas.
So, the first thing I did was create a Pinterest board and filled it with all the decorating ideas and affordable tips I could use to make my place a home! I called the board “Tanya’s Castle Ideas”.
With all the main appliances bought, I was ready to furnish my freshly painted abode with all the various ideas I had saved to my Pinterest board. But as soon as I attempted to start forfilling these Pinterest dreams, I found that what I wanted was nowhere to be found, online or in the shops. And when I actually did, the price of the item was way over my budget. I was not willing to compromise, but I was also not getting a salary increase anytime soon.
So I jumped on the DIY wagon…
I wanted to avoid “Made in China” like a plague and fake wood was not an option. Furniture and décor made from refurbed pallet wood was a relatively new trend, so I investigated. What resulted was a new appreciation and love for wood!
My search phrases on Pinterest slowly started changing and I was hooked! I could make whatever I wanted. I could make it simple. I could make it affordable. I could make it so that no one else has the same one. That was the main aim.
I purchased a table saw, a hammer, some nails, wood glue and managed to find some pallet wood. I then purchased a 4m x 3m wendy house and in a short space of time, I was creating wooden décor items all by myself.
I had found a solution for my soul, hence Soul-ution was born!
From then till now…
I have met numerous suppliers over the last 4 years who create unique home décor that I love, so much so that Soul-ution has now become a home for them too.
So whether it is home décor you are looking for, for yourself, or perhaps a gift for someone else, I hope you will find products here that you love as much as I do, and I can promise, it was NOT Made In China 😊
Price: Tanya Nel Wenner van Dag 6 Helga Pols

Lindley Hotel my storieSo begin my storie saam met Lindley Hotel.  Ek Madeleine en Louis stop in Lindley om n onderhoud ...
01/06/2020

Lindley Hotel my storie
So begin my storie saam met Lindley Hotel.

Ek Madeleine en Louis stop in Lindley om n onderhoud te kom doen
vir n werks geleentheid wat ons gehad het vir ons besigheid in Memel.
Lindley n dorp waar ek nog nooit was of geken het nie.

Dit is skemer en op daardie statuim is hier ook nie krag in die dorp nie.
In hierdie half donker hotel sit ons en gesels. Gebou van oor die
100jaar. Nogal n aardige gevoel.

Toe ons uit die dorp ry kry ek die gevoel dat dat God se: by die plek moet
jy betrokke raak. Louis gooi amper die kar om. Ek sukkel eers vir weke
om die eienaar van die hotel in die hande te kry. So raak ek berokke en
begin net die tuine uitsorteer. Later word dit meer. Totdat dit omsit
in n koop. 5 Venote wat hier met n plan begin werk.

Ek los my man en kinders in Memel en begin restoreur bou en regmaak.
Elke dag die onvergeetlike “journey” van ontdek en oopbreuk en toebou.
Met die visie in my kop dat ek net geen steen onaangeraak
mag los om hierdie “ou Lady” weer in haar ere te herstel.

Ek en my span bly hier vir maande en sien hoe n 100jaar se sturktuur
van klip ontluik en oopval tot n skat en juweel wat my elke dag
verbaas. Ons ontdek soos deure binne in mure en ou dokumente
en vergange items in gate.

My gesin pak ook op in Memel en ons hervestig in n dorp
wat nooit in ons wildste drome was nie. Dit is 5 jaar later.

Die Hotel is n paar jaar weer vol in bedryf. Ons speel en werk hier
en ontdek elke dag iets. Hier kuier, trou en hou die mense fuksies.

Breek net weg van die gewoel en gemaal van die wereld daar buite.
n Asem skep plek waar jy kan weg kruip, net rus en ontspan.
Waar die wereld van gejaag net n eksterne factor is.
Die “fairy tale” dag of 3 maak mense net besef dat daar nog n tyd was wat mense so
kon lewe.
Met liefde, rus en vrede. n Tyd voordat ons na stede toe uitgewyk het,
vir n lewe van winkels, kantoor geboue en verkeer.

Hier wil ek vir jou n geskenk gee van n naweek wegbreek, ontspan
en rus. Waar jy ook kan kom ervaar wat ons elke dag beleef.

Geskenk: 2 Nagte 2 mense (Bed en ontbyt by Lindley Hotel)

Baie geluk Herma Koch Jy is ons wenner Dag: 5Die res van die trekkings sal Maandag aangaan
29/05/2020

Baie geluk Herma Koch
Jy is ons wenner Dag: 5
Die res van die trekkings sal Maandag aangaan

Snooze Travel Pillows and MoreMy Storie: Ek is 'n boervrou wat lief is vir handewerk. Ek bly op 'nplaas naby Louwsburg i...
29/05/2020

Snooze Travel Pillows and More
My Storie: Ek is 'n boervrou wat lief is vir handewerk. Ek bly op 'n
plaas naby Louwsburg in die Noorde van Kwa-Zulu Natal. Ek en my
man reis graag en dus was dit nog altyd vir my 'n storie om die regte
kussing vir die langpad te kry. Toe kom ek op hierdie ontwerp af.
Ek het orals gesoek op die internet of daar sulke kussings en ontwerpe
in SA beskikbaar is. Tot my verbasing was en is daar nie en toe maak
vir myself 'n kussing. Wat 'n verandering!
My kussing het orals saam met my gegaan, letterlik orals, selfs as ek
die tandards besoek. In Maart 2019 het ons 'n klub byeenkoms
bygewoon en 'n mede lid se vrou het my kussing gewaar en wou ook
een hê. Daar het ek my eerste bestelling gekry en van daar af kyk ek
nie terug nie. Ek het al naby 'n 100 kussings verkoop slegs deur
persoonlike demonstrasie en "word of mouth”.
In November 2019 het my dogter my gehelp met die naam ontwerp en
om vir my 'n FB blad oop te maak vir my kussings. My besigheid is nog
in die doeke stadium, moet nog baie dinge uitwerk en ek leer baie soos ek aangaan. Ek doen tans alles self
en wil graag uitbrei eendag. Die verkope op FB gaan maar stadig, want dit is al waar ek tans aanlyn
adverteer, maar my "word of mouth" en "Whatsapp" verkope doen baie goed. Ek doen elke keer ‘n Happy
dans as ek bestellings kry, want dit is my inkomste en my passie en dit help ons gesin baie finansieël.
My passie is om dinge gemaklik en stylvol te maak. Hierdie besigheid het begin floreer deur iets klein en
gemaklik vir myself te doen, min het ek geweet baie mense soek dieselfde gemak, of hulle nou in 'n kar is,
kamp, tandards se stoel is of op 'n vliegtuig, gemak is waarna ons almal soek. En daar die naam Snooze
Travel Pillows and More. Ek is n bietjie meer as 'n jaar besig , maar het eers in November 2019 ernstig begin
bemark op FB. Soos ek genoem het, is my klein besigheid nog in die doeke stadium, maar ek wil nog groot
gaan om plekke soos die lughawens en curio winkels te bereik. Almal moet weet wat 'n Snooze Pillow is.
Tans maak ek 3 verskillende grootte kussings (2 vir die nek en een vir die rug), 'n klein een vir die kinders @
R220.00, 'n Medium grootte vir grootmense @ R250.00 en 'n groot een vir die rug @ R550.00 (Alle pryse
sluit borduurwerk en koerier kostes uit). Baie swanger mammas koop die rug kussing om hulle te help met
ondersteuning van die rug tydens borsvoed.
My ontwerpe is stylvol en elegant en kan volgens jou kleurskema gemaak word. Hou slegs in gedagte dat ek
beperkte voorraad material het weens logistieke redes, maar ek doen my beste om vir jou die stylvolste
kussing te maak na jou smaak. Dit is duursaam en kan selfs maklik gewas word.
Die deelnemers kan my whatsapp op +27832811954 om bestellings te plaas of op my
FB https://web.facebook.com/SnoozeTravelPillowsandMore my kontak deur Messanger. Besoek gerus my
winkel op my fb blad, daar is verskillende style kussings beskikbaar.

Dag 4 Wenner Lana Simpsonvan Staden
28/05/2020

Dag 4 Wenner
Lana Simpsonvan Staden

Address

Pretoruis Str1
Lindley
9630

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when 1Right Step posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share