13/07/2026
🔗 Read this week’s featured fiduciary articles:
https://www.dontroconsult.co.za/articlesofinterest
• Rapport: Geluk met die nuwe baba, ek hoop jy het ’n spaarplan - 2026/07/12
Die heel eerste ding om te doen met ’n nuwe baba in die huis is om jul testamente aan te pas, sê Nico van Gijsen in hierdie week se Rapport. Hy beklemtoon dat nuwe ouers hul boedelbeplanning, begunstigdes en finansiële voorsiening dringend moet hersien om minderjarige kinders te beskerm.
Nico beveel ’n testamentêre trust aan weens die belastingvoordele en waarsku dat lewens- en spaarpolisse só gestruktureer moet word dat die geld uitsluitlik tot voordeel van die kinders aangewend word indien ouers sou sterf of ongeskik raak.
• IOL: The impact of SARS’s trust penalty write-off on compliance - 2026/07/08
Writing in IOL Personal Finance, Phia van der Spuy says SARS’s recent decision to reverse more than R70 million in trust penalties was legally necessary because final demand letters were issued before the enabling legislation took effect. However, she warns trustees should not mistake the write-off for a softening of SARS’s stance, as new, legally compliant demand letters will be issued.
Phia urges trustees to submit all outstanding returns, stressing that SARS is intensifying its focus on trust compliance and can hold trustees personally liable in certain circumstances.
• Rapport: Jy moet klou aan jou oudag se geld - 2026/07/05
In hierdie week se Rapport waarsku Nico van Gijsen dat dit, hoe goed bedoel ook al, selde wys is om jou geld reeds gedurende jou leeftyd aan jou kinders oor te dra. Hy sê mense moet eerder “hou eers vas aan jou geld”, omdat niemand weet watter gesondheids- of versorgingskoste nog voorlê nie.
Nico wys ook op die impak van kapitaalwinsbelasting en skenkingsbelasting, terwyl geskenkte bates blootgestel kan wees aan egskeidings of ’n kind se afsterwe. Om genoeg spaargeld te behou, bied groter finansiële sekerheid en onafhanklikheid in jou oudag.