30/06/2021
‼️"POPIA"-WET (Beskerming van persoonlike inligting)‼️
Goeie Middag! Die implementerings datum van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, 4 van 2013 (“POPIA”) is 30 Junie 2021. Hierdie sperdatum bring 'n paar veranderinge mee.
Daar word van die administrateurs verwag om u toestemming te bekom vir deelname aan hierdie Facebook-groep. Hiermee word u in kennis gestel dat u geregtig is om sodanige toestemming te weier en u mag so 'n reg uitoefen deur hierdie groep te verlaat.
As u verkies om in hierdie groep te bly, word aanvaar dat u ingestem het om deel te wees van hierdie groep en dat u persoonlike inligting (naamlik u selfoonnommer en naam) opmerklik is vir enige persoon in hierdie groep.
Ons versoek alle lede van hierdie groep, om onder geen omstandighede of om watter rede ook al, enige persoonlike inligting te gebruik sonder om die toestemming van die betrokke persoon te verkry nie.
Die administrateurs neem nie enige verantwoordelikheid vir persone wat hierdie wet oortree nie.