HMG Konsultant / Consultant

HMG Konsultant / Consultant Passionate about helping people discover their God-given design and make confident career and life choices.

As a certified Career Direct Consultant, I guide you on self-discovery - exploring personality, skills, and values - to find, meaningful direction.

JOU VAKKEUSES IS MEER AS NET ’N KEUSE VIR VOLGENDE JAAR.Dit is die begin van ’n pad na jou toekomstige studies, loopbaan...
08/09/2026

JOU VAKKEUSES IS MEER AS NET ’N KEUSE VIR VOLGENDE JAAR.

Dit is die begin van ’n pad na jou toekomstige studies, loopbaan en drome. ♥️

Weet jy watter vakke pas by jou sterkpunte, belangstellings en toekomstige loopbaandoelwitte?

Kom ons maak seker jy kies ingelig, doelgerig en met selfvertroue.

“Kies vandag met jou toekoms in gedagte - jou vakkeuses is die eerste tree na jou drome.” 🎓

🌟 Maak gebruik van die spesiale aanbod!

079 073 8565

🎓 JOU TOEKOMS BEGIN BY DIE KEUSES WAT JY VANDAG MAAKVakkeuses en loopbaankeuses is meer as net besluite oor skool of stu...
22/07/2026

🎓 JOU TOEKOMS BEGIN BY DIE KEUSES WAT JY VANDAG MAAK

Vakkeuses en loopbaankeuses is meer as net besluite oor skool of studies - dit is keuses wat die rigting van jou toekoms help bepaal.

Moenie net ’n vak kies omdat jou vriende dit kies nie.
Moenie net ’n loopbaan kies omdat dit gewild klink nie.
Kies met jou toekoms in gedagte.

Met Career Direct kry jy waardevolle insig in jou:

✨ Persoonlikheid
✨ Belangstellings
✨ Vaardighede en vermoëns
✨ Waardes
✨ Potensiële studierigtings en loopbane

Of jy nou voor vakkeuses in Graad 9 staan, onseker is oor wat jy ná skool wil studeer, of net meer sekerheid oor jou loopbaanrigting wil hê - die regte leiding kan ’n groot verskil maak.

D**k verder as vandag. Ontdek wie jy is. Kies ’n rigting wat by jou pas. Bou doelgerig aan jou toekoms.

📚 Career Direct Loopbaanvoorligting
Want ’n ingeligte keuse vandag kan jou môre verander.

Jy spandeer ’n groot deel van jou lewe by die werk. Maak seker dit is iets wat jou inspireer.Voel jy onseker oor jou stu...
29/05/2026

Jy spandeer ’n groot deel van jou lewe by die werk. Maak seker dit is iets wat jou inspireer.

Voel jy onseker oor jou studierigting of loopbaankeuse? Professionele loopbaanvoorligting kan jou help om met selfvertroue die volgende stap te neem.

Ek help leerders, studente en volwassenes om ’n loopbaan te ontdek wat by hul sterkpunte, belangstellings en waardes pas.

🌟 Jou toekoms begin met die regte keuse.

📞 Kontak Helene-Mari vandag: 079 073 8565

Voel jy onseker oor jou beroep of wonder jy of jy op die regte pad is? Jy is nie alleen nie. Baie mense bereik ’n punt w...
21/04/2026

Voel jy onseker oor jou beroep of wonder jy of jy op die regte pad is? Jy is nie alleen nie. Baie mense bereik ’n punt waar hulle vra: Is dit regtig waar ek hoort?

Career Direct help jou om duidelikheid te kry oor jou unieke persoonlikheid, talente, belangstellings en waardes - sodat jy met meer sekerheid besluite oor jou loopbaan kan neem.

Jy hoef nie vas te voel of alleen antwoorde te soek nie. Soms begin ’n nuwe rigting met een eerlike gesprek.

Kontak my gerus vir ’n konsultasie en ontdek die pad wat die beste by jou pas.

Helene-Mari
079 073 8565

19/03/2026

Hoe lyk die boustene van ʼn bruisende studentelewe? Akademie, sport, kultuur, dinees, sosiale aksies, koshuislewe én soveel meer! Die Akademia-kampusopedag is nie net ʼn belewenis nie, dit is die eerste bousteen vir jou toekoms. Kom ontdek die opwindende studentelewe wat Akademia as studietuiste bied. Bespreek vir die kampusopedae in die Paarl of Pretoria hier: https://akademia.ac.za/kampusopedag-2026/

18/03/2026

🎟️ Opedag-kaartjies is nou beskikbaar!

🎓

Jou reis begin hier en dit begin met die bespreking van jou plek.

Kaartjies vir ons voorgraadse op kampus Opedag is nou op Quicket beskikbaar. Beplan jou dag, bespreek jou inligtingsessies en maak gereed om self die kampuslewe te ervaar.

📅 Saterdag, 18 April 2026
🕗 08:00 – 15:00
📍 Stellenbosch- en Tygerbergkampusse
🎟️ Gratis toegang

👉 Stellenboschkampus: https://www.quicket.co.za/events/358511-stellenbosch-university-undergraduate-on-campus-open-day-2026/

👉 Tygerbergkampus (Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe): https://www.quicket.co.za/events/356406-stellenbosch-university-undergraduate-on-campus-tygerberg-open-day-2026/

⚠️ Onthou om na sessietye te kyk wanneer jy bespreek sodat dit nie oorvleuel nie.

Ons sien uit daarna om jou op kampus te verwelkom! 🎓

❗ “Ons het nie geld vir verkeerde studierigtings nie…”Dit is ‘n regverdige vrees — studies is duur, en elke verkeerde ke...
16/03/2026

❗ “Ons het nie geld vir verkeerde studierigtings nie…”

Dit is ‘n regverdige vrees — studies is duur, en elke verkeerde keuse kos tyd, geld en emosionele energie.

Te veel kinders kies rigtings uit druk, onsekerheid of omdat vriende so maak - en beland later in beroepe wat nie by hul persoonlikheid pas nie.

👉 Jou kind hoef nie te raai nie.

Met ’n doelgerigte loopbaanassessering help ek om duidelikheid te kry oor wie jou kind is - sodat studierigtings persoonlik, prakties en realisties gekies word.

Die doel is nie net ’n werk nie…
🌱 Dit is ‘n beroep waarin jou kind kan groei, floreer en hul potensiaal uitleef.

As jy voel: “Ons kan nie bekostig om verkeerd te kies nie,” gesels gerus met my.
📞 079 073 8565

“Daar is net té veel loopbaanopsies…”Dit is normaal om oorweldig te voel - vir ouers én kinders. Hoe moet ’n tiener weet...
03/03/2026

“Daar is net té veel loopbaanopsies…”

Dit is normaal om oorweldig te voel - vir ouers én kinders. Hoe moet ’n tiener weet wat om met hul toekoms te doen, tussen skool, sport en net…grootword?

👉 Jou kind hóéf nie alleen te besluit nie.

Met die regte begeleiding help ek leerders om hul sterkpunte, belangstellings en persoonlikheid te verstaan - sodat loopbaanrigtings begin sin maak en selfvertroue groei.

Wanneer daar duidelikheid is, verdwyn die chaos… en ouers kan weer asemhaal. 🌱

As jy wil hê jou kind moet met insig en sekerheid kies, gesels gerus met my.
📞 079 073 8565

🎓 Graad 11 is die sleuteljaar vir slim loopbaanbesluite - sonder paniek.Dit is nie ’n “volgende jaar se probleem” nie. G...
23/02/2026

🎓 Graad 11 is die sleuteljaar vir slim loopbaanbesluite - sonder paniek.

Dit is nie ’n “volgende jaar se probleem” nie. Graad 11-punte tel vir universiteitsaansoeke, en teen Graad 12 is daar min ruimte vir regmaak.

👉 Begin by die kind (persoonlikheid, aanleg, belangstellings)
👉 Toets dit teen werklike werksgeleenthede
👉 Kies rigtings wat opsies oop hou

Die doel is nie net passie of salaris nie - maar duidelike rigting, sodat Graad 12 gefokus en strategies aangepak kan word. ‘n Wyse besluit in Graad 11 verhoed duur foute in Graad 12.

Ek help Graad 11-leerders om hulself te verstaan, realistiese beroepsrigtings te identifiseer en met selfvertroue vorentoe te beweeg.

Address

Lutzville

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when HMG Konsultant / Consultant posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share