Hark Consultancy

Hark Consultancy Trauma Counselling & Forensic Investigations

Trauma Wanneer trauma aan jou hartsdeur kom klop....Soms verander die lewe in 'n oomblik… Een telefoonoproep. Een voorva...
06/04/2026

Trauma

Wanneer trauma aan jou hartsdeur kom klop....

Soms verander die lewe in 'n oomblik…

Een telefoonoproep.
Een voorval. Een dag wat die lewe in "voor" en "na" verdeel.

Onvoorsiens, ongevraagd, onverdiend .

Trauma maak nie net seer nie—dit skud jou gevoel van veiligheid, beheer en jou identiteit.

As dit is waar jy is:

Dis oukei om nie oukei te wees nie.

God ontmoet ons selfs hier.

Gesels met my, ek praat luister vlot.🌿

Iewers in 'n beeskraal op 'n opvou stoel met beesmis onder ons skoene..."Die afgelope paar dae op die pad het langer gev...
12/02/2026

Iewers in 'n beeskraal op 'n opvou stoel met beesmis onder ons skoene..."

Die afgelope paar dae op die pad het langer gevoel as wat die kilometers aandui...

Heelwat gestop en afgedraai...weg van groot besige paaie om stil te word, hekke oop en toe gemaak en elke bees en skaap wat ek sien het 'n merk gelaat...

My net weereens daaraan herinner dat my werk as berader nooit net oor trauma in die kliniese sin gaan nie – dit gaan oor mense, waardigheid, verlies en uithouvermoë.

Om meestal met boere te werk, beteken om in ruimtes te stap waar veerkragtigheid soos ou leer verslyt is:
..sterk, verweerd, maar met krake op plekke wat niemand graag wys nie...

Oor die afgelope paar weke was die laste besonder swaar - die uitbreking van bek-en-klouseer het diep gesny, nie net in vee nie, maar ook in die identiteit van die mense wat vir hulle sorg en omgee.

Vir baie boere is diere nie net nog 'n implement of deel van plaas voorraad nie - elkeen is jare van noukeurige teling, vroeë oggende, laat nagte en stil gesprekke in die veld.

Om te sien hoe gesonde diere vernietig, bewegings beperk, lewensonderhoud gevries en toekoms in onsekerheid gewerp word, is verwoestend.

Die hartseer is werklik, selfs al word dit nie altyd as sodanig erken nie.

Terwyl ek die afgelope paar dae oppad was, het ek meer geluister as gepraat.

Ek het geluister na woede wat nêrens heen kon gaan nie, na vrees vermom as frustrasie, en na uitputting wat deur voel of dit deur murg en bene sny...

Ek het saam met mense gesit wat vergete, geblameer of magteloos voel – mense van wie verwag word om “net aan te gaan”, want dis wat boere doen.

Maar trauma kom nie altyd met geweld of bloedvergieting nie - soms kom dit stilweg, deur verlies aan beheer, langdurige onsekerheid en die stadige erosie van hoop.

Hierdie soort trauma bly voortduur - dit isoleer en laat mens alleen en verlate voel.

En dit gaan dikwels ongesiens verby.

Wat my die meeste getref het, was nie net die pyn nie, maar die isolasie en alleenheid.

Die gevoel en woorde wat gedeel word is dat boere moet sterk bly vir hul families, hul werkers en hul gemeenskappe - daar is min ruimte om uitmekaar te val.

En tog, agter geslote deure, in 'n beeskraal op 'n opvou stoel met beesmis onder ons skoene; kom die vrae:

Hoe oorleef ons dit?
Wat kom volgende? Hoeveel meer kan ons hanteer?

As 'n berader kom ek nie met antwoorde nie - ek kom met teenwoordigheid, daag net op - ek probeer net te "wees".

Soms beteken dit om in stilte te sit. Soms beteken dit om iemand te help om woorde te vind vir wat hulle alleen gedra het.

En soms beteken dit bloot om ons daaraan te herinner dat elkeen se reaksie – hartseer, woede, gevoelloosheid – normale reaksies op 'n abnormale situasie is.

Die afgelope paar dae het my daaraan herinner en weer bevestig, hoekom ek doen wat ek doen.

Om te getuig maak saak. Luister maak saak.
Opdaag maak saak.

Die pad vorentoe – vir boere, vir landelike gemeenskappe, vir almal wat deur hierdie krisis geraak word – bly onseker.

Maar niemand behoort dit alleen te hoef te loop nie.

As daar een ding is wat ek weer op hierdie reis geleer het, is dit die volgende:

- Hoop is nie die afwesigheid van pyn nie.
- Hoop is die moed om aan te hou, selfs wanneer die grond onder jou onvas voel.

En soms begin Hoop wanneer ons gehoor word.

Gesels seblief met my, ek praat luister vlot.

Groete.🌿

20/01/2026
Soos ons 'n nuwe jaar nader, dra baie van ons hartseer wat ons nie gekies het nie en harte wat vir altyd verander is met...
28/12/2025

Soos ons 'n nuwe jaar nader, dra baie van ons hartseer wat ons nie gekies het nie en harte wat vir altyd verander is met ons saam.

Indien jy hierdie nuwe jaar binnegaan en iemand diep mis en die verlange is groot; weet asseblief dat jy nie alleen is nie.

Mag ons elkeen aan die begin van 2026 een asemteug neem, een tree gee met een oomblik op 'n slag.

En weet asseblief…ek is hier om die hierdie pad saam met jou te stap.

Gesels seblief met my, ek praat luister vlot.🌿

https://youtu.be/VASHnmx91yU?si=9INDDkxwLGaN0ft5

https://maroelamedia.co.za/nuus/plaasmoord-op-kuruman-beskuldigdes-bly-feestyd-agter-tralies/Saam met familie dankbaar d...
24/12/2025

https://maroelamedia.co.za/nuus/plaasmoord-op-kuruman-beskuldigdes-bly-feestyd-agter-tralies/

Saam met familie dankbaar dat die beskuldigdes agter tralies bly.

Nou lê die verhoor voor te Katu, in die rondgaande Hooggeregshof in 2026 - glo en vertrou vir positiewe uitkoms - gaan daar wees vir emosionele ondersteuning en hofbywoning.

“Daar was gerugte dat die beskuldigdes moontlik borgtog sou kry, maar dit het nie gebeur nie. Dit bring ʼn mate van rus vir die familie”.

Dankie vir elkeen se vertroue en dat julle my toegelaat het om saam die seer pad te stap gedurende 'n moeilike tyd - is ...
22/12/2025

Dankie vir elkeen se vertroue en dat julle my toegelaat het om saam die seer pad te stap gedurende 'n moeilike tyd - is en bly 'n voorreg om hier te wees vir elkeen - ek't soms kennis gedeel maar ook soveel insig ontvang.

Ek is dankbaar vir die geleentheid om elkeen te mag ondersteun deur hartseer, verlange en soms net in stilte, kosbare oomblikke te mag deel.

Dankie dat ek deel van elkeen se storie en reis mag wees.

Mag 2026 vir elkeen vrede, vreugde en volgehoue ​​groei bring.

Weet seblief ek is hier - gesels seblief met my, ek praat luister vlot.🌿

18/12/2025

2025

Beste gewaardeerde kliënte, borge, radiostasies en vriende,

Wanneer ek terugkyk op 2025, is ek gevul met dankbaarheid vir die ongelooflike reis wat ons gedeel het.

Elkeen se ondersteuning en saamstap was die ruggraat van my pogings, en ek is nederig oor die vertroue wat julle in ons gestel het.

Van die bywoning van hofsake tot die gee van emosionele ondersteuning aan bedroefde gesinne, die besoeke van misdaadtonele en die verspreiding van voedsel, klere en speelgoed aan diegene in nood, dit was 'n jaar om te dien en hier te wees vir ander.

Ek is dankbaar dat ek saam met geliefdes gestap het gedurende uitdagende tye en om deel te wees van omgee dae en kuiers.

My toewyding om 'n verskil te maak, het my regoor Suid-Afrika geneem, gesprekke gedeel en hoop versprei - om net 'n paar plekke te noem - Kimberley, Hartswater, Koster, Brits, Polokwane, Middelburg, Memel, Chrissiesmeer, Villiers, Vrede, Vryburg en nog baie ander.

Elke plek en sy mense het 'n merk gelaat en het 'n stukkie van my agter gebly maar 'n stukkie van die plek en sy mense het op my gegroei.

Ek is dankbaar vir die geleenthede om ook ons jeug te mentor en te groei, insluitend jong volwasse seuns wat by wie ek kon aangesluit by 'n mentorkamp.

Wanneer ek vorentoe kyk, is ek opgewonde om te deel dat ek tans werk aan die bekendstelling van 'n staproete, "Pad na jou Hart", 'n reis wat my toewyding om ander te dien, kennis te deel en insig te bekom rondom seerkry en weer die pad na heel word saam te ontdek.

In elkeen van ons is daar ten minste een boek en ek stoei en skryf al byna 5jaar aan myne en is ek in die spreekwoordelike pylvak om die laaste afronding te doen, 'n boek oor verhale, gebore uit seer en insigte wat uit my ervarings geskryf is.

Aan my kliënte, borge en vennote, dankie dat julle in my missie glo.

Julle bydraes het 'n tasbare impak gemaak, en ek is opreg dankbaar vir julle elkeen - dankie.

Aan radiostasies en media huise wat vir blootstelling gesorg het - dankie dat julle my boodskap versterk en my ook so help om meer mense te bereik.

Aan almal wat ek langs die pad ontmoet het, dankie dat julle deel is van my reis - julle vriendelikheid, deernis en vrygewigheid het my geïnspireer om grense te bly verskuif.

Soos ons die hoofstuk van 2025 afsluit, is ek opgewonde oor wat voorlê en sien ek uit daarna om my werk, passie en roeping saam voort te sit.

Gesels seblief met my, ek praat luister vlot.

Vriendelike groete - onthou - wees goed vir jouself en jou hartsmense🌿

Send a message to learn more

Hulle sê die eerste verjaarsdag, die eerste Kersfees, die eerste Moeders- of Vadersdag… hierdie eerstes is altyd van die...
08/12/2025

Hulle sê die eerste verjaarsdag, die eerste Kersfees, die eerste Moeders- of Vadersdag… hierdie eerstes is altyd van die moeilikste na jy verlies beleef van iemand vir wie jy baie lief is - maar netso is die tweede, derde en elke liewe dag alleen sonder 'n geliefde!

… ek weet van soveel mense wat met ñ swaar hart in hierdie rus en feestyd, dit alleen of sonder 'n geliefde moet vier.

Maar mag jy weet dat dit juis een van die redes is waarom Jesus na hierdie aarde gekom het, om ons elkeen se diepste verlies te vertroos.

Om te weet dat ten spyte van ñ diep gemis, Hy Immanuel is, God met ons.

Maar Hy is nie net by jou nie, die Woord sê Hy is nader aan jou wanneer jy stukkend is:

“Die Here is naby dié wat hartseer is. Hy help hulle wat geestelik stukkend is.”
Ps 34:19

God is naby jou in jou seer, God is naby jou in jou verlies, God is naby jou in jou gebrokenheid oor ñ geliefde wat nie meer by jou is nie.

Mag jy in hierdie feestyd, ten spyte van jou diep verlies, Hom nader as ooit beleef!

Groete, seën kyk na jouself en wees veilig.🌿

Hallo Ek wil graag kom kuier en gesels oor die belangrikheid en die impak van trauma op ons gemeenskappe en die belangri...
28/10/2025

Hallo

Ek wil graag kom kuier en gesels oor die belangrikheid en die impak van trauma op ons gemeenskappe en die belangrikheid daarvan om emosionele welstand te prioritiseer.

Kom ons werk saam om 'n ondersteunende en genesende omgewing te skep.

Ek deel graag kennis en is dankbaar vir insig wat oorgedra word.

Ek praat luister vlot - nooi my gerus.

https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/oudpolisieman-praat-luister-vlot/

Groete - wees goed vir jouself en jou hartsmense.

Hieronder is 'n paar skakels van onderhoude wat ek al gedoen het - gaan kyk en luister gerus - dis so nodig dat ons weet dis goed om oor ons seer te praat.

https://youtu.be/q-BYslMt0xA?si=LMSzaXE2hOrVtdzy

https://youtu.be/4o_J3DjzaOo?si=roqWnAQ9EvXqT9Vx

- 26 Maart | | Podcast Guru https://share.google/N9JfW7DLKaR9NTgNw

https://iono.fm/e/1500207

Toe ons uit die skroeiende son die lykshuis binnestap, het die klimaat effens verander.....'n "snaakse" koue het ons omr...
23/10/2025

Toe ons uit die skroeiende son die lykshuis binnestap, het die klimaat effens verander...
..'n "snaakse" koue het ons omring...geluide wat onbekend is...ongemaklik gevoelens wat elkeen vasdruk...

Die kantore het bleek gelyk in vergelyking met die groen gras buite waar 'n kiewiet rondtrippel om haar nes te beskerm...

Die rit vir myself en ek glo vir elke geliefde wat dit al moes doen en ook so vandag hierheen bly 'n waas, angs en vol seer emosies wat net onder die oppervlak sidder en hardnekkig weier om ingeperk te word.

Die eindelose papierwerk, 'n noodsaaklike euwel, het byna soos 'n wrede grap gevoel en die beampte wat net deur emosies gaan en probeer hier en daar 'n grappie maak om die gemoedere te probeer kalmeer.

Elke vraag, elke handtekening, 'n harde herinnering aan die werklikheid wat ons op die punt gestaan ​​het om te trotseer.

Dan indie agtergrond deur die venster iemand wat op hul arms lê teen 'n motor en onbedaarlik huil...rou snikke wat deur 'n lyf ruk...

Die gewag het gelyk of dit vir ewig aanhou, elke tik van die horlosie wat die onrus wat binne broei, versterk het.

En toe het die oomblik van waarheid aangebreek...

In daardie oomblik van uitkenning en herkenning bring 'n kortsigtige kykie na 'n verlede wat veronderstel was om in tyd gevries te wees.

In daardie oomblik, die jare van onsekerheid, die staan langs 'n hospitaal bed die brutale aanval wat alles verander het – dit het alles teruggekeer.

Die gewig van wat verduur is, die herinneringe aan wat was, en die harde werklikheid van wat nooit weer sou wees nie.

Die pyn is so tasbaar, 'n lewende bewys wat gedreig het om alles in sy pad te verteer.

As 'n berader is dit my voorreg om deur hierdie seer en beproewing aan elkeen se sy te staan, om die bietjie troos wat ek kan bied, en om te getuig van die diepte van elkeen se liefde en verlies - 'n skouer en oor te mag wees.

In hierdie oomblik het woorde oorbodig gelyk, maar teenwoordigheid – dit kon ek bied - dit was nodig om net te wees..."just be".

Die pad vorentoe is onduidelik, maar saam gaan ons deur die duisternis van seer worstel, ons voetstappe wat deur die stilte weergalm, terwyl ons die ondraaglike waarheid in die gesig staar dat sommige wonde nooit ten volle gaan genees nie.

Wees goed vir jouself en jou hartsmense.🥹🌿

Address

The Orchards, Akasia
Pretoria
0118

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hark Consultancy posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Hark Consultancy:

Featured

Share