Ons is +/- 22 km suid van Zastron in die Vrystaat teen die Oranje rivier (Kyk vir Google maps : https://maps.google.co.za/maps/ms?msid=206908813527075646312.0004bc2252273c4f807cc&msa=0) Glen Rock is 1600 hektaar groot. Elandspruit ,wat by Aasvoëlberg naby Zastron ontspring, kronkel deur dig bebosde klowe met asemrowende sandsteen rotsformasies en wat uitmond in die Oranje rivier; die suidelike gr
ens van die reservaat. Akkommodasie word verskaf in 'n gerestoureerde plaas opstal met 5 slaapkamers, 2 badkamers asook 'n losstaande hartbeeshuisie met eie badkamer en bakoond. Ons kan tot 14 persone akkommodeer en is volledig toegerus vir selfsorg. Onthou , jy huur nie net 'n blyplek nie maar 'n hele plaas met parrafien lampe , kerse , Ellis de Lux houtstoof ; heeldag-sit-stoep met eindelose uitsigte. Jy het ook die gerief van 'n gas; yskas, vrieskas, stoof en geyser. Dinge om te doen:
JAG
Alle wild se pryse is beskikbaar op aanvraag. Dagtariewe :
R 380 jagters p.d
R 250 gades (nie jagter ) p.d
Kinders ( nie jagter 0/12) R150 p.d
Minimum 2 jagters 3 dae
B.g. Dienste ingesleut:
-'n 4x4 voertuig is beskikbaar vir die uitneem van jagters en die oplaai van wild.
-Gidse.
-afslag van wild en vervoer na koelkamer.
-Inskiet van gewere by aangewese skietbaan.
-Hides vir boogjag. Reëls:
1.Die plaas word betree en geriewe gebruik op eie risiko. Die eienaar neem geen verantwoordelikheid vir enige beserings, siektes, skade of ander gebeurlikhede wat ‘n jagter of besoeker aan hulle persoon of eiendom mag oorkom nie, al is dit deur die nalatigheid van die eienaar self of van enige gids, kampbediende of enige ander persone in diens of nie. Die eienaar aanvaar ook geen verantwoordelikheid vir enige uitgawes voortspruitend daaruit nie. Die persoon wat die jag bespreek het is verantwoordelik vir die groep.
2. Jou bedrewendheid met jou jaggeweer moet tot die bevrediging van die eienaar bewys word indien verlang. Na 2 misskote moet die jagter weer sy geweer kom instel.
3. Daar mag alleenlik gejag word in die teenwoordigheid van ‘n gids en jy moet jouself vergewis van die grootte, geslag en spesie van die dier, aangesien die gids nie voldoende kennis daarvan het nie.
4. Die terrein is ideaal vir bekruip en stap jag en skiet vanaf 'n voertuig word sterk ontmoedig.
5. Geen jag na sonsondergang word toegelaat nie.
6. Langs heinings moet met versigtigheid beweeg en geskiet word en die risiko van wild wat deur die heining spring, is vir die risiko van die jagter.
7. ‘n Bok sal as geskiet beskou word as daar enigsins bloed gekry word, of fiesiese tekens is dat die bok getref is. Dit is die jagter se keuse vir hoe lank hy en die gids die gekweste bok soek, maar na ‘n misskoot moet die spoor vir minstens 200 tree gevolg word. Die risiko van latere vrektes bly die van die jagter.
8. Geen skyfskiet by die kamp word toegelaat nie; daar mag ook geen wild daar geskiet word nie.
9. Niks mag uit die veld verwyder word nie en ook geen vure mag in die veld gemaak word nie.
10. Geen drank word buite die kamparea toegelaat nie en geen drank mag aan die gidse gegee word nie, selfs nie eers na ‘n jag nie. ‘n Fooitjie sal deur hulle waardeer word aan die einde van die jag.
11. Jou optrede moet te alle tye voldoen aan normale aanvaarbare gedrag vir ‘n openbare plek.
12. By oortreding van enige van bogenoemde het die eienaar of gevolmagtigde die reg om jou te versoek om onmiddelik die plaas te verlaat en enige verdure stappe te neem na goeddunke.
13. Indien jy op Sondag vertrek, vereffen asseblief jou rekening Saterdag namiddag of na 10h15
15. Gelde word betaal vir die volle tydperk en vir die volle aantal persone soos bespreek.
4X4 RY
+/- 30 km 2 spoor “ tracks” tot graad 4 gradering. 4x4 met laestrek nodig. STAPROETES
Hier is nie spesifieke afgebakende staproetes nie. Jy stap of klim waar jy wil. Ons kan jou egter sekere besienswaardige plekke aanbeveel. VISVANG
Behalwedie standhoudende kuile in Elandspruit is hier 20 pragtige grond damme met oorvloedig vis. BOESMAN KUNS
Hier is pragtige boesmanskuilings met rotstekeninge wat per gids besoek kan word. Besoeke aan naby geleë besienswaardighede kan ook gereël word.