08/08/2025
🫡
🏉 ’n Groot dankie aan Bullguard! 🖤
Ons spreek graag ons opregte waardering uit teenoor Bullguard vir die borg van die Onder 14-rugbyspan se truie vir die seisoen. Julle ondersteuning beteken baie – nie net vir die span nie, maar vir die hele skoolgemeenskap.
Hier ontvang Mnr I. Le Roux, afrigter van die span, die truie vanaf Gavin en Veronica van Bullguard.