Bester This page indicates that at Bester we do not only work hard but also play hard.

Elke maand neem ons julle saam op besoek en wys ons hoe ons een van ons waardes, superieure kliëntediens, in die praktyk...
31/08/2026

Elke maand neem ons julle saam op besoek en wys ons hoe ons een van ons waardes, superieure kliëntediens, in die praktyk uitleef.

Vir ons beteken superieure kliëntediens om tyd te maak vir ons kliënte en produsente; om besoek af te lê, hand te skud en te luister na hulle behoeftes 🤝

Daardeur bou ons sterker verhoudings en beweeg ons nader aan ons kliënte en produsente, sodat ons groter waarde vir hulle kan skep.

20/08/2026

Die Suid-Afrikaanse graan- en veevoerbedryf is aan die beweeg. 🌾

Die uitvoer van landboukommoditeite na Afrika het die afgelope drie jaar met meer as 20% gestyg en verteenwoordig nou bykans 50% van Suid-Afrika se totale landbou-uitvoere.

Vir Bester Voer & Graan skep dit nuwe geleenthede om sy bedrywighede as uitvoerder van landboukommoditeite na ons buurlande verder uit te brei.

Volgens Francois is die benadering eenvoudig: 100% deursigtigheid, mededingende pryse en eerlike kommunikasie met verskaffers en kliënte.

14/08/2026

🌾 Die wag is amper verby, Swartlandskou & NAMPO Kaap is om die draai. 🌾

🐑🐮 VOORUITGANG IS ‘N INGESTELDHEID 🌱🚜

📍 Swartlandskou
🗓️ 2–5 September 2026
Vind Bester by die Beesarena.

📍 NAMPO Kaap
🗓️ 9–12 September 2026
Bredasdorp Park, Wes-Kaap
Vind ons by Stalletjie 3 in die BKB-saal.

Hierdie Vrouedag het ons die voorreg gehad om dr. Colleen Lightbody by BexGroup te verwelkom. Met haar boodskap, “The Ne...
09/08/2026

Hierdie Vrouedag het ons die voorreg gehad om dr. Colleen Lightbody by BexGroup te verwelkom. Met haar boodskap, “The Neuroscience of Resilience, Confidence & Wise Choices”, het sy ons herinner aan die besondere krag wat in elke vrou leef.

Die vroue van BexGroup dra elke dag soveel verskillende hoede; as beroepsvroue, ma’s, ouma’s, mentors, vriendinne en soveel meer. Agter elkeen is daar ’n unieke verhaal, uitdagings wat oorkom word en drome wat steeds nagestreef word.

Colleen het ons daaraan herinner dat ons nie elke rol alleen hoef te vervul nie, en dat daar ook moed daarin lê om hulp te vra.

Aan elke vrou wat daagliks met moed, deernis, wysheid en deursettingsvermoë haar merk maak: ons sien julle, ons waardeer julle en vandag vier ons julle.

Gelukkige Vrouedag! 🌷

Elke maand neem ons julle saam op besoek en wys ons hoe ons een van ons waardes, superieure kliëntediens, in die praktyk...
03/08/2026

Elke maand neem ons julle saam op besoek en wys ons hoe ons een van ons waardes, superieure kliëntediens, in die praktyk uitleef.

In Julie was ons weer reg oor die land waar ons verteenwoordigers gehad het by die Arlington boeredag, Suid-Kaap Ramveiling en Marlow boeredag.

Ons het kliënte uit China onthaal en ook die bekendstelling van Kokstad Milling se nuwe kleinhandelwinkel bygewoon.

Die maand is afgesluit met ’n steakaand in Riversdal, waar Andries Vermeulen en Gertjie Odendaal vermaak verskaf het.

Deur hierdie besoeke bou ons sterker verhoudings en beweeg ons nader aan ons kliënte en produsente, sodat ons voortdurend groter waarde vir hulle kan skep.💪

In 2023 het ons die “Is jou kind op die bus?”-projek geloods. Sedert die begin van hierdie projek bied ons jaarliks onde...
29/07/2026

In 2023 het ons die “Is jou kind op die bus?”-projek geloods. Sedert die begin van hierdie projek bied ons jaarliks ondersteuning aan kwalifiserende personeel se kinders deur skryfbehoeftes aan die begin van die jaar te voorsien, asook skoene en sokkies gedurende die wintermaande met die uitbreiding van die busbeurse in 2025. 🚌

Dit is vir ons ’n groot voorreg om vanjaar 107 pare skoene en sokkies te kon oorhandig. Hoewel dit ’n eenvoudige gebaar is, weet ons die impak daarvan strek baie verder. 🤝

24/07/2026

The soybean meal market keeps you on your toes and that's exactly what makes the job so interesting. 🌱

That's according to JP, who has been with Bester for 12 years and specialises in soybean meal trading.

Bester is gebou op waardes wat oor jare gevorm is en steeds die grondslag van ons sukses vorm. 🌱Onderliggend aan alles w...
20/07/2026

Bester is gebou op waardes wat oor jare gevorm is en steeds die grondslag van ons sukses vorm. 🌱

Onderliggend aan alles wat ons aanpak, is positiwiteit, een van ons waardes wat ons lei in ons optrede, besluitneming en aksies.

Ons streef daarna om elke taak met entoesiasme, 'n positiewe ingesteldheid en 'n lus vir die lewe aan te pak. 💪

Bester op BesoekElke maand neem ons julle saam op besoek en wys ons hoe ons een van ons waardes, superieure kliëntediens...
30/06/2026

Bester op Besoek

Elke maand neem ons julle saam op besoek en wys ons hoe ons een van ons waardes, superieure kliëntediens, in die praktyk uitleef.

Vir ons beteken superieure kliëntediens om tyd te maak vir ons kliënte en produsente; om besoek af te lê, hand te skud en te luister na hulle behoeftes 🤝

Daardeur bou ons sterker verhoudings en beweeg ons nader aan ons kliënte en produsente, sodat ons groter waarde vir hulle kan skep.

26/06/2026

16 spanne. 10 rondtes. Een wenner.🏆🍕

Ons jaarlikse Spanbou het weereens gewys dat ons personeel GEES het.

Met die bekende Slim Vang Sy Baas-aanbieder, Beer Adriaanse, aan die stuur was daar geen tekort aan grappies en kopkrap-oomblikke nie.

Van die Kiff Katte tot die Hooikoors Helde het kreatiewe spanname, goeie spanwerk en tong-in-die-kies-oomblikke die kultuur waarna ons elke dag streef, perfek uitgebeeld.

Address

29 Elektron Road, Techno Park
Stellenbosch
7600

Opening Hours

Monday 07:30 - 17:00
Tuesday 07:30 - 17:00
Wednesday 07:30 - 17:00
Thursday 07:30 - 17:00
Friday 07:30 - 17:00

Telephone

0218092500

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bester posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Bester:

Shortcuts

Share