27/07/2022
DIS WEER TYD OM SA SE BESTE CABERNET FRANC TE VIER!
Die vierde Cabernet Franc-fees word op Saterdag, 27 Augustus, op die pragtige Vrede en Lust by Simondium tussen die Paarl en Franschhoek aangebied. Wynliefhebbers sal van die land se beste wyne van hierdie Bordeaux-kultivar, wat by die dag in gewildheid toeneem, kan proe. Die fees word van 11vm tot 4nm aangebied.
Cabernet franc het die afgelope twee dekades met rasse skrede vooruit gegaan en vandag maak sowat 80 wynmakerye in Suid-Afrika ’n enkelkultivarwyn van hierdie druifsoort.
As een van die vyf kultivars wat gebruik word om Bordeaux-verskitte te produseer, bied cabernet franc aromas wat cassis, tabak, framboos, peper en viooltjies insluit. Baie mense tel ook sweempies fynbos op in die neus.
Cabernet franc is ’n puik pasmaat vir alle rooivleisdisse, braaivleis, wildsvleis en beesvleisbredies, asook vark en selfs sjokolade-nagereg. Of geniet dit op sy eie.
Wynkelders wat aan die fees gaan deelneem, Avontuur, Cape Chamonix, Druk my Niet, De Morgenzon, Doolhof, De Meye, Holden Manz, Le Pommier, Morgenster, Ormonde, Onderkloof, Raats, Rainbow’s End, Stellenrust, The Garajeest, Thor Vintners, Villiera, Vrede en Lust, en Zorgvliet.
Kaartjies is beskikbaar by Quicket (https://qkt.io/DaiUZu) en kos R300 per persoon. Dit sluit toegang tot die fees, parkering, ’n komplimentêre proeglas, koskoepon wat by die landgoed se Bistro op die dag gebruik kan word, gemaklike sitplek, lewende musiek en ’n proe van al die wyne op die fees in.
Vir meer inligting oor die fees, kontak Björn van Oort by 084 511 1806 of [email protected]. Cabernet Franc Carnival Cabernet Franc Carnival at Vrede en Lust Suid-Afrikaanse Wynliefhebbers Cape Wine Lovers' Society Weskus Ridders van die Wynproe Kelk The South African Wine Society Swirl and Spice Wine Hunters Cape Town KGB Wine Winelovers Winetimehappy