09/06/2020
HIer Volg 'n Paar Oulike Boererate
Huisvrou Se Kreawitei)
LAE BLOEDDRUK
• Eet licorice, Suurlemoen met sout, Rou beet gerasper, Drink milstout bier, Lennon se Witdulsies
LANGER LEWE
• Green tea
LEWERONTSTEKING
• Eet licorice, 1 eetl Engelse sout in water, 1 Suurlemoen in louwarm water op nugter maag, eet 2 tl olyfolie en ½ tl Rooipeper in louwarm water 2-3 keer ‘n dag
LEWER
• Eet meer broccoli, blomkool en kool – dit stimuleer die lewer (mense wat baie drink kan dit probeer)
• Eet pomelos – die maak die lewer skoon, seldery en aspersies – dis ’n lewertonikum en licorice
LIDDORINGS
• Kry pleisters met gatjie in die middel – koop Krokasalf en smeer dik op aangetaste deel – sit pleistertjie op en maak toe met gewone pleister – los oornag. Die gedeelte sal heeltemal dood wees – krap nou mooi gelyk met skerp messie. Indien nog steeds seer – herhaal proses. (My skoonpa se probleme is op ’n einde) MOET NIE GEBRUIK AS JY ’N DIABEET IS NIE
LIMFKLIERE SKOONHOU
• Drink ’n halwe suurlemoen in louwarm water 3 x per dag
LIPPE
• Afskilfer – sit pertroleumjellie aan en borsel saggies met ou tandeborsel
LONGKWALE
• Eet baie appels, uie, tea, broccoli, druiwe, cocoa, vis, skorsies, tamaties, pomelos (versterk asemhalingsorgane) en licorice
• Drink rooiwyn (slegs 1 ’n dag) of rooi druiwesap
LUSTELOOSHEID
• Eet Rooi voedselsoorte: Rooi appels, Tamaties, Pomelo’s, Waatlemoen
• Eet aspersies, bananas vir energie
• Drink groetee
• Vryf oorlobbe
MAAGKWALE
• Eet piesangs
• Vat sewe heel swartkorrels. Drink 1ste dag 3, 2de dag 4 ens. tot 7 klaar is. Los vir ’n week en begin weer.
• Sluk 1 rou eier elke oggend op leë maag – kan in melk gedrink word met vanielje geursel
• Eet licorice en Drink komkommersap
MAAGKRAMPE
• 1 x 2 liter water gemeng met 2 eetl Heuning met 1 eetl kaneelpoeier, sit in yskas en drink gereeld - genees maagpyn en maagswere en winde
• 1 x 2 liter water gemeng met 1 eetl gemmer, sit in yskas en drink gereeld
• Pietersielie by geregte (maagkrampe en slegte spysvertering)
• Gewoonlik werk dit as jy toilet toe gaan en sit tot dinge gebeur.
• Lennon se Wonderkroonessens (Uitstekend), Balsem Vita Wit, Peppermintdruppels
MAAGSERE
• Neem klein blikkie Zamboksalf en deel in 4 dele – rol in bolletjies en rol in icingsugar – sluk elke oggend op nugter maag en as dit baie erg is voor slapenstyd weer
• Drink 3 druppels Fryers Balsem of staaldruppels op 1tl suiker
• Yogurt 2-3 x per dag vir ’n paar weke lank
• Eet baie piesangs, pomelos, licorice en drink komkommersap of eet komkommers
• 1 x 2 liter water gemeng met 2 eetl heuning en 1 eetl kaneel, sit in yskas en drink gereeld - genees maagpyn en maagswere
• Drink elke dag ’n rou eier geklits (dit gee ’n voering in die maag) – kan met melk drink ens
• Drink ‘n ½ suurlemoen in louwarmwater 10 minute na etes
• Maagsweer wat bloei – Neem 30 violet blaartjies (nie african violets nie), kook in 450ml water, laat afkoel, dreineer en hou in bottel in yskas en drink 2tl vol elke oggend (kan dit nie bevestig nie – jammer)
• Drink gereeld Cranberry juice
MAANDSTONDES
• Neem ysterpille of (eet baie vleis, groen blaargroentes, eiers, bloubessies, olierige vis, neute, lentils) en Vit C (lemoene, suurlemoene, kiwi’s, pomelo’s) in,
MALARIA
• Nie 1 pil is 100% doeltreffend nie
• Slaap onder muskietnette wat met insekdoder behandel is
• Hou kinders skemer binne
• Dra langmouhemde en broeke, sokkies en skoene van na skemer af
• Smeer insekserende middels aan lyf wat uitsteek
• Gaasnette voor deure en vensters
• Waaier of lugreëling
• Brand spirale ens.
• Kinders onder 5 en swanger vroue moet liefs nie sulke areas besoek nie
• Gooi bloekomblare in vuur – hou muskiete weg
MANGELONTSTEKING
• Meng rooipoeier (NIE rooipeper nie)met aluinpoeier maak fyn en smeer aan mangels 3 x per dag
MASELS (Aansteeklik)
Simptome: Nies, loopneus, oë water, gevoelig vir helder lig, koors, hees, droë hoes – hou stil in donkerkamer – bevogtig die lug om hoes te verlig
• Meng suurlemoen met heuning in warm water en gee om te drink
MELKKOORS
• Pak koue koolblare op en hou dit in die bra en slaap daarmee – dit stink, ja!
MENOPOUSE
• Gebruik die kruid Swart slangwortel (black cohosh) (Apteek of gesondheidswinkel)
• Eet licorice, Soya, Magnesium, Kalsium en drink heuningbostee
MIDDELOORONTSTEKING
• Maak knoffel fyn en sit binne-in wattetjie – sit in oor
• 3 Druppels louwarm oordruppels, Lê met oor op warmwatersak
MIGRAINE
• Drink magnesiumpille en ’n kwart tl gemmer in water elke 2 ure (Groenblaargroentes, sonneblom en pampoensaad, melk, all bran, bakbone, pasta en lentils)
• Gebruik die kruie “Koorskruid” of koorskruidtinktuur – dit verlig pyn, naarheid, braking en ligsensitiwiteit
• Meng ’n bietjie mosterd en asyn en sit dit tussen twee lappies en plaas dit op voorkop.
• Drink baie water
MOEG EN BEDRUK
• As jy konstant moeg is, laat jou toets vir glandular fever, anemia, diabetes, onderaktiewe tyroied
• Kan wees van ’n onderaktiewe skildklier – jou vel is vaal, droog en voel koud, jou arms en bene swel, jou spiere pyn en jy voel depressief
• Of dit kan wees omdat jy aan bloedarmoede ly – neem Lennon se Staaldruppels of ysterpille of hoenderlewer of eet vleis, groen blaargroente, neute, olierige vis
• Jy het dalk Rumatoiede Artritis (sien rumatiek en Artritis)
• Drink ‘n Sjokolade melk skommel of drankie
• 1 Hardgekookte eier eet
• Eet pomelos, lemoene, suurlemoene, kiwi’s, 1 hardgekookte eier, artappels en rys, mielies en piesangs
MONDSERE
• Krake, sere in die hoekies ( Eet avokadopere of suurlemoen skyfie)
Jy kort Vit 12 (riboflavin)