23/08/2026
BESIGHEIDSEIENAARS IN PARYS EN OMGEWING – HIERDIE IS BELANGRIK!
Die afgelope tyd het verskeie staatsdepartemente besighede in die Parys-omgewing besoek, soos ons as belastingbetalers, dit van hulle verwag. Party besighede het kennisgewings ontvang om aan vereistes te voldoen, ander het selfs verbodsbevel (prohibition Notices/ orders) ontvang, en in sommige gevalle is besighede gesluit weens nie-nakoming van vereistes (non-compliance).
Moenie wag totdat ’n inspekteur by jou besigheid opdaag voordat jy uitvind of alles in orde is nie!
’n Besigheid kan by CIPC geregistreer wees, maar dit beteken nie noodwendig dat die onderneming aan al die wetlike, belasting-, munisipale en ander toepaslike vereistes voldoen nie.
INVICTA BUSINESS GROUP KAN HELP!
Ons help klein en mediumgrootte besighede om hul dokumentasie, registrasies en regulatoriese vereistes na te gaan en waar nodig op datum te bring.
ONS KAN JOU HELP MET:
CIPC & BESIGHEIDSNAKOMING (Compliance)
* CIPC-registrasies en veranderings
* Jaarlikse opgawes en CIPC-nakoming
* Maatskappy-herinstelling waar van toepassing
* B-BBEE-dokumentasie en sertifikate
*Besigheidsdokumentasie en kontrakte
SARS & WERKNEMERREGISTRASIES
* SARS-registrasies
*Belastingnakomingstatus
*PAYE-registrasie
* UIF-registrasie
*SDL-registrasie
* SARS-profiel- en eFiling-bystand
* Belastingopgawes en ander SARS-dienste
MUNISIPALE & BEDRYFSVEREISTES
* Hulp met munisipale vereistes
* Certificate of Acceptability / Gesondheidsertifikate waar van toepassing
* Dranklisensie-aansoeke
* Hulp om vas te stel watter vereistes op jou spesifieke tipe besigheid van toepassing is
MOENIE WAG TOT JY BEBOET WORD NIE!
’n Kennisgewing, boete of verbodsbevel kan jou besigheid se bedrywighede ernstig ontwrig.
Laat ons eerder vooraf saam met jou kyk of jou besigheid se sake in orde is.
Vra ons vandag oor ’n nakomingskontrole(compliance control).
INVICTA BUSINESS GROUP (PTY) LTD
Klein besigheidskonsultante
Sovea by 0661299652 of Nickey by 0608247767 of epos [email protected]