11/12/2023
Wat is my droom en wie is ek binne dit ????
Ek is beslis nie 'n aktriese wat 'n gedikteerde teks voorhou as die waarheid en nie die realiteit ervaar het nie...
Ek is beslis ook nie 'n kunstenaar wat 'n misleidende suksesverhaal vertel wyl ek nie die harde seer omstandighede beleef het nie.....
Ek is net ekke......
Ek en my kliënte het ware, werklike sukses stories om te vertel.... Maar omdat die sakely waarin ek werk met die swaar en seer van die lewe deel, is dit my plig om my kliënte se privaatheid te respekteer. Dit laat my dus soms sonder 'n stem in die besigheids wêreld. My kliënte weet ek gee My Beste, My alles, Myself .....
Daarom wil ek dankie sê vir elkeen wat my in hierdie roeping ondersteun. Jul verseker my bestaansreg, vervul my menswees en verleen aan my, 'n Goddelike doel.
AnnCor Group of Companies fokus op Persoonlike Welvaart en Lewensvaardigheid.....
Dit is my droom en doelstelling: Om bestaansreg te hê as 'n vervulde mens met 'n Goddelike doel.