04/09/2019
Een van jou getrouste bondgenote op n skaapplaas is jou Anatoliese Herdershond. Hierdie diere kom oorspronklik uit Turkye. Dit is belangrik dat daar van jongs af n goeie band gevestig word tussen jou hond en die skaaptrop. In ons program van 5 September gesels ons met Wilna Boshoff-Strauss van Hartland boerdery oor hierdie herdershonde.
Sy verduidelik dat goeie opleiding belangrik is en dat die hondjies van jongs af tussen die skape moet wees. Sorg dat jou honde goeie kos kry en moenie vir hul rou vleis gee nie.
Daar is n paar ander moets en moenies wat Wilna bespreek.
Adriaan Conradie is Landbou Ontwikkeling Spesialis by die Departement Landbou in die Wes-Kaap. Hy praat oor Wêreldvoedsel dag wat op 16 Oktober plaasvind. Daar is n hele paar projekte waarmee hulle besig is, onder andere om huistuine aan te lê by skole.
Dr Arno Moore is Besturende Direkteur by BISA. Die somer is om die draai en dit is dan wanneer vlieë lastig raak. Dit is nou tyd om voorsorgmaatreëls te tref om vlieë te beheer op jou plaas.
Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud. Groetnis:)