07/03/2018
Dankie aan Jeanne Van Zyl van Bride in Bloom Workshop vir hierdie wonderlike geleentheid om as 'n gasspreker te kom chat oor wedding budget management en "on the day wedding coordination" by die werkswinkel hierdie Saterdag. Ek is so opgewonde!
Our final speaker for the Bride in Bloom Workshop is the one and only, Divan Coetzer van Buuren. He needs no introduction in the wedding industry, as he is an absolute industry specialist, especially when it comes to wedding planning and budgeting. He's done multiple high-profile events and celebrity weddings, and continue to do so with pure passion and commitment.
We look forward to hearing his expert advice for brides-to-be; it's sure to help you with all the craziness during this time!
Herewith his bio:
'Divan Coetzer van Buuren het groot geword in die Vrystaat en kom uit ’n familie wat altyd reggestaan het vir mense wat kom kuier. Alhoewel hy Drama in Pretoria studeer het, het hy homself altyd besig gehou met restaurantbestuur, spyseniering en funksie koördinering.
Divan het al groot sukses bereik wat funksies en spyseniering betref. Hy was van die begin af ’n entrepreneur en wou vir homself werk. Hy het aanvanklik ’n spysenieringsmaatskappy begin en het klein tot groot funksies hanteer. Hy het ook die spyseniering op ‘n paar plaaslike en international filmstelle hanteer.
Intussen het hy meer begin fokus op funksie koördinering en agtergekom dat dit sy passie is. Divan hanteer al vir die afgelope vyf jaar groot funksies, onder andere kykNET se Fiëstas, Silwerskermfees, en van sy kliënte sluit in Multichoice, DStv, Nando’s en Luxotica.
So ook het hy al menigte troues in Stilbaai, Kaapstad en Johannesburg hanteer -- nog elke keer met ’n gelukkige bruid as eindresultaat. Groot of klein, nog elke troue was vir hom ’n heerlike ervaring en hy stap daar weg met nuwe vriende.
Deur sy agtergrond en betrokkenheid in die vermaaklikheidsbedryf was dit seker net ’n kwessie van tyd voordat hy “celebrity weddings” sou aanpak. Van dié het hy al Nadia Beukes, Christel van den Bergh, Jaco Muller en Lianie May se troues hanteer en saam met hulle die spesiale dag gevier. Dit is ook met Lianie se troue waar Divan as trou-koördineerder in aksie te sien was in die realiteitsprogram, Met My Hele Hart, op die VIA kanaal.
Vandag is Divan ook die eienaar van sy eie restaurant, The Local Culture, in Greenside, Johannesburg.'