Dit wat gister relevant was, is môre irrelevant. Besluitnemers moet voordurend beplan en antisipeer wat môre inhou. Die plek van werk verander voortdurend en personeel vind dit moeilik om hierby aan te pas. Personeellede bevraagteken toenemend nuwe inisiatiewe en ook bestaande praktyke. Dit gee aanleiding tot onsekerheid, verwydering en konklik. Bestuurslui spreek meestal hierdie aangeleenthede op
‘n reaktiewe wyse aan eerder as om vroegtydig ‘n strategiese ingreep te maak. CCCM funksioneer op ’n multi- dissiplinêre span benadering met verskeie kundiges op die gebied van Menslike Hulpbronne, Arbeidsreg en Veranderingsbestuur. Volgens Charl de Villiers, stigterslid, word die ervaring en netwerke wat oor die afgelope 22 jaar opgedoen is, suksesvol aan ander aangebied en oorgedra.. “Trouens, ons stel bloot dit wat ons reeds jare lank suksesvol doen aan ‘n groter mark beskikbaar. Verandering moet strategies bestuur word en die inkoop van personeel is belangrik. Kyk byvoorbeeld wat het die afgelope twee jaar in die Landbou Sektor gebeur. Om hierdie rede is die CCCM (Sentrum vir Veranderingsbestuur en Konflikhantering) op Stellenbosch gestig. Ons het ten doel om oorhoofse strategiese verandering te fasiliteer, maar ook die dag tot dag lewe van werk vir die individu te interpreteer en arbeidskonflik effektief te bestuur..”
Bystand aan Bestuur deur die fasilitering van oorhoofse strategiese insiatiewe, die implementering van die inisiatiewe en die gepaardgaande bestuur van verandering asook advies oor arbeidsverhoudinge aspekte soos beleid, prosedures, dienskontrakte, onderhandelinge, geskilbeslegting en arbeidsregtelike vraagstukke. Advies aan Personeellede ten opsigte van die interpretasie van hul diensvoorwaardes, gelyke geleenthede, potensiële onbillike arbeidspraktyke, bevorderings, loopbaanbeplanning ens. Volgens Charl behoort baie personeellede nie aan vakbonde nie, is onwillig om direk regsadvies in te win of om by hul inhuis Menslike Hulpbron Afdeling raad te vra. CCCM vul hierdie gaping deur op ’n een tot een basis, in ’n bekermde omgewing, vertroulike advies te verskaf.. “ In baie gevalle kan die probleem opgelos word deur bloot as onafhanklike derde party te luister en dan die probleemarea te interpreter en te kontekstualiseer of andesrsins te bemiddel - wat grootskaalse koste bespaar vir die personeellid en die organisasie. Veral Klein-Sakeondernemings kan hierby baat vind.”