Macroplan Town & Regional Planners

Macroplan Town & Regional Planners Macroplan & Gobetla is a Town & Regional Planning firm based in Upington with a satellite office in Kimberley.

Macroplan is a Town & Regional Planning firm based in Upington, with a satellite office in Kimberley (opened January 2015). There are other planning firms in South Africa, also trading under the Macroplan brand, but which does not resort under the registration of Gobetla Beplannings Dienste CC, MAAA0235531. Macroplan was established in 1986/7 by three town planners with offices in Upington, Kimber

ley and Cape Town, making it the oldest town planning firm in the Northern Cape Province. The Upington office is currently located in 4A Murray Avenue and has been serving an extended client base in the Province for over 30 years. During 2013-2014, Macroplan had the opportunity to establish itself as one of the leading Planning Firms in the Northern Cape with the redesigning of our office building, demolishing the old building and rebuilding an office in 4A Murray Avenue that has become an Architectural beacon in the old CBD of Upington. The new office building was designed on the old premise, in order to show the utilisation of space to the utmost and to establish a building that harmonises with nature. From the list of our existing clients it can be noted that we serve the local and surrounding municipalities, giving us an unequalled working knowledge of the area and its people. Simultaneously, the company also provides planning services to a broad private client base, placing it in a favourable position with regards to public-private relations. The fact that Macroplan is situated in Upington, with a branch office opening in Kimberley, ensures that we are basically on site and have no problem travelling to any part of the Northern Cape. Macroplan currently employs 3 Professional Planners, with Len Fourie and JP Theron based in Upington (Head Office) and Jani Bruwer based in the Kimberley office.

  Dit is soos bloedsweet en ongeveer 20000 bladsye (A4 en A3) in 36 dokumente lyk. Hierdie span van Macroplan het dag en...
28/11/2024

Dit is soos bloedsweet en ongeveer 20000 bladsye (A4 en A3) in 36 dokumente lyk. Hierdie span van Macroplan het dag en nag gewerk om 9 Sonkragaansoeke (4 kopieë per aansoek😳) in die Vrystaat se dokumente reg te kry onder uiters moeilike omstandighede. Hierdie week het alles wat kon foutgaan…. Fout gegaan met ‘n tydlyn wat onmenslik was! Annie, Rienie en Annamarie het saam met JP elke moonrlike uur ingesit om hierdie onmoontlike doelwit te bereik. Ek is so trots op julle en wat jul vermag het! Ek salueer julle👌🏻

Nog ‘n projek wat my wonderlike span help realiseer het en ek is super trots op elkeen van my personeel.
15/11/2024

Nog ‘n projek wat my wonderlike span help realiseer het en ek is super trots op elkeen van my personeel.

Scatec tref finale voorbereidings vir die konstruksie van R3 miljard Noord-Kaapse batteryprojek

GEMSBOK-KENHARDT: Die hernubare-energiegroep, Scatec, sê hy tref die laaste voorbereidings om die konstruksie van die Mogobe-battery-energie-bergingstelsel (BESS)-projek van R3 miljard te begin, wat op 16 Oktober finansiële sluiting bereik het.
Die 103 MW/412 MWh-projek is naby Kathu, in die Noord-Kaap, geleë en ‘n 15-jaar kragkoopooreenkoms is toegeken onder Suid-Afrika se eerste Battery Energie Stoor Onafhanklike Power Producer Procurement Program bodvenster.
Die Mogobe BESS-projek en die 77 MW/308 MWh Oasis Mookodi-projek, wat deur ‘n EDF-geleide konsortium ontwikkel word, was die eerste twee van vyf alleenstaande batterybergingsprojekte wat as voorkeurbieërs onder die bodronde aangewys is om na finansiële sluiting te vorder.
Die regering het aangedui dat nog twee projekte die mylpaal teen jaareinde behoort te bereik, terwyl die laaste dit na verwagting vroeg in 2025 sal doen.
Altesaam R2,7 miljard se nie-verhalingsprojekskuld is verseker vir die Mogobe BESS-projek, met Standard Bank van Suid-Afrika as gemandateerde hoofreëlaar.
Die oorblywende befondsing sal deur Scatec (51%) en Perpetua Mogobe (46.5%) ingesamel word, met die Mogobe Plaaslike Gemeenskapstrust wat die saldo van 2.5% verskuldig is.
Scatec sal die ingenieurs-, verkrygings- en konstruksiekontrakteur wees en bedrywighede en instandhouding, sowel as batebestuursdienste aan die projek verskaf, wat sal help om meer netwerkkapasiteit te ontsluit in ‘n streek waar daar ‘n groot aanvraag is om meer hernubare energie aan te sluit.
Die Noorse onafhanklike kragprodusent het reeds die baster Kenhardt-projek in die provinsie ontwikkel, waar 540 MW se sonkrag-PV-kapasiteit gekombineer is met 225 MW/1 140 MWh se battery-energieberging, om daagliks 150 MW se versendbare elektrisiteit vanaf 5:00 te produseer tot 21:30

*Scatec het reeds die meerdoelige Kenhardt-projek in die Noord-Kaap ontwikkel, wat bestaan ​​uit 540 MW sonkrag-PV en ‘n 225 MW/1 140 MWh BESS-fasiliteit

  Min mense weet wat doen Stadsbeplanners en hulle is altyd verbaas as hulle hoor ons werk aan hernubare energie aansoek...
23/10/2024

Min mense weet wat doen Stadsbeplanners en hulle is altyd verbaas as hulle hoor ons werk aan hernubare energie aansoeke, soos sonkragplase, windplase en batterystoringstelsels. Die afgelope 12 jaar het hierdie klein kantoortjie van ons in die Noord-Kaap, meer as 200-250 hernubare energieaansoeke voltooi en afehandel (‘n sjokoladetjie vir jou krag wat aanbly sal waardeer word🤣). Wel, so lyk die papieroorlog van 4 sulke aansoeke in die Vrystaat en hierdie 3 vroue sorg dat al die moeilike detail uitsorteer word en alles eksie perfeksie bly. Dankie so baie vir die laat ure en ekstra tyd…. Saam met julle gaan ek oorlog toe🥰

  Hierdie 3 vroue is vir ons kantoor goud werd en beteken vir ons elkeen, elke liewe dag so ontsettend baie. Gelukkige S...
04/09/2024

Hierdie 3 vroue is vir ons kantoor goud werd en beteken vir ons elkeen, elke liewe dag so ontsettend baie. Gelukkige Sekretaressedag en weet asb julle is diep in ons harte en ons koester julle hele menswees. Elke dag wat ons saam gegun word, is ‘n wonderlike genade van Bo en dis ‘n voorreg om saam te mag werk. Julle is soveel meer as net werkskollegas en ons dra jul in ons harte saam. Dankie Maria Van Der Wath vir jou Luffa Lief geskenkies. Dis so oulik en uiters lekker bederf!

  Macroplan trots. Vandag vier ons omtrent die dag! Een van die grootste voorregte is wanneer ons die kans het om jongme...
21/08/2024

Macroplan trots. Vandag vier ons omtrent die dag! Een van die grootste voorregte is wanneer ons die kans het om jongmense in te neem en hul hier by ons kan vorder tot en met Professionele registrasie by SACPLAN. Beide Jan Welthagen en Cobus Kuhn het nou hierdie wonderlike prestasie bereik en ons is diep trots op hulle. By dit alles verjaar beide hierdie week en ons beker loop sommer net oor van wonderlike genade en seën.

Ek het die voorreg om saam met die allerwonderlikste mense te werk en elke liewe een van hul is diep in my hart. Cheers op nog baie jare saam!

    Oggend saam met Dr Henning Gericke en dankie aan Hoërskool Upington en FNB vir een diep skitterende geleentheid.
11/06/2024

Oggend saam met Dr Henning Gericke en dankie aan Hoërskool Upington en FNB vir een diep skitterende geleentheid.

    Vanoggend presies 10 jaar terug, het ons die absolute voorreg gehad om in ons nuwe kantoor in te trek te Murraylaan ...
23/05/2024

Vanoggend presies 10 jaar terug, het ons die absolute voorreg gehad om in ons nuwe kantoor in te trek te Murraylaan 4A. Dis is nadat ons die oue (sien eerste foto) geheel en al gesloop het en heeltemal van nuuts af begin het. Hierdie 2 fotos is vanaf dieselfde plek geneem en my dankbaarheid ken steeds geen perke nie.

Alle eer en alle dank aan ons Hemelse Vader wat vir my gehelp het om hierdie droom ‘n werklikheid te maak en ek koester dit diep in my hart. Vandag word sy (net ‘n vrou kan so mooi wees) nog net so baie waardeer, benut en geniet soos 10 jaar terug en dankie vir elke vriend, elke kliënt en elkeen van my ongelooflike personeel wat steeds hierdie droom elke dag uitleef en aanpak.🙏

Drome kan waar word.

So trots op hierdie wonderlike projek waarmee ons betrokke mag wees in die NK👌🏻
28/03/2024

So trots op hierdie wonderlike projek waarmee ons betrokke mag wees in die NK👌🏻

  Ons firma het die afgelope 12-13 jaar die voorreg gehad om al meer as 200 -250 Groenenergie aansoeke (wind-, son-, bat...
13/03/2024

Ons firma het die afgelope 12-13 jaar die voorreg gehad om al meer as 200 -250 Groenenergie aansoeke (wind-, son-, batterye- en kombinasies van almal van hulle) te loods (nie almal word gebou nie, want dan was ons vir seker al sonder kragstuwing🤣). So baie mense vra my wat dit behels en hier is so ‘n klein blik op 6 nuwe Sonkragparke se aansoeke wat uitgestuur word vandag vir die amptelike loodsing van al die publieke deelname prosesse. Hierdie span vroue werk lang ure om seker te maak alles is eksie perfeksie en ek kan nie genoeg hul lof besing nie. Hulle is net soos die ongelooflik span Stadsbeplanners wat dit alles sit en skryf en bymekaar voeg, vir my diep besonders en ek salueer hul doelgerigtheid en aanhouer-wen mentaliteit. Julle is mense wat opdaag en ‘n verskil maak elke liewe dag.

WOW baie geluk aan Country Hotels -  Upington Inn by Country Hotels met hierdie benoeming. Dit is net sommer wonderlik o...
14/02/2024

WOW baie geluk aan Country Hotels - Upington Inn by Country Hotels met hierdie benoeming. Dit is net sommer wonderlik om te sien hoe goed doen hulle en julle mag maar trots wees.

Baie geluk.

Nog ‘n jaar kom tot ‘n einde, nog ‘n jaar van genade op ons lewens en nog ‘n jaar saam met die allerbeste span mense den...
09/12/2023

Nog ‘n jaar kom tot ‘n einde, nog ‘n jaar van genade op ons lewens en nog ‘n jaar saam met die allerbeste span mense denkbaar. Dankie vir so baie ondersteuning en liefde hierdie jaar en dit is ‘n voorreg om elke dag saam met julle as span te mag werk🙏 Mag 2024 elkeen van ons se stoutste verwagtinge oortref en mag ons saam nog ‘n jaar ‘n verskil op aarde maak.

Ysters. Dis soos wat 20 kopieë van 4 nuwe sonkragaanlegte lyk (reg vir indiening by die Munisipaliteit in die Vrystaat) ...
01/12/2023

Ysters. Dis soos wat 20 kopieë van 4 nuwe sonkragaanlegte lyk (reg vir indiening by die Munisipaliteit in die Vrystaat) en hierdie ystervroue het hulself oortref om alles klaar te kry hierdie week. Julle is net merkwaardig as mense en van onskatbare waarde🙏

Address

4A Murray Avenue
Upington
8800

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Telephone

+27543323642

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Macroplan Town & Regional Planners posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Macroplan Town & Regional Planners:

Share