27/08/2026
Win one of our Amazing Hydration bottles!!!
🌸 DAMESOGGEND 🌸
Saterdag, 17 Oktober 2026
Damesoggend saam met Lindie Strydom
Hoërskool Porterville Skoolsaal
R200 p/persoon
Wie is Lindie?
Lindie Strydom is ‘n lief-vir-die-Here en bietjie-van-alles-mens wat as motiveringspreker en skrywer haar passie vir haar gesin, geloof en gemeenskap deel.
Haar kleintyd-droom om eendag in Suid-Afrika se heel eerste sepie, Egoli te speel, het sommer vars uit die skoolbanke in 1997 waar geword. Daarna ontdek en vertolk sy ook ander rolle soos dié van aanbieder, bemarker en projekbestuurder, met ‘n deurlopende hart vir onderwys en leierskapontwikkeling.
Lindie is na 17 jaar terug op die kassie in die gewilde kykNET-sepie, Suidooster. Sy het al drie boeke geskryf en lewer gereelde inspirasie bydraes vir platforms soos GROOTfm en LiG-tydskrif. Sy en haar man, Johann is al 24 jaar getroud en die trotste ouers van Paul (21), en ‘n tweeling, Hugo en Nina (19).
Kaartjies beskikbaar by HSP Ontvangs!