21/02/2021
Laat my toe om my 20+ jare ervaring hier te laat geld.
13 Jaar gelede was ek die konsultant wat die korsortium wat hierdie proses begin het van mark inligting verskaf het. ‘n Lekker groot studie waarin die impak van die vervaardigers se dominansie op die verbruiker se beursie geïllustreer is van verskeie hoeke af.
Kort daarna het die kompetisie raad my betaal vir ‘n kleiner meer getaileerde studie en toe is dit skielik stil. Nou en dan het ek terugvoer gekry van die konsortium dat daar nog gesprekke is, maar meestal niks.
Intussen het Europa se “Block Exception” wetgewing (waarop hierdie gebasseer is) aanbeweeg met nog meer beperkinge op vervaardigers. Ek het hier rondom 2016-17 begin glo dat hierdie wetgewing nooit in Suid-Afrika sal gebeur nie.
Skielik in 2018 begin “Right to repair” meer en meer die media haal sodat ek my voorspelling dat dit nie meer sal gebeur nie moes hersien. Rondom die tyd skarrel al wat leef en beef wat nie vervaardigers is om te kyk hoe hulle ‘n stukkie van die koek kan kry sonder dat enige noemenswaardige veranderinge gebeur het (ok, Car Service City het nogal goed en vinnig gegroei om Bosch Car Service wat toe mooi op dreef was te opponeer), maar dit was omtrent al.
Dit is dus vir my nogal ‘n mylpaal.
Nie soseer vir my loopbaan nie, al het ek ‘n rol gespeel, maar vir die industrie wat ek al meer as 2 dekades bedien. Hierdie gaan die landskap van die na-verkope mark aansienlik verander:
- Jy gaan jou nuwe Merc (bv.) kan diens by nie-Merc handelaars nie én jy gaan nie ‘n malprys vir ‘n motorplan betaal as jy die voertuig koop sonder dat dit jou keuse was nie
- Die tweedehandse mark gaan op sy kop gedraai word want skielik is die waarde van ‘n tweedehandse voertuig sterk(er) beïnvloed deur sy motorplan status wat dit onmoontlik sal maak om een Hilux met ‘n volgende te vergelyk sonder om detail na die inhoud en status van die motorplan te kyk.
- Min indien enige verbruikers kan ‘n rasionele oordeel fel oor die waarde so motorplan nie want in wese is dit baie komplekse aktuariële somme wat jou werklik sal laat oordeel of die R20 000 (bv.) die plan werd is of nie.
Tog, is hierdie uitstekende nuus vir ons as verbruikers. Vir 20+ jare staan ek en toekyk hoe Suid-Afrika se vervaardigers met onder gemiddelde diens standaarde van die beste presteerders op die wêreldverhoog is (bv. BMW SA beste presteerder in BMW groep ens.) nie omdat hulle so goed is nie, maar omdat hulle ‘n motorplan stelsel het wat eienaars “gevange” hou vir 5 jaar en daarom so baie parte verkoop. In Engeland bv. doen ‘n vervaardiger goed as hy al die parte verkoop tot en met drie jaar. Hierdie nuwe wetgewing maak die speelveld gelyk, maar omdat dit Suid-Afrika is gaan daar baie goggas daarmee saamgaan want ons regulering is sub-standaard.
Ten minste as jy jou kar by die vervaardiger laat diens het was daar ‘n waarborg dat die parte en werksgehalte van ‘n seker standaard is en hoewel die nuwe wetgewing in teorie wil toegee dat ‘n soortgelyke standaard gehandhaaf moet word is die implimentering en meer belangrik sertifisering (en pollisiëring) daarvan waar ons gaan struikel. So daar sal woes baie groei pyne wees, maar die regte baba is gebore. Die regulering is waar die groot uitdaging is want vervaardigers self-reguleer want dit is in hulle belang.
En ek? Ek gaan my kar nog by die vervaardiger diens sover dit sin maak vir ten minste vyf jaar totdat ek oortuig is dat ‘n werkswinkel (soos Bosch) werklik die standaarde handhaaf wat ek weet die vervaardiger handhaaf want ek weet dat selfs Bosch (wat gevestig is) dit steeds nie doen nie omdat nie niemand toesin dat hulle wel doen nie.
Baie geluk as jy tot hier gelees het. Druk ‘n knoppie dat ek weet jy het :-)
Big changes are coming to South Africa’s motoring landscape on 1 July 2021 — for the first time, owners of new cars will have the right to repair or service their vehicles at an independent provider of their choice, with the parts of their choice.