04/04/2026
🎭✨ Laaste dag van die 30ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees — en wat ’n Fees was dit nie!
By ALERT Patrol Security kyk ons terug op soveel ongelooflike oomblikke: van lewendige energie in die strate tot die vreugde op mense se gesigte, en die saamkuier wat hierdie Fees so besonders maak. Dit was vir ons ’n voorreg om deel te wees van iets wat gemeenskappe bymekaar bring en herinneringe skep wat nog lank sal hou.
Dankie aan elke kunstenaar, besoeker, organiseerder en spanlid wat hierdie Fees moontlik gemaak het. En ’n spesiale dankie dat ons saam met julle kon fees vier — veilig, trots en met hart.
Tot volgende keer… 🎉