23/02/2024
What an honour to site their water for a borehole
WETENSKAPLIKE WATER AANWYS VIR BOORGATE -Geologies en geofisies elektriese weerstands metode ~Dieptes van breuke gemeet electromagnetic / expert divining.
65 7th Street
Randburg
2104
| Monday | 07:30 - 17:00 |
| Tuesday | 07:30 - 17:00 |
| Wednesday | 07:30 - 17:00 |
| Thursday | 07:30 - 17:00 |
| Friday | 07:30 - 17:00 |
| Saturday | 08:00 - 14:00 |
Be the first to know and let us send you an email when Boorgat Waterwys posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.
Geologiese kaarte, lugfoto’s, topografiese kaarte en satellietfoto’s is alles hulpmiddele om potensiële boorgatposisies te identifiseer.
Ons voorsien u met al die geologiese inligting met betrekking tot u eindom byvoorbeeld die supergroep, groep, sub-groep, formasies, kompleks, suite en ander eenhede waar van toepassing op 'n verslag na afloop van ons waterwys besoek. Die inligting moet egter steeds in die veld bevestig en geëvalueer word;
Waarnemings van die natuur soos boomlyne, verandering in plantegroei en topografie is alles geologiese aanduidings wat ons in ag neem en as 'n vertrekpunt gebruik. Dit, tesame met 'n addisionele aanwysingsmetode word gebruik om die breedte van daardie stroom te meet. Nou bevestig ons ook die rigting (N-O-S-W) van die stroom om te besluit of dit 'n oop- of 'n toe-stroom(aar) is. Indien ons tevrede is, merk ons die sterkste punt op daardie lyn, met alternatiewe boor-merke waarop 'n derde metode van aanwysing genaamd Geofisiese eksplorasie volg. Die metode is 80% suksesvol en wetenskaplik. Ons suksesse is ver meer as 80%. Die 20% maak voorsiening vir die risiko van 'n droeë breuk.
Hier meet ons die dieptes van breuke waarin water voorkom met 'n elektriese weerstandsaparaat. Ons plaas ongeveer 15 na 20 staalpenne aan weerskante van 'n potensiele boorplêk in die grond;