30/08/2026
💔 OUR DOORS ARE ABOUT TO CLOSE — WE NEED OUR ANGELS NOW MORE THAN EVER.
I have considered, reconsidered, hesitated, and pondered, but I have no choice left. After 8 years of protecting and rescuing children, this is the second month we cannot meet our basic obligations.
For the first time ever, our cell phones have been suspended. We cannot call back families, reach Social Services, or contact the SAPS.
I have done everything humanly possible to keep us afloat—including taking on a second job—but I cannot feed this organization on my own any longer.
Reduced payouts from Meta and dropped EFT subscriptions have brought us to a breaking point.
We do not live-stream to beg, and we will never use faith to manipulate anyone.
But our work has not stopped: we still have active court cases, we are still opening dockets, and we are still actively protecting children. We opened serious cases involving the possession and distribution of child po*******hy against quite a few people just last week. We also reported various other cases of abuse.
If every person reading this gave just a tiny fraction of help, our crisis would end today. We have 178,000 followers—if just a small group of you become monthly subscribers, we can keep saving lives.
OUR IMMEDIATE GOAL: Settle our outstanding cell phone accounts so line of communication for children in danger is restored. We carry no other debt.
BANKING DETAILS FOR SUBSCRIBERS / DONATIONS:
Account Name: Pixie Pink
Bank: First National Bank (FNB)
Account Type: Cheque (Business Account)
Account Number: 63086455988
SWIFT Code: FIRNZAJJ
Reference: Mobile / Your Name
Or
https://www.backabuddy.co.za/campaign/pixie-pink-victims-advocate
To our loyal subscribers who have carried us this far: thank you. You are family, and every child saved is your victory too.
Please share this post.
Please consider subscribing. Every R100 makes a direct, immediate impact.
With heartfelt gratitude,
Pixie
"This is the why. This is one of the children we have rescued—the life we are fighting for every single day. She was 7-days old and in full withdrawal as her mother consumed drugs, was severely malnourished and we rushed her to hospital".
💔 ONS DEURE IS OP DIE PUNT OM TE SLUIT — ONS HET ONS ENGELTJIES NOU MEER AS OOIT NODIG.
Ek het oorweeg, heroorweeg, geskroom en gedink, maar ek het geen ander keuse oor nie. Ná 8 jaar waarin ons kinders beskerm en gered het, is dit nou die tweede maand wat ons nie aan ons basiese verpligtinge kan voldoen nie.
Vir die eerste keer ooit is ons selfone geskors. Ons kan nie gesinne terugskakel, maatskaplike dienste bereik, of die SAPD kontak nie.
Ek het alles menslik moontlik gedoen om ons kop bo water te hou — insluitend om 'n tweede werk te neem — maar ek kan nie meer die organisasie alleen finansieel dra nie.
Kleiner uitbetalings vanaf Meta en debietorders/EFTs wat gestop het, het ons by 'n breekpunt gebring.
Ons gaan nie "live" om te bedel nie, en ons sal nooit geloof gebruik om enigiemand te manipuleer nie. Maar ons werk het nie opgehou nie: ons het steeds aktiewe hofsake, ons maak steeds sake oop, beskerm steeds kinders en help waar ons kan. Verlede week het ons sake teen verskeie persone vir die besit en distribusie van kinderpornografie geopen asook ander sake geopen.
As elke mens wat hierdie lees net 'n klein bietjie help, kan ons krisis vandag nog verby wees. Ons het 178 000 volgers — as net 'n klein groepie van julle maandelikse ondersteuners word, kan ons voortgaan om lewens te red.
ONS ONMIDDELLIKE DOELWIT: Om ons uitstaande selfoonrekeninge te vereffen sodat die kommunikasielyn vir kinders in gevaar herstel kan word. Ons het geen ander skuld nie.
BANKBESONDERHEDE VIR ONDERSTEUNERS / DONASIES:
Rekeningnaam: Pixie Pink
Bank: Eerste Nasionale Bank (FNB)
Tipe rekening: Tjek (Besigheidsrekening)
Rekeningnommer: 63086455988
SWIFT-kode: FIRNZAJJ
Verwysing: Selfoon / Jou Naam
Of
https://www.backabuddy.co.za/campaign/pixie-pink-victims-advocate
Aan ons lojale ondersteuners wat ons tot hier gedra het: baie dankie. Julle is familie, en elke kind wat gered word, is ook julle oorwinning.
Deel asseblief hierdie plasing. Oorweeg dit asseblief om 'n maandelikse ondersteuner te word. Elke R100 maak 'n direkte, onmiddellike verskil.
Met opregte dankbaarheid,
Pixie
"Hierdie is die 'hoekom'. Hierdie is een van die kinders wat ons gered het—ñ lewe waarvoor ons elke liewe dag veg. Sy was net 7-dae oud, ondervoed en in onttrekkings weens haar ma se dwelm gebruik. Ons het haar hospitaal toe gejaag.