08/12/2025
*SWARTLAND KORINGBEDRYF*
Die koringbedryf gaan tans deur n baie moeilike fase. Dit is reeds die afgelope jare moeilik maar meer spesifiek die impak van die laaste twee jaar.
Verskeie faktore wat tot hiertoe bygedra het was onder andere:
1. Prys
2. Klimaat
3. Variasie in opbrengs
4. Graad probleme
Bogenoemde ten opsigte van kontantvloei/Inkomste.
Teen huidige mark pryse vir koring kan geen produsent voortbestaan in die volgende jare wat kom nie. Die regering moet drasties ingryp en verwys na Minister van Landbou. Oor die jare is daar baie samesprekings gehou met verskeie rolspelers, ongelukkig bly dit by praat. Die produsente wil nou "aksie" sien. Kan ons nog so n jaar oorleef, eenvoudig NEE. Ek werk jare reeds met produsente en kan sien hoe moeiliker dit gaan jaar na jaar. Die herstel periode het verskuif na tussen 4 tot 5 jaar. Invoere moet beter beheer word, daar sal ook daadwerklik na ons produsente gekyk word om genoeg voedsel te produseer aangesien voedsel sekerheid belangrik is. Die huidige situasie kan lei tot verdere werksverlies, verarming asook swakker bydrae tot die ekonomie. Dit plaas ook geweldige druk op uitbreidings in ondernemings. Die effek is baie meer as wat hier genoem word. Is tyd dat die organisasies meer betrokke raak op grondvlak.
Dit is nou tyd vir aksie, nie volgende jaar nie, nou, genoeg gepraat.
(Neem kennis dat bogenoemde my waarneming is en geen aanspreeklikheid aavaar vir enige verliese hetsy ook van watter aard)