24/04/2026
Boere - In hierdie tyd van Enorme Verlies, Julle is Nie Alleen Nie.
Die huidige uitbreking van bek-en-klouseer plaas geweldige druk op ons land se boere—emosioneel, finansieel en geestelik. Agter elke plaas is ’n familie, ’n toekoms, en ’n mens wat swaar dra.
Ons sien die stilte.
Ons sien die stryd.
En ons weet hoe dit voel as mens geen uitweg sien nie.
Daarom bied Lourens Janse van Rensburg GRATIS lewens afrigtingsessies aan vir 10 boere en hul gesinne wat tans deur hierdie verwoestende tyd gaan en sukkel om emosioneel by te bly.
Hierdie sessies is aanlyn en skep ’n veilige ruimte om:
• Jou las te deel
• Perspektief te kry
• Weer innerlike krag te vind
• Praktiese ondersteuning te ontvang
📩 Indien jy of iemand wat jy ken ondersteuning nodig het, neem asseblief kontak op om een van hierdie gratis sessies te bespreek.
Reik uit. Praat. Daar is hoop en hulp.
Kontak Lourens
+27 83 446 7468
[email protected]