Christine Photography

Christine Photography Hello! My name is Christine and I love Photography. Photography is an art in so many ways and I will create and mix up our world to create one you wish.

I have my Diploma in Photography that I got from TUT and am now busy with my Degree doing Conceptual Photography. The thing about photography I love the most is that it gives every person a chance to create this world where time is frozen and memories lasts forever in a single snap, always your to cherish and remember. Phone me or inbox me for any details you need on booking your day of fantasy photography, and make your dreams a reality.

Ons het so bietjie almal se "nie-so-mooi-kant" afgeneem vir wêreld-fotografiedag by GROOTfm 90.5
19/08/2020

Ons het so bietjie almal se "nie-so-mooi-kant" afgeneem vir wêreld-fotografiedag by GROOTfm 90.5

So pak ons weer die jaar se Jou Mense My Mense aan. So spesiaal in die baie hartseer.
12/02/2020

So pak ons weer die jaar se Jou Mense My Mense aan. So spesiaal in die baie hartseer.

Calista Sellar is in haar Graad 3 jaar, Oktober 2014, met Fanconi Anemia gediagnoseer – ‘n baie raar genetiese kondisie wat die beenmurg affekteer en so die vervaardiging van alle soorte bloedselle in die liggaam. Sy moes elke 4 tot 6 maande vir bloedtoetse gaan om haar plaatjietelling te monitor en dan ook elke 12-18 maande vir ‘n beenmurgbiopsie.

Calista was redelik stabiel tot Mei 2019 toe haar plaatjietelling gedaal het tot nul. Haar beenmurg was heeltemal uitgeput. Die mediesefonds het aangebied om Calista se ouer broer, Joshua te toets as beenmurgskenker en wonderbaarlik was hy ‘n 100% geskikte skenker. Kort na haar laaste vraestel in November is sy opgeneem vir ‘n week se chemo en toe die oorplanting op 4 Desember 2019.

Sy was 8 weke lank in die hospitaal. Het selfs haar 15de verjaarsdag daar gevier. Ons GROOTfm span het saam met haar Hoërskool Centurion maats gekonkel om vir ons eerste JouMenseMyMense projek vir die jaar vir Calista te gaan verras. Die video van die Graad 9 groep was opgeneem, stemboodskappe van haar vriende en toe, na eintlik so ‘n lang stryd en tog op die ou end so skielik, is Calista op 22 Januarie oorlede.

Ons het gevoel dat ons steeds haar lewe wil herdenk… En sonder dat ons gevra het, het haar ouers, Lydia en Dominique gesê dat hulle ook graag met ons sal wil gesels.

Na ‘n baie emosionele gesprek kon ons vir die gesin ‘n bydrae maak ten opsigte van die uitstaande mediese kostes, ‘n geskenkkaart gee van 𝗦𝗣𝗔𝗥 asook ‘n gebedskussing as ‘n tasbare stukkie liefde en troos wat kan agterbly met die woorde van Psalm 91 – “U is my toevlug en veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”

https://www.backabuddy.co.za/champion/project/calista-sellar

Luister weer hier: https://iono.fm/e/814895

 , Ek lief die lewe agter die lens wat oomblikke soos die vasvang.
15/11/2019

, Ek lief die lewe agter die lens wat oomblikke soos die vasvang.

Danielle Burger moes leer veg van haar eerste asemteug. Sy is gebore te midde van soveel komplikasies en mense wat eintlik daar al wou opgee op haar… Sy het bitter swaar gekry op skool met kinders wat haar gespot het. Sy het nie voortande gehad nie, skoliose het haar rug krom getrek en haar groei beperk met werwels wat nie almal ontwikkel het nie. In 2017 beleef hierdie stil-sterk dogter ‘n groot terugslag toe haar pa skielik sterf en oornag verander hierdie gesin se hele lewe. Danielle se ma, Sunette verloor boonop haar werk in dieselfde tyd.

Hulle sukkel steeds om die huis verkoop te kry om dit na 23 jaar nie net te verloor nie. Danielle het al 2 neusoperasies gehad hierdie jaar en as haar matriekeindeksamen net eers agter die rug is, lê daar vir haar nog ‘n groot rekonstruksie operasie voor. Haar ma kry steeds nie werk nie, maar moed opgee en gaan lê was net nog nooit vir hulle gesin ‘n opsies nie. Danielle het byvoorbeeld haar spaargeld gebruik om vir haarself ‘n rok te kon koop vir haar matriekafskeid en dis waar ons haar die eerste keer ontmoet het. Ons kon haar by Stephnie’s in Lynnwood Bridge verras met ‘n bydrae vir haar matriekafskeid.

Vir hierdie verrassing het ons weer ‘n afspraak gereel by Stephnie’s vir wat Danielle en haar ma ged**k het sommer net ‘n gesprek sou wees om te hoor hoe haar matriekafskeid was... Ons het egter geweet daar is nog ‘n hekkie om te oorkom – die finansies wat nodig is vir Danielle se droom om onderwys en Sielkunde te gaan studeer. Ons het begin gesels oor hoe haar planne vir volgende jaar vorder en toe het ‘n hele span kollegas van GROOTfm 90.5 saam met ons vriende van Vision Properties een vir een om die hoek gekom met ‘n bossie blomme of sjokolade in die hand voor Engela Wissing van Vision Properties die goeie nuus met Danielle gedeel het dat hulle vir haar ‘n beurs ter waarde van R30 000 gee!

‘n GROOTfm 90.5 dankie vir Stephnie’s se bederf en hierdie HOOPstoot van Vision Properties vir ons “Juffrou Danielle Burger” oor wie se toekoms ons sommer baie opgewonde is!

30/10/2019

Toe Alida (46) saam met haar kollega by die huis waar sy ‘n buitekamer huur, stop, het sy dadelik die gesigte van die GROOTfm span wat op die sypaadjie vir haar wag, herken. Sy bly eers ‘n rukkie in die kar sit en dan loop die trane soos sy uitklim en nog een van haar kollegas sien nader stap.

“Hulle het vir my ‘n kans gegee,” sê Alida dankbaar van hierdie twee mense saam met wie sy die laaste 3 maande werk. En hulle het nie net haar kollegas geword nie, maar ‘n ondersteunende familie wat graag wil sien dat sy weer op haar voete kom.

Alida was 12 jaar lank verloof aan die pa van haar 10-jarige dogtertjie. Toe hulle verhouding verbrokkel weens finansiële omstandighede het hulle saam besluit dat die dogtertjie by haar pa sal bly. “Sy was gelukkig in die skool en haar pa het ‘n kar, huis en salaris gehad om vir haar te kan sorg. Ons was nie getroud nie so ek kon niks van hom vra nie. Ek het uitgestap met die klere aan my lyf, ‘n paar borde en ‘n pan.” Alida het by haar ma (70) in ‘n karavaan naby Hartebeespoort gaan bly.

Sy het ook ‘n seun (21) wat geweldig sukkel met sy emosionele gesondheid. Hy het ondere andere maniese depressie en was tot ‘n maand gelede vir 6 maande lank vir spesiale behandeling.

Alida het besluit om nader te trek aan waar haar dogtertjie is. “Ek kan nie vir iemand die pyn beskryf nie. Ek mis uit op soveel dinge! Ek het haar nie gelos nie. Ek kon haar net nie wegvat van haar skool en maatjies nie.”

Alida en haar seun bly tans in hierdie buitekamer met ‘n stort en toilet, twee-plaat stofie en een pot. Ons sien die dun matrassie op die grond toe ons die kruideniersware van SPAR vir haar help indra. Almal kry oor en oor ‘n dankie-drukkie. “Ek betaal nog af aan die deposito en probeer steeds my ma ook help, so kos gewys het ek nie veel gehad nie...” Omdat sy nie ‘n yskas het nie en dag vir dag kos moet koop, werk dit haar ook duurder uit. Sy loop kafee toe om melk te koop, maar die volgende dag is dit af.

Die ekstra verrassing word aanvanklik eers weggesteek in Anton Smit se kombi. Hy is die voorsitter van Helpende Hand se Centurion-tak en ook saam met sy vrou aan die stuur van die “Ons Winkel” op Bothalaan in Centurion. Die verskillende “Ons Winkel” takke van Helpende Hand versprei skenkings na onder andere behoeftige skole en tehuise, maar vandag is hulle die borg van ‘n klein yskas wat perfek in Alida se buitekamer pas.

Sy is meer as net dankbaar. Sy is opgewonde en gemotiveerd. “Ek wil myself terugkry... Vir myself en my kinders! Elke dag is ‘n nuwe dag wat die Here ons gee en ek wil dinge beter maak in my lewe sodat ek in staat kan wees om ook meer tyd met my dogtertjie te kan hê. Ek wil ook eendag hierdie vir iemand kan doen. En ek d**k ek is amper daar...”

15/10/2019

Die oogspesialis, Dr. Marcel Niemandt poog om elke jaar (reeds die afgelope 9 jaar) tydens “Eye Care Awareness Week” vir behoeftige persone die geskenk van sig te gee met gratis katarakchirugie. ‘n Groot geskenk met ‘n operasie wat ongeveer R25 000 per oog beloop.

Vir hierdie jaar se “geskenke” ter waarde van altesaam R1 125 000 het die identifisering van pasiënte reeds in April begin met organisasies soos Helpende Hand, Helplift en Operation Healing Hands wat gehelp het om die regte persone te identifiseer. Die kriteria is onder andere lae inkomste en geen mediesefonds nie en die persoon moes al aansoek gedoen het by die staat. Daar was meer as 100 aansoeke waarvan 45 pasiënte tussen Maandag 14 en Dinsdag 15 Oktober geopereer word. Van ‘n “Gogo” wat hierdie jaar ‘n 100 word tot mense wat ekstra werk moes doen net om die petrolgeld bymekaar te kry om vir die oogondersoek te kon kom. Dr Niemandt gee sy tyd en Intercare Hazeldean borg die teatertyd.

Elke pasiënt het ‘n storie…

“Strooptyd is om die draai hier by ons in die Vrystaat. Een van ons werkers, Kapok is maar 36 jaar oud en het geen meer sig in beide sy oë nie. Kapok is een van ons beeswagters wat so getrou werk, altyd bereid om ‘n ekstra myl te loop en jy kan net d**k hoe dit vir hom moet wees om nie meer elke dag in die natuur te kan wees soos hy gewoond is sy lewe lank nie.”

“Die Bela-Bela provinsiale hospitaal het vir Ann Susan gesê hulle kan haar eers help wanneer sy bykans blind is. Sy doen naaldwerk om haar staatspensioen aan te vul, maar kan nie meer die garing deur die naald kry nie en kan ook nie meer bestuur nie as gevolg van haar swak visie.”

“Oom Danie het sy eie besigheid gehad, maar met die veranderinge in die land moes hy toemaak. Hulle kon ‘n rukkie oorleef op die geld van die besigheid, maar na ‘n wyle was dit uitgeput. Hy het ander werk probeer kry, maar omdat hy skaars kon sien, was dit moeilik. Vyf jaar gelede was hy by ‘n staatshospitaal om uit te vind of hulle hom kan help met katarak-chirurgie. Tydens die ondersoek het hy ‘n virus in sy oë opgedoen, wat onuithoudbare pyn veroorsaak het en daarna het sy oë baie vinnig agteruit gegaan. Hy was toe te bang om weer terug te gaan staatshospitaal toe.

Oom Danie en sy vrou het geen heenkome gehad nie tot ‘n vroutjie in Parys wat haar man verloor het en self koekies bak vir ‘n inkomste, hulle ingeneem het. Dis ‘n 35km grondpad in dorp toe en Oom Danie kan nie sien nie, so sy vrou wat met tye epileptiese aanvalle kry en ook nie ‘n bestuurslisensie het nie, moes die pad aandurf om hom in Pretoria te kry.”

Danksy ons vriende van SPAR kon ons vir Oom Danie en sy vrou ‘n SPAR geskenkkaart gee en ‘n finansiële bydrae maak vir die rit terug huis toe.

Die geskenk van Dr. Niemandt en Intercare is soveel meer as net sig. Dis die geskenk van werk en ekstra inkomste, van trots om weer self te kan sorg en voorsien. Die geskenk van vryheid om te kan beweeg en die natuur weer te geniet en die geskenk van ‘n stukkie herwinde onafhanklikheid…

18/09/2019

Die skuifdeur na Marius van Dyk (62) se huis agter die petrolstasie waar hy die afgelope 12 jaar as bestuurder van die karwas en sleepwaens gewerk het, staan oop toe ons daar aankom. Asof mens sommer enige tyd welkom is. Sy kollegas en ook van sy oud-kollegas wat help dra aan die sakke kruideniersware stap in en lyk tuis hier waar hulle vriend op die bank sit. “Ons was die 3 M’e,” vertel Marius as hy ons voorstel aan Martin en Madiba. Annemarie, die eienaar Johan Botha en Piet is ook daar. Piet was eintlik nog altyd daar - werk al 25 jaar by die petrolstasie.

Marius is so 3 jaar gelede met hartversaking gediagnoseer. Hy het oor ‘n tydperk geleidelik verswak tot waar hy nou fase 4 is en toe hy onlangs in ‘n ernstige toestand in Steve Biko hospitaal opgeneem is, het een van sy oud-kollegas vir ons ‘n briefie gestuur om te hoor of ons nie iets vir hierdie “ware staatmaker en mentor” kan doen nie.

Marius moes ophou werk as gevolg van sy gesondheid en is permanent op suurstof. Sy seun, Jeandré (20) werk ook al van net na matriek saam met hom by die karwas. Skielik moet hulle op een salaris van R3500 per maand en die SASSA pensioen uitkom met baie bekommernis en vrae oor of hulle nog hier sal kan aanbly en hoe hulle die somme sal laat klop.

Ons self het nie antwoorde of ‘n vinnige oplossing vir Marius en sy seun nie, maar wou saam met sy mense vir hom wys dat “familie” nie net in die goeie tye bymekaar staan nie. Marius se gunsteling Afrikaanse sanger, Ray Dylan, het vir hom een van sy nuwe CD’s, “Country Vibes” beloof en later ook ‘n mooi stemboodskap vir hom gestuur en danksy ons vriende van SPAR kon ons ‘n gebaar van omgee en tasbare dankie vir soveel jare se diensbaarheid in die kombuis uitpak.

10/09/2019


Sy wou ons eers by die baksteenhuis op die erf in Pretoria-Wes invat sodat ons daar kan gesels. "Julle sal sien ek het niks in my wendyhuisie nie… En dit raak warm.” Maar dis daar op die vloer van *Jackie se “dak oor haar kop” wat sy haar storie vir ons vertel van ‘n gebroke huis en gebroke verhoudings, alkoholisme, dwelmhandel en -verslawing, ontvoering en verkragting, mishandeling, misbruik en ‘n miskraam, prostitusie en godsdiens, haar HIV status en lewe op straat en haar swerf van rehab en shelter tot waar sy vandag hier is – eerder arm en honger, maar skoon vir die laaste 6 jaar.

Dis *Wilma se briefie wat ons tot hier gebring het: “My mamma hart breek as ek sien hoe hard sy probeer en hoe alleen sy is.”

Wilma is nie direkte familie van Jackie nie, maar wel die afgelope 6 jaar die pleegmamma van Jackie se 2 dogtertjies. Toe ons Maandag met haar oor die foon praat het sy verskoning gevra omdat sy nog in die bed was. “Maandae, Woensdae en Vrydae is chemo-pil dag.” Wilma is 11 jaar gelede die eerste keer met kanker gediagnoseer. Sy leef dag vir dag en wanneer haar krag genoeg is bak sy vir ‘n ekstra inkomste. Sy kan nie meer werk nie as gevolg van haar gesondheid en haar man is ‘n ambagsman.

Jackie is 7 jaar gelede deur ‘n groep mans ontvoer en vir 2 weke lank in ‘n veiligheidskompleks aangehou. Wilma het saam met die polisie gewerk tot hulle haar opgespoor het. “Hulle het die geweer gelaai en teen my kop gehou. Ek weet nie hoekom het hy nie afgegaan nie, maar ek sou nie geleef het as dit nie vir Tannie Wilma was nie,” vertel Jackie. Haar jongste dogtertjie was maar 18 maande oud en dis toe wat die twee kinders by Wilma en haar man gaan bly het. Wilma het Jackie belowe sy sal hulle nooit ooit los nie en tot vandag toe sorg sy sover as wat sy kan – nie net vir die dogtertjies nie, maar ook om seker te maak dat Jackie weer op haar voete kan kom.

“Jy vra my waar alles skeefgeloop het in my lewe, ek sal jou nie kan antwoord nie,” sê Jackie. “Maar dalk kan ek eendag vir jou sê waar alles reggekom het…”

Soos ons met Wilma se mamma-hart wat duisende kilometers ver sit, die kruideniersware, toiletware en vitamiene van SPAR in Jackie se wendyhuisie indra saam met die sakkie grimering wat Wilma so graag vir haar wou gee, hoop ons dat hierdie oomblik eendag deel sal wees van Jackie se “toe dinge reggekom het” storie...



Fotos: Christine Henrico

Dinsdag, Jou Mense my Mense-Dag.
03/09/2019

Dinsdag, Jou Mense my Mense-Dag.

Vanoggend kon ons span ‘n vrou gaan verras wie beide haar ouers tot op die einde versorg het en wie se familie op ‘n manier vir haar waardering wou wys vir al haar opoffering...

Lizette Hamer se ma is in April 2016 met aggressiewe longkanker gediagnoseer. Die tannie moes ‘n kombinasie van chemo- en radiasieterapie kry en haar versorging - veral die bestuur van haar pyn as gevolg van die gevorderde kanker - het oornag ‘n voltydse werk en verantwoordelikheid vir Lizette geword - wat nie in daardie stadium gewerk het nie en namens die familie na haar ma kon omsien. Haar pa was eintlik ook baie siek met emfiseem.

Die tannie was in en uit die hospitaal en permanent op ‘n suurstofmasjien tot sy later niks meer vir haarself kon doen nie. Deur die dag het Lizette haar ma én pa versorg, die huis skoongemaak en wasgoed gewas, spesiale kos gekook volgens elkeen se behoeftes en in die aand, met min tot geen slaap, het sy ook haar eie huis met 12 mense versorg - onder andere haar kleinkinders wat sy grootmaak.

Die laaste 2 weke voor die tannie se dood het die onkoloog vir hulle familie gesê hulle moet elke oggend waardeer wat sy nog wakker word en Lizette was daar vir elkeen van daardie oggende tot die tannie op die aand van 16 September in haar man se arms oorlede is. Hulle was 53 jaar getroud.

Dit was geweldig traumaties vir die oom, maar die jaar en ‘n half tydperk van intense versorging tot op die heel laaste, het selfs ‘n groter impak op Lizette gehad. Sy het drasties gewig verloor. Na die begrafnis het Lizette steeds na haar siek pa omgesien en die huistake verrig tot die oom, skaars 10 maande na die tannie, ook oorlede is…

Lizette se sus het vir ons ‘n briefie gestuur: “Lizette glimlag altyd, maar toe ek vandag met haar praat en hoor haar stem is weg sonder dat sy siek is, het ek geweet sy trek swaar… Sy bekommer oor hoe sy vir haar eie mense sal sorg. My pa het hulle elke maand gehelp en nou is hy weg. Ek wens ek kan net een dag haar koskaste vir haar vol pak en namens ons familie wys hoe dankbaar ons is vir alles wat sy vir ons ouers gedoen en ook opgeoffer het…”

Danksy ons vriende van SPAR kon ons Lizette se koskaste vir haar vol pak en ook vir haar ‘n gebedskussing gee sodat hierdie sussies en familie se wedersydse waardering en liefde vir mekaar altyd ‘n tasbare herinnering ook sal hê...



Fotos: Christine Henrico

Wat 'n voorreg en plesier was dit nou nie om saam met Maroela Media en Mariné Lourens in hierdie bittersoet oomblik te k...
30/08/2019

Wat 'n voorreg en plesier was dit nou nie om saam met Maroela Media en Mariné Lourens in hierdie bittersoet oomblik te kon deel saam met die Gardiner Vaughan Gardiner gesin.
Sterkte met julle nuwe en baie mooi avontuur wat op julle wag.

.

“Ons het net ged**k hier is te veel besluite om te neem, ons gaan dit aan die Here oorlaat.” En alles het net wonderbaarlik reg in plek geval.

'n Lekker   op 'n   is die perfekte afsluiting vir die week en die perfekte begin vir 'n naweek.
30/08/2019

'n Lekker op 'n is die perfekte afsluiting vir die week en die perfekte begin vir 'n naweek.

Vanoggend het ons span ‘n matriekdogter van Hoërskool Menlopark en haar ma by Stephnie’s in Lynnwood Bridge gaan verras.

Danielle Burger moes leer veg van haar eerste asemteug. Sy is gebore te midde van soveel komplikasies en mense wat eintlik daar al wou opgee op haar… Sy het bitter swaar gekry op skool met kinders wat haar gespot het. Sy het nie voortande gehad nie, skoliose het haar rug krom getrek en haar groei beperk met werwels wat nie almal ontwikkel het nie. In 2017 beleef hierdie stil-sterk dogter ‘n groot terugslag toe haar pa skielik sterf en oornag verander hierdie gesin se hele lewe. Danielle se ma, Sunette verloor boonop haar werk in dieselfde tyd.

Hulle sukkel steeds om die huis verkoop te kry om dit nie te verloor na 23 jaar nie, Danielle moes al 2 neusoperasies gehad het hierdie jaar en as die eindeksamen net eers agter die rug is, lê daar vir haar nog ‘n groot rekonstruksie operasie voor. Haar ma kry steeds nie werk nie, maar moed opgee en gaan lê was net nog nooit vir Danielle ‘n opsies nie. Sy het planne om volgende jaar onderwys te studeer met Sielkunde en soos enige ander matriekmeisie droom sy van ‘n mooi matriekafskeid.

Die briefie wat ons oog gevang het, vertel hoe Danielle al haar spaargeld van oor die jare onttrek het om vir haarself ‘n rok te kon koop en ons hoor ‘n ma se hart wat breek omdat sy net nie in staat was om dit vir haar kind te doen nie. “Net ‘n handsakkie, naels en hare,” vertel ma Sunette toe ons vra wat Danielle nog kort.

Ons spreek met Sunette af om haar en Danielle by Stephnie’s te ontmoet. Ons het nie eers besef die laaste keer wat Sunette hier geeet het, was 2 jaar terug voor haar man se dood nie. Ma en dogter drink koffie by ‘n tafel vol blomme toe Riva bel en Lindie nader stap om die goeie nuus met Danielle te deel wat van niks geweet of selfs vermoed het nie.

Tussen dankbare trane hoor Danielle en haar ma van mense wat hulle ete betaal het, ‘n anonieme vriendin wat vir haar ‘n handsakkie koop en gereel het dat haar naels en hare gedoen word, Frikkie en Zelda van FZ Jewellery Design wat vir haar ‘n R500 kontantbydrae gee en toe die groot verrassing – ‘n R5000 geskenk van Capital Singers om daardie neseier wat sy so mooi oor al die jare opgebou het, weer aan te vul.

Danielle, mag hierdie geskenk jou altyd herinner aan ‘n gemeenskap wat in jou glo en nie kan wag om te sien wat jy gaan regkry soos die volgende hoofstuk van jou lewensverhaal aanbreek nie… Ons wens jou alle seen en voorspoed vir jou eksamen, jou matriekafskeid en jou toekoms as Juffrou Burger!

Dit was Dinsdag wat beteken dit was weer tyd vir  .My gusteling deel van die week.
27/08/2019

Dit was Dinsdag wat beteken dit was weer tyd vir .

My gusteling deel van die week.

Vanoggend het ons GROOTfm 90.5 span ‘n matriekdogter en haar ma by Laerskool Tuinrand in Pretoria-Wes gaan verras…

Vir ons matrieks wat tans besig is met hulle rekordeksamen is dit nou die laaste pylvak van hulle hoërskoolloopbaan met die matriekafskeid mylpaal wat voorlê. ‘n Wonderlike hoogtepunt vir elke jongmens, maar ook ‘n bekommernis vir gesinne wat sente moet draai om kos op die tafel te sit. ‘n Storie wat ons oog en oor gevang het, is die Tuinrand-gemeenskap se inspring-en-saamwerk om Zandri Swanepoel van Hoërskool Hercules se matriekafskeid ekstra spesiaal te maak…

Zandri is een van 3 kinders. Ouboet was laas jaar in matriek en is besig met ‘n ambag. Kleinsus is in Graad 7 by Laerskool Tuinrand waar Ma, Claudette in die snoepie werk. Vir ‘n enkelma bly dit ‘n konstante uitdaging om die somme te laat klop terwyl jy steeds vir jou dogter die mooiste afsluiting gun van ‘n skooloopbaan waarop jy so trots is!

Zandri is al van Graad 8 af lid van haar skool se VLR en dien ook tans op die leerlingraad van Hoërskool Hercules. Sy speel al die afgelope 3 jaar in die skool se 1ste hokkiespan en vir twee jaar in die 1ste span sagtebal. Sy is geliefd onder haar maats, doen goed op skool en is 'n pragtige dogter met die mooiste hart.

Mens verstaan hoekom almal op ‘n manier wil deel wees van Zandri se matriekafskeid! Juffrou Alicia van Laerskool Tuinrand het haar rok gereël, Juffrou Chanelle is ‘n fotograaf met haar eie besigheid - sy het hand opgesteek om die foto’s te neem! Ma Claudette het 'n geldjie bymekaar gemaak vir Zandri se skoene, haar nefie het gereël vir die naels en die oulike kêrel sorg vir ‘n spoggerige motor.

Die briefie wat ons toe kry en wat die rede vir die verrassing was, sê: “Zandri het nog 'n ietsie blink nodig vir om haar nek, 'n silwer handsakkie en grimering. Haar ma kan self die grimering doen hulle het net nie…”

Die ontvangsdame van Laerskool Tuinrand, Petro, het gehelp om vir Ma Claudette in die kantoor besig te hou en arme Zandri is vertel sy moet kom help met admintakies terwyl sy nie vandag ‘n vraestel skryf nie. Kleinsus is ook niksvermoedend kantoor toe geroep en toe Lindie se foon net na 10 lui en sy al pratende instap, het die personeel spontaan uit hulle klasse en kantore gekom om ook deel te wees van Zandri se mooi oomblik.

Danksy ‘n anonieme vriendin kan Zandri die naweek vir haar ‘n handsakkie gaan uitkies. Danksy SPAR en Capital Singers kon ons vir hulle ‘n R2000 kontant bydrae maak vir prioriteite wat dalk in hierdie tyd moes terugstaan, maar ook vir daardie grimering wat dan sommer oor en oor gebruik kan word. En omdat Frikkie en Zelda van FZ Jewellery Designs in Wonderboom Junction wou seker maak daar is iets spesiaal wat agter bly as die aand verby en die rok opgehang is – iets wat Zandri vir altyd sal herinner aan die liefde van ‘n hele gemeenskap - het hulle haar verras met ‘n stel silwer juwele wat spesiaal vir haar gemaak word ter waarde van R2500!

Dis mos nou hoe mens 'n Maandag móét af skop... Dit was 'n propvol en baie lag oggend gewees.Capturing smiles and souls....
26/08/2019

Dis mos nou hoe mens 'n Maandag móét af skop... Dit was 'n propvol en baie lag oggend gewees.

Capturing smiles and souls...

was die tema van vandag want Die GROOT Ontbyt span het hul DUISENDSTE episode gehad vandag.
Duisend dae van vermaak wat 'n verskil maak, duisend dae van lag en speel en leer saam met 'n van voor tot agter die kameras.
Met die kan mens enige projek aanpak!

Dankie aan elke gas, kliënt en personeellid wat hierdie DUISEND episodes moontlik gemaak het.

Address

Pretoria

Telephone

083 770 5890

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Christine Photography posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Christine Photography:

Featured

Share