Nicori Security Services

Nicori Security Services We provide 24Hour Guards to protect your business or property . All guards have qualifications to do security work and receive ongoing training.

08/12/2014
30/11/2014

Stephen Salmon (Fanie) Wehmeyer a resident of Kempton Park in Gauteng was apparently brutally murdered with a hammer during a burglary on Tuesday. It was barely

Please be aware of these signs!!
29/11/2014

Please be aware of these signs!!

29/11/2014

Bejaarde glo met hamer doodgeslaan
26 November 2014
Phillip Bruwer
Stefanus Salmon (Fanie) Wehmeyer, ʼn inwoner van Kempton Park in Gauteng is Dinsdag, skaars vier maande ná sy 90ste verjaardag, glo met ʼn hamer tydens ʼn huisbraak doodgeslaan.

Fanie se seun, Lex, het omstreeks 15:00 op sy pa se bebloede liggaam in die toilethokkie van sy huis se buitekamer afgekom.

Lex se seun, Imile, het Woensdag aan Maroela Media gesê sy pa woon saam met sy oupa om na hom om te sien. “My pa het die middag by die huis gekom en gesien die huis is deurmekaar,” het Imile gesê. “Hy het onraad vermoed en dadelik na my oupa begin soek. Die agterdeur het oopgestaan. My pa het verder gesoek en gesien my oupa se voete steek by die toilet se deur uit.”

Wehmeyer is in ʼn fetusposisie in ʼn plas bloed aangetref. Hy was vasgebind aan die toilet se voetstuk. ʼn Hamer het langs sy liggaam gelê.

Volgens Imile word sy pa se skootrekenaar, ʼn kredietkaart en ander klein voorwerpe vermis. Die aanvallers het ook probeer om ʼn kluis oop te breek, maar was onsuksesvol.

Kapt. Jethro Mtshali, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisbraak.

“Ons weet nie hoeveel aanvallers by die voorval betrokke was nie, en niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het hy gesê. “Hy is moontlik dood weens kopbeserings. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om te bepaal of die hamer die moordwapen is.”

Fanie is twee maande gelede deur twee mans aangeval terwyl hy besig was om in die tuin te werk. Die verdagtes het hom erg aangerand en gewurg. Hulle wou toegang tot die huis bekom, maar is verhinder. Hulle is weg sonder om iets te buit.

Die polisie ondersoek die moontlikheid of die twee voorvalle aan mekaar verbind kan word.

Mtshali het enigiemand met inligting versoek om die ondersoekbeampte, ao. Robert Motsai, by 072 444 1642 te skakel.

Gepubliseer in Suid-Afrika | Sleutelwoorde Johannesburg, Kempton Park, misdaad

29/11/2014

29 November 2014

Twee veiligheidswagte is Saterdag tydens ʼn skietery tussen lede van twee sekuriteitsmaatskappye in Orange Farm, in die suide van Johannesburg, doodgeskiet.

“Drie veiligheidswagte is tydens die skietery beseer,” het kapt. Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, gesê. Die skietery het omstreeks 08:20 by die Palm Springs Mall plaasgevind.

“Al twee sekuriteitmaatskappye is in diens van taxiverenigings in die gebied,” het hy bygevoeg.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die motief vir die skietery is nog onbekend.

29/11/2014

We are based in Olifantsfontein and cover Gauteng area .
Real competitive rates for 24 hour guards.

Address

Olifantsfontein
0157

Telephone

+27112034602

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Nicori Security Services posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share