04/11/2024
Vakante Posisie – Sands Sewing
Opwindende geleentheid vir dinamiese en gestruktureerde persoon met die regte ervaring en kwalifikasies by Sands Sewing.
Beskrywing van maatskappy:
Sands Sewing het ontstaan in 2016, en het sedertdien gegroei na n stabiele werkgewer met n stabiele kliente basis en goeie geleenthede vir groei. Ons doen plaaslike vervaardiging van kamp toerusting, tente, lapa blinds, swembad seile, skadu-nette en alle industriele seile en nette.
Ons is opsoek na n dinamiese persoon wat die besigheid deur die volgende groei siklus kan help neem, wat n goeie indruk skep en wat geskik is om die besigheid op n hoe vlak te kan verteenwoording vir besigheid uitbreiding. Ons fokus op langtermyn verhoudings, en slegs persone wat n langtermyn doel het word aangemoedig om aansoek te doen.
Maak asb seker om deeglik deur al die vereistes te werk, geen uitsonderings sal gemaak word nie en aansoeke wat nie aan alle vereistes voldoen nie, sal nie oorweeg word nie.
Beskrywing van Werk:
1. Verkoopsagent
2. Bemarking – uitbreiding na nuwe kliente en sektore
3. Kliente besoeke, akkurate opmeet van projekte (skadunette, lapa blinds, ens.), ‘site’ tekeninge maak met doel om te kan kwoteer, en met ontvangs van bestelling om te gebruik vir vervaardiging
4. Opstel van kwotasies (Excel gabaseer)
5. Kantoor administrasie, voorraad bestuur (‘stock take & control’), aankope
6. Kliente kommunikasie (e-pos, telefonies)
Werksure:
1. Maandag – Vrydag: 07h30 – 16h30
2. Saterdae: 07h30 – 12h30
3. Naweke: 2 naweke n maand nie-werkend / af
Salaris:
1. Markverwant en afhankilk van die individu se profiel. Goeie geleentheid vir n ondersteunende tweede inkomste.
Tegniese en kwalifikasie vereistes:
1. Minimum Graad 12 met Wiskunde HG as vak (SG sal oorweeg word op uitsondering slegs met sterk motivering, Wiskundinge geletterdheid is onvoldoende / sal nie oorweeg word nie)
Wiskundig aangele. Moet uit eerste beginsels area, volume, uitlegte, ens. kan bereken
2. Rekenaar vaardig
3. Baie goeie Microsoft Office ervaring n voorvereiste (Excel, Word, PowerPoint)
4. Goeie skriftelike kommunikasie / goeie skryfstyl
5. Ondervinding met kliente / verkoopsagent / ervaring met die verkoop van produkte
6. Voorkeur sal gegee word aan persone met ervaring in naaldwerk
Persoonlike vereistes:
1. Geldige rybewys
2. Ouderdom tussen 25 – 45 jaar, reeds kinders, gevestig en n goeie ondersteunings network in plek (goeie geleentheid vir n tweede ondersteunings inkomste)
3. Langtermyn doelgerig
4. Eerlik, betroubaar, integriteit en hardwerkend
5. Goeie persoonlike verhoudings
6. Sober gewoontes
7. Goed versorg / goeie beeld wat kan dien as ambassadeur vir die maatskappy
8. Skoon diensrekord met geen dissiplinere gevalle en geen gevalle van ongelukkigheid met vorige werkgewers
9. Verwysings van senior bestuur by vorige werk n vereiste
10. Woonagtig in Secunda met eie betroubare Vervoer
11. Bereid wees om addisionele ure te werk van tyd tot tyd soos deur die werkslas vereis
Belangstellendes kan aansoek doen deur CV, sowel as n deeglike motivering in eie skryfstyl, te stuur na die volgende e-pos adres. Die motivering MOET aan die volgende vereistes voldoen:
1. MOET in eie skryfstyl wees
2. Agtergrond inhoud oor wat Sands Sewing doen, markte en sektore wat ons reeds bedien, en opsomming van produkte wat deur Sands Sewing vervaardig word
3. Moet n deeglike beskrywing bevat van die dienste wat Sands Sewing lewer
4. Motiveer hoe die individu n positiewe bydrae sal maak aan Sands Sewing, inaggenome bostaande vereistes
5. Genoegsame inligting is beskikbaar op die internet sowel as Sands Sewing se webtuiste
E-pos adres:
[email protected]