19/08/2026
Hallo! 🌸
Ek is Tannie Janica Steenkamp van Pienkvoet-Pret Lynnwood 🤍
As jy my al ontmoet het, sal jy weet ek gesels maklik, lag hard, het gewoonlik koffie in my hand en glo daar is min dinge mooier as die klank van ’n kind wat uit sy maag uit lag.
Net vir die fun — hier is 10 feite oor my:
1. ☕ Ek love koffie — oggend, middag én aand.
2. 👧🏻👦🏻👧🏻 Ek het 3 kinders: ’n dogtertjie, ’n seuntjie en nog ’n dogtertjie.
3. 💚 My gunsteling kleur is groen.
4. 🎬 ’n Goeie love story kan my laat huil.
5. 👑 Ek LOVE Disney en Disney-prinsesse.
6. 🍰 Jy kan my beslis omkoop met ’n goeie kaaskoek.
7. 🛍️ Ek vermoed ek het ’n shopping addiction… van kos tot klere. 😂
8. 🤍 Familietyd is my gunsteling tyd.
9. 🎁 Ek sê nooit nee vir ’n present nie — om te gee óf te kry.
10. 🫶🏻 My hart is groot. Ek love mense, kinders en om te help waar ek kan.
Ek drink glo net drie koppies koffie ’n dag… een vir elke kind. 😉☕️
My studio is ’n klein weerspieëling van my hart — vol kleur, kreatiwiteit, liefde en soms ’n bietjie chaos. Ek wil hê elke mamma wat hier instap, moet voel: hier kan ek net wees.
En bo alles bid ek dat God elke week Sy hand van beskerming oor ons mammas, babas en Pienkvoet sal hou, en dat elke klassie gevul sal wees met Sy liefde, genade en vreugde. 🤍
Aan my Pienkvoet-mammas: dankie dat julle deel is van hierdie droom.
En aan die mamma wat nog wonder of Pienkvoet vir julle is…
Kom probeer. Ons wag vir julle met oop arms — en ’n lekker koppie koffie. 🤍