30/12/2022
Ons kinders is eintlik maar net Klein "Spaarvarkies." Dit hang van ons af hoe "vol" of hoe "leeg" hul is. Wat jy in jou varkie gooi, is wat jy gaan uitkry. Nie 'n sent meer of minder nie… Onthou, al die liefde en aandag wat ons nou in ons varkie belê, gaan eendag weer terug kom na ons toe.
Vandag is jy 'n volwassene en jou kind dalk nog op doeke en sonder tandjies. Môre is jou kind 'n volwassene en jy op doeke en sonder tande!!! Hoe jou kind jou dàn gaan behandel, hang alles af van hoe jy hul nou behandel.
'n Geskenkie, sakgeld of 'n lekkertjie bring blydskap vir 'n halfuur, dan is dit verby…Dit sal nooit die plek kan vervang van 'n geselsie op Pappa se skoot nie. 'n Drukkie van Mamma as jy hul wakker maak in die oggend en sê "word nou wakker my liefling, ek verlang al na jou!"
Daar word gesê dat seer mense maak seer…
Meer as 85% van emosioneel uitgeputte gevalle, is omdat die persoon seergekry het in sy kinder jare…Daardie seer kan net gesond word as dit behandel word met die onvoorwaardelike liefde wat Jesus vir ons as ouers het.
Gee baie liefde, wees vriendelik, wees hulpvaardig, benader 'n probleem met rustigheid en vrede, maak seker jy wys selfbeheersing en geduld wanneer dit kom by jou kinders wat droogmaak. Dis hoe hul leer om die “challenges” in hul lewe te hanteer, deur jou voorbeeld van hoe jy dit hanteer…
Gooi die regte geldjies in jou kindjie of volwasse kinders se Spaarvarkie.
Tye verander, mense verander, maar jy sal altyd die ouer bly. Weet ook net verseker dat God noooooooit verander nie… God is liefde en Hy bly liefde ... Vir altyd