15/09/2024
Ek soek ‘n lappie aarde… Liewe Vader…
om ‘n Kliphuis op te bou… daar waar die teerpad en sein vir eers gaan ophou..
‘n Stukkie grond, waar mens weer kan kaalvoet stofpad loop…
Waar jy jou eie beker weer volmaak met goeie koffie en nuwe hoop.
Niks fêncy,
niks groot… net ‘n KLEIN stukkie Noord waar mens kan kom rus by U strome.. wanneer ons vlug van die gejaag en die wêreld se drome…
Daar waar dit stil is…
U en ek… en die wind deur die bome.
Mag elkeen wat in die Kliphuis kom kuier, onthou van U, Yahshua, van U bloed… U genade en van die Brood wat U daagliks saam met elkeen breek.
Gee tog ook dat elke kind wat hier kom, rustig sal wees - sodat dit nie vir hul ouers nodig is, om in hierdie diepe vrede, hulle te wil neuk! 😜😘