19/08/2026
Groot verbeelding het ‘n sterk klein huisie nodig, en ons kinder-speelhuisies is presies daarvoor gebou!
Van mini-braaiers wat hul eie “restaurant” bestuur, tot klein avonturiers wat hul volgende missie beplan, hierdie hout speelhuisies verander enige agterplaas in ‘n wêreld vol pret en verbeelding. Stewig, veilig en gemaak van kwaliteit hout, is hulle gebou om alles te oorleef, van teepartytjies tot modderstewels en vinnige plastiek-motorfietsverkeer.
As jy vir die kinders hul eie plekkie wil gee om te droom, speel, bou en ontdek… dan is dit dié een.
Kom loer by die saagmeule, jou agterplaas staan op die punt om baie meer pret te word.