04/08/2026
THINK l SHOP l SUPPORT LOCAL
Sekondere Skool Vredendal
𝐌𝐍𝐑 𝐄𝐍 𝐌𝐄𝐉 𝐕𝐒𝐒 𝟐𝟎𝟐𝟔
Ons is trots om aan te kondig dat EDK Vredendal ook as borg van vanjaar se spoggeleentheid optree.
Baie dankie vir julle waardevolle ondersteuning en betrokkenheid. Dit is danksy vennote soos julle dat ons hierdie geleentheid 'n groot sukses kan maak.
Ons as skool waardeer julle bydrae opreg en sien uit na 'n onvergeetlike Mnr en Mej VSS 2026.
Maak seker jy kry jou kaartjie vandag nog teen slegs R40! Vanjaar gaan groter en beter wees as ooit tevore, en jy wil beslis nie hierdie aand misloop nie.
Hou gerus ons Facebook-blad dop, waar ons ook in die komende dae ons ander borge amptelik sal voorstel.
Baie dankie aan elke borg wat saam met ons in hierdie besondere geleentheid belê.
EDK Office National