06/03/2024
Toe ek die naam van my Image besigheid gekies het 10 jaar gelede...was dit nogals 'n journey op sy eie om die regte naam te kies.
Ek het in daai tydperk Stasi Eldredge se boek Becoming Myself gelees en dit het diep tot my hart gespreek, soveel so dat ek toe dit as naam gekies het.
Die woord 'becoming' is present continuous in die engelse taal wat beteken dat dit 'n aanhoudende proses is wat nie ophou nie.
Elkeen van ons het 'n 'myself' wat ons moet word. Ek d**k as klein dogtertjie was daai 'myself' baie meer duidelik vir ons as vroue. Dan gebeur die lewe en ons word gebombardeer met wat die wêreld van ons verwag. Ons het begin om onsself met ander meisies en later vrouens te vergelyk en kon net nooit voel dat ons 'measure up"
Vandag wil ek myself en jy wat hierdie lees net weer herinner om die reis na JOUSELF te neem en niemand anders nie.
DIs nie 'n maklike een nie...soms is dit ligvoets of rustig wandel, ander kere 'n voortsleep wanneer ek struikel en val en my gees bly lê...
Egter is dit elke op-en-af-hoofstuk en seisoen werd want dis elke keer 'n treetjie nader aan die vrou wat ek moet word.
Hoekom is dit dan nodig?
Omdat slegs op hierdie reis ek my ware self kan ontdek. Ek kan deel met myself, met my verliese, my blydskap,my uitdagings, my tekortkominge, my hoop, my drome.
Hoe soet en heerlik sal dit nie wees as ek uit die 'mould' kan breek van wie ek d**k ek moet wees en in vryheid my reis kan aanpak nie?
Ek wil vandag vir jou 'n hand uitsteek as jy dalk plat op jou gesig lê en nie meer kans sien vir jou lewensreis nie...neem asb my hand daar is Hoop!
Hou my blad dop want in die volgende weke gaan ek deel uit my ervaringe en gewaarwordinge op my eie unieke reis sover.
Join my!